ANC kap terug oor gewildheidspeiling

Ace Magashule (Foto: ANA)

Die ANC sê sy leiers is daar om die land te verenig en nie om aan ʼn gewildheidskompetisie deel te neem nie.

Die party het Donderdag teruggekap nadat die jongste kwartaallikse SA Citizens-meningspeiling vroeër vandeesweek vrygestel is.

Dié peiling dui daarop dat Ace Magashule, ANC-sekretaris-generaal, die party se ongewildste leier onder landsburgers is met nege uit tien Suid-Afrikaners wat nie van hom hou nie.

“Dit lyk of die navorsing bymotiewe het deur geloofwaardigheid te verleen aan ʼn bekende agenda wat steekproewe misbruik vir suiwer akademiese waarde en die verspreiding van leuens met die doel om verdeling te saai,” het die ANC vanoggend in ʼn verklaring gesê.

Luidens die verklaring probeer die peiling Magashule afsonder en sy vermoëns in twyfel trek.

“Die sekretaris-generaal is deel van die leierskap soos verkies tydens die ANC se 54ste verkiesingskonferensie en nie in ʼn gewildheidskompetisie nie. Ons projek vir vernuwing en eenheid vereis dat ons almal waaksaam moet bly teen diegene wat ʼn wig wil indryf.”

President Cyril Ramaphosa (Foto: Kopano Tlape/GCIS)

Die peiling toon dat Ramaphosa ondanks ʼn sukkelende ekonomie en ʼn hoë werkloosheidsyfer die gewildste onder die land se politieke leiers is met ʼn persentasie van 62% in die tweede kwartaal van 2019. Dít vergeleke met 55% in die vierde kwartaal van 2018.

Julius Malema, leier van die opposisieparty EFF, is volgens die peiling nie juis ʼn gunsteling onder Suid-Afrikaners nie met sy gewildheid wat van 30% in die vierde kwartaal van 2018 tot 25% gedaal het.

Malema se gewildheid is ʼn persentasiepunt laer as dié van oudpres. Jacob Zuma wat destyds tot op 26% gedaal het toe hy in 2018 bedank het.

Mmusi Maimane, leier van die DA, se gewildheid het hierdie kwartaal effens gedaal van 29% tot 28%.

Die peiling word sedert 2015 op ʼn kwartaallikse grondslag vrygestel met sowat 3 900 mense wat deur middel van onderhoude aan die peiling deelneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Alice in Wonderland ·

Ek wonder waar word hierdie peilings gehou? Sandton en Clifton? Snaaks hoe hul gewildheid altyd volgens kamma peilings afneem/laag is, maar wanneer dit by stem dag kom dan is die ANC LOSHANDE voor! Sommer amper met twee derdes ook nogaal! Die ANC gaan nog vir BAIE BAIE lank regeer, so dont keep your hopes up!

HouHoop ·

Ek stem nie saam nie. Ek se ons moet juis hoop hou, deur te besef dat ons moet verootmoedig voor ons Here. Eendag sal die beheer (mag) strukture kompleet en al verander. Miskien vroeer as later.

marous ·

Groter hoop om die Ecoli met ‘n tande stokkie uit die Vaal te verwyder ….

Koos de Meyer. ·

Al vermoëns wat hy het is om geld te swendel en daarby korrupsie. Kyk maar na Estina.

koos ·

Die ANC moet nie aanval nie maar eerder die waarheid in die gesig staar. Ace is korup en 90% van die mense sien dit ook so. Dan verder sê hulle die leierskap is verkies, bedoel julle nie dalk gekoop/verkoop nie?

De Villiers ·

Vir wie wil die ANC verenig? Ramaphosa het dan self voor die nasionale verkiesing gesê sy doelwit is eerder om die ANC te verenig en te versterk as wat dit prioriteit is om die land te verenig. So wie praat nou leuens?

Leon ·

Laat hulle in ‘n verkiesing staan en kyk waar kom hulle. Die ANC kies die ANC. Nie die burgers kies die ANC nie. Die probleem kom, die korruptes kies die korruptes. Dit is soos met die USSR en Sjina en Kuba. Jy stem vir die party en die korrupte party kies dan uit sy korrupte leierskap soveel nuttelose korruptes as wat hulle kan.

Se maar net ·

“You just keep on tling yourself that” ou Ace vat nog Space.

JohanL ·

Het ek ook gedink? :) :) :) Ten minste erken hulle en gee die feite dat net 3900 mense deelgeneem het. Maar…………………..geen mens kan mos enige sinvolle gevolgtrekking maak nie.

Een waar meer mense betrek word wys dalk dat Magashule se gewildheidsvlak minder as 10% is ? :)

Manie van Worcester ·

Ai, ons kan maar nie kritiek en feite wat ons as pateties uitwys hanteer nie, die dat ons so veg teen die vlag en Die stem ook

Robert ·

Maar dis nog die heeltyd hoe julle in posisies bly. Dit gaan oor gewildheid en nie of julle die werk ordentlik kan doen nie. Hoe is JZ verkies deur niks anders as gewildheid onder die kaders nie. Solank as wat hierdie norm voortduur sal daar nie groei in die land plaasvind nie.

Jarelange dromer ·

Alice. Daar is ‘n buitekans dat die ANC gaan skeur of hulself gaan vernietig voor die volgende verkiesing. CR is ongelukkig nie die man wat ons gehoop het hy is nie, maar myle beter as Zuma. Moenie moed verloor nie.

Pieter ·

Hy is niks beter nie ace en die anc se hom wat om te doen dit is tyd om op te hou droom

Foxi ·

GEWILDHEIDSPEILING! Wat n grap man, dit is n mors van tyd om dit eers te noem.

senet ·

Ek se maar net dat die mnr dink mos die dorpie Parys is sy besitting. En daar kan mens nie eens die water drink nie. En hul paaie lyk baie baie sleg.

JV ·

Ek hou minder as niks van Ace nie, nog minder van Malema. Plaas dit by die peiling

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.