ANC karring glo aan DA-, IVP-plakkate

ifpDie Inkatha Vryheidsparty (IVP) het Donderdag gesê die ANC se foefie om DA-verkiesingsplakkate met hul eie toe te plak en aan IVP-plakkate in Ladysmith in KwaZulu-Natal te karring, is ʼn kriminele misdryf.

“Die ANC se gebruik van ongemagtigde metaalhakies om hul PVC-plakkate op te hang is ʼn teken van die party se minagting van munisipale wetgewing en ander politieke partye,” het Narend Singh, hoof van die IVP se nasionale veldtogkomitee, gesê. “Die ANC glo hy kan straffeloos optree en dat niemand hulle vir enigiets aanspreeklik kan hou nie.”

Maphitha Sithole, streeksekretaris van die ANC in Ladysmith, het reeds ʼn verskoning aan die DA gestuur.

“Alhoewel ons kennis neem dat ʼn verskoning gestuur is, is diegene wat die plakkate verwyder het, nie kwytgeskeld van kriminele klagte nie. Dit is ʼn kriminele misdryf om aan verkiesingsplakkate te karring,” het Singh bygevoeg. “Dit is ook interessant dat die IVP geen verskoning ontvang het nie.” -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.