ANC: ‘Kohler-Barnard is ʼn onbekeerlike rassis’

Dianne Kohler-Barnard. Foto: http://www.herald.co.zw/

Dianne Kohler-Barnard. Foto: http://www.herald.co.zw/

Die ANC het Dinsdag woedend gereageer op die DA se besluit om voormalige LP Dianne Kohler-Barnard se skorsing op te hef en gesê sy is ʼn “onbekeerlike rassis”.

Kohler-Barnard was Dinsdag suksesvol in haar appèl teen haar skorsing en is teruggelaat as LP van die party, onderhewig aan verskeie voorwaardes. Sy moet onder andere uit al haar posisies in die party, buiten haar setel in die Nasionale Vergadering, bedank.

Ander voorwaardes vir Kohler-Barnard se terugkeer sluit in dat sy vir die res van haar parlementêre termyn nie aan enige oortredings skuldig bevind word nie; sy ʼn boete van R20 000 aan ʼn nie-regeringsorganisasie betaal; en dat sy versoening en restitusie onder voorheen benadeelde persone sal bevorder. Sy moet ook ʼn lesing oor die veilige en verantwoordelike gebruik van sosiale media bywoon.

Die ANC het in reaksie tot Kohler-Barnard se terugkeer na die party gesê dat haar aanvanklike skorsing bloot ʼn publisiteitsfoefie was en ʼn “hopelose poging” om die publiek te laat glo dat die party verander het en dat dit nie rassisme onder sy geledere sal duld nie.

“Dit moet beklemtoon word dat Kohler-Barnard, ten spyte daarvan dat sy ‘geskors’ was, voortgegaan het om in die Nasionale Vergadering te dien en steeds ten volle haar rol as parlementslid vervul het. Die publiek kan nie geflous word nie. Ons almal het geweet dit is net ‘n kwessie van tyd voor die regte DA – die rassistiese, apartheid apologeet en verdediger van wit heerskappy – weer hul ware kleure wys.”

Die ANC het ook na die partyleier Mmusi Maimane gekap deur te sê hy het geen beheer oor die party wat hy “sogenaamd lei” nie. “Ons het geen probleem daarmee dat die DA haar as ‘n lid behou nie – sy sal inderdaad tuis wees tussen die ander rassiste in die party. Maar ons kan nie bekostig dat ons parlement besmet raak met publieke verteenwoordigers wat steeds ontstellende en gevaarlike houdings handhaaf wat ‘n refleksie is van ons afstootlike verlede.”

Die ANC het gesê hulle sal ander opsies ondersoek, insluitend om Kohler-Barnard by die etiekkomitee aan te kla sodat sy behoorlik gestraf kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Fanie ·

Die hele anc is rasiste.nou wil hul maak asof die da die rasiste is.takel eerder die land se probleme.en dit was nie onwaar wat sy gese het nie.

SNEL ·

Ja Fanie, hoe slaan jy die spyker op sy kop. Genoeg om enige een woedend te maak as rasisme en apartheid net gebruik word as dit hulle pas.

Dee ·

O, dit is nie onwaar wat sy gesê het nie, sê julle. En nou dat sy nie meer so sê nie, waar pas die waarheid nòu in? Wat nou dat sy nou ‘n ander deuntjie sing? As sy in die eerste plek gesê het dat dit so is en dìt die waarheid was, vertel sy mos nie meer die waarheid nou dat sy nie meer so sê nie.

Flip ·

Al hoe meer kommentare van die ANC is deesdae deurspek met rassisme. Dit gaan vererger want hulle is nou benoude katte. Die ANC se grootste bekommernis is die komende verkiesing. Hulle het hulle self groot skade veroorsaak die afgelope jaar.

Ockert ·

Se die party wat self rassiste, kriminele en wat nog huisves???

kathy ·

Ek glo nie die witmense was ooit so rassisties as wat hulle nou onder die swartes meemaak nie. So hoe gaan ons in die torkoms verwys na ons huidige omstandighede. Sal ons ook mag verwys na ons afstootlike verlede? Want dit is presies waarin ons nou sit.

Bruno Stef ·

Kohler Barnard is n liberalis wat maar soos alle liberaliste n uitlating gemaak het in n oomblik van ontnugtering met die absurdte maniere van domastrante kaders.In elk geval die ANC kan nie vingerwys na hulle op elke geleentheid denkbaar moord en doodslag van die witman verkondig nie.

ertjie ·

Wat is fout met wit heerskappy? Wit mense mag ook regeer. Niks fout daarmee nie.

Maryna ·

ANC en Zuma net so rassisties in dien nie erger nie ! Blameer alles op apartheid en Jan Van Riebeeck en sing hulle songs van Kill a Boer gaan vind die splinter uit julle eie oog ANC dan ruk bek as julle wil Ons Het Genoeg Van Julle Korupte Siek Houding Gehad ANC en Zuma moet val ! Viva DA all the way to a better and brighter SA !

Loeis ·

Ai Maryna. Die DA het verlede jaar in die parlement vir ‘n verskerping van swart bevoordeling gestem. Hoe is dit nie rassisties nie? Kohler Barnard het (sonder dat sy dit bedoel het) iets gedeel wat se dat Botha eerliker was as wat die ANC is. Daarvoor straf die ANC haar, want die twiet stel ‘n blanke bo die swart ANC. Hoe is dit nie rassisties nie? Mens kry die indruk jy weet regtig nie watteer beleid jy ondersteun nie.

ODB ·

Stem met Loeis. Die DA se beleid stem baie ooreen met die ANC. Al wat hulle beter maak is dat hulle (op die oomblik nog) minder korrup is en (op die oomblik nog) ‘n meer verantwoordelike regering kan wees. Dit sal egter verander as hulle transformeer om die swart stem te trek.

chrisp ·

Maryna

Lees asb wat Loeis se, asb.
Dink daaroor en dan sal ek jou begin toegooi met die rassistiese DA uitsprake wat daar van hordes is.

ODB ·

Wat ek ook wil byvoeg is die DA is (op die oomblik nog) meer beskaafd as die ANC maar dat dit ook met transformasie sal verander.

chrisp ·

Ek is ook soos die ANC van mening dat.
1.)Dit ‘n DA publisiteitsfoefie was .
2.)Sy ‘n onbekeerde (eintlik in die kas) rassis is.

Griki ·

Chrisp – en dit sê alles van jou ANC-mentaliteit. Zuma en sy kaders kom met moord, korrupsie, diefstal, leuens, bedrog en wat nog alles weg. Sy’t net ‘n e-pos met die waarheid aangestuur. Maar nou ja, “waarheid” is vir die ANC ‘n westerse en rassistiese ideologie en jy deel ooglopend hulle mening. Sy moes in die eerste plek nie geskors gewees het nie, maar slegs dissiplinêr verhoor geword en gewaarsku gewees het om versigtiger met die waarheid wat seermaak om te gaan.

chrisp ·

Griki.

Kom ek verduidelik dalk stem jy saam en dalk nie.

1.)Hulle wil so graag die swart stem verower(hulle gaan baie min kry, kyk maar), maar wil ook die wit stem behou.Nou hoe nou gemaak?
Baie slim skors haar, trek teen haar op, verwyder hulle sover moontlik hiervan,gooi hulle speelgoed uit die wiegie ens. = Swart stem.Stel haar weer aan na die stof so bietjie gaan le het = wit stem. Dit is volgens my ‘n publisiteitsfoefie ek weet nie van jou nie.

2.)
Kohler-Barnard het by geleentheid die Afrikaanse taal afgekraak(eintlik fieslik) dit is rassisties.
Sy behoort aan ‘n party wat rassistiese wette(sommer ‘n paar) dra,dit is rassisties.Sy ontken ten sterkste dat sy ‘n rassis is maar uit bg feite is dit tog duidelik sy is een,So die ANC is reg sy is ‘n onbekeerde rassis,soos verduidelik.

Francis Bacon ·

PW het ten minste nie miljoene van die belasting betalers se geld vir eie gewin aangewend nie , was nie deel van n korrupte spul nie , so Kohler-Barnard is heeltemal reg as sy se eerder PW as Zuma

Angi ·

Ons het iets wat hulle bitter graag wil hê, maar nie kan kry nie. Dit gaan nie oor rassisme of apartheid nie, alhoewel hulle daarop hammer, dit gaan oor jaloesie wat hulle nie wil erken nie

Hennie ·

Is rassiste net wit? Die persoon wat hierdie uitlatings gemaak het teen Kohler-Barnard het homself ook gekwalifiseer as ‘n rassis, hy is net te onnosel om die strekking van sy woorde te verstaan. Wit rassiste en swart rassiste is in dieselfde liga, die ANC is op dieselfde pad as apartheid. Dis tyd dat hulle wakker skrik uit hulle tydlose Afrika gees en dit besef.

Adolf ·

Die Kohler-Barnard insident leer ons weereens dat die sosiale media vol slaggate is. Ons moet 2x dink voor ons inskrywings “like” of maak op hietdie platvorm. Veral as jy ‘n prominente figuur is in die gemeenskap. Die DA het korrek opgetree deur haar te skors en te beboet. Die straf is in ooreenstemming met die “oortreding”. Die ANC kan hierby leer. Partylede van die ANC maak veel ernstige en afkeuringswaardige uitsprake wat dikwels meer skade doen en nie deur die ANC aangespreek word nie.

Loeis ·

Reken jy dus dat dit wat sy gedeel het, nie die waarheid is nie? Reken jy dus dat die ANC minder korrup is as wat PW Botha was?

Ons weet daai deling is polities verkeerd, maar mag jy dit nie se nie, al is dit die waarheid? Waar is die demokratiese vryhede nou? Liberaal beteken juis ‘vry’. Die DA is nie liberaal nie. Hulle is plein links.

Loeis ·

Die ANC is bang dat noudat die DA ‘n swart leier het, hulle ‘n paar swart stemme van die ANC mag wegneem, vandaar hul histeriese reaksie.

Dit is ironies dat die ANC “rassisme” skreeu; hulle is tog immers kwaad dat sy iets gedeel het waarin ‘n blanke bo ‘n swarte gestel word (al was dit blykbaar nie haar doel nie). Swart rassisme is vir die ANC aanvaarbaar, net solank dit nie andersom is nie. Die DA maak homself egter aan dieselfde gedrag skuldig: sy word gestraf omdat daai twiet ‘n blanke bo die swart regering stel.

VF+ gaan in volgende jaar se verkiesing baie stemmme by die DA afvat.

chrisp ·

Sy is ‘n rassis .

Ek hoop maroela plaas my redes dit is (hopenlik) geplaas onder Griki se skrywe hierbo .So 15 min terug

Carmen ·

O… en Juluis Malema is nie ‘n rassis nie… of Zuma ‘for that matter’…? As jy wit is, lyk dit my, en sê wat jy dink oor sake wat SA raak, is jy ‘n rassis. As jy swart is en sing hoe jy boere en wit mense gaan doodmaak, is jy ‘n vryheidsvegter… Hoe de hel werk dit?

Marous ·

Koning van die Zoeloe nasie maak dieselfde opmerking en meer…hy kruip net nie. Hoe kan dit gebrandmerk word as rassisties? Die waarheid is net te veel vir sommige ……

Kerneels ·

Ek dink steeds PW was waarskynlik ‘n beter president as Zuma gewees. Ek weet nie regtig oor ek te jonk is. Enige ou is beter as Zuma. So wat het sy verkeerd gese. Sy het nie gese sy verlang na apartheid nie net na ‘n beter president. Selfs PW was ook deur sy mense uitgewerk is hoor ek is seker beter as Zuma.

inkie ·

Stem saam met Carmen. In hierdie jaar, nie so lank terug nie, was daar n berig op MM ivm die een of ander raadslid van Oudtshoorn. Hy het onder andere gesê dat hy hoop sy voorvaders spaar hom. Hy wil tog net die dag beleef en sien hoe
witmense se tonge met machete’s
uitgesny word. Hy is moeg vir witmense en en en…. Dit is vir my verbasend dat hy nie van rassisme beskuldig is nie.

Griki ·

Want die witmense vat dit van wie dit kom – iemand met geen snars verstand nie.

Griki ·

Is dit “onbekeerlik” of “onbekeerbaar”? Waar’s die slim mense om te help met hierdie een?

Griki ·

Aha, die woord wat ek soek is “onomkeerbare”.

Chrisp, ek aanvaar jou verduideliking (met ‘n bietjie voorbehoud, maar toemaar) en vra om verskoning dat ek op jou tone getrap het. Wat my egter dwars in die krop steek is dat die ANC, van alle mense, die “cheek” het om haar ‘n rassis te noem. Maar dit kos seker ‘n grote om ‘n kleintjie raak te sien.

Peet ·

Ek het in die apartheids jare groot geword daar was geld vir paaie vir fabrieke en besighede self die Boere en al die werkers op die plase was gelukkig Mandela het die voorbeeld van die Blanke regering aavaar Zuma en al sy korupte trawante het ons land laat in mekaar stort dit is beslis nodig dat die DA aan bewind kom

Henk ·

Wil nou net ‘n klip in die bos gooi. Wat het Kohler Barnard gese wat verkeerd was? Dat oom PW moet terugkom omdat hy meer eerlik was as wat enige ANC kader ooit sal wees? Praat ons dan nie hier van integriteit nie? As jy nie saamstem , is dit jou reg, maar bewys dit verkeerd. Van die os op die jas, wat is die verskil tussen die DA en die ANC? Hulle leiers of hulle beleid?

chrisp ·

Henk my vingers jeuk behoorlik om jou te antwoord!!

Ek los dit egter vir die groot DA mense wat hier is .
Hier kom groot pret ,kan nie wag nie.

Johan ·

Ek haal my hoed af vir oud prsd PW Botha, hy het ten volle geweier om sy land en sy mense te verkoop, anders as vele papbroeke het prsd PW ten volle geweier om te buig voor die waarheid en sogenaamde versoening komisie. Sy trots was sy eer, meer as wat vele lafards kan se. Ek het my geskaam om te sien hoeveel van my eie mense die knie buig voor die sulkes

Johan ·

Sy praat die waarheid ek was vonogged by die poskantoor vir my motorlisensie en ja diens was beslis beter ons was slfs nie bang vir die polisie of metro polisie nie.Die twee was altyd ‘n veilige hawe maar nie vandag nie.
Die het niks met rassisme te doen nie.BEE na 20 jaar dit is rassisme en om Kubane in SA aan te stel terwyl daar kundige Suid Afrikaners is om die werk te doen maar ongelukkig is hulle wit.
Dit is rassisme,.

Berhalet Beukes ·

Geen wonder hulle lag ons uit en maak met ons nét wat hulle wil nie… Ons mag dalk as ‘n geheel meer gesofistikeerd wees maar dit vat net ‘n blik op sekere mense se kommentaar om te besef… Ons het geen idee hoe om mekaar te verdra en saam te staan nie… Nietemin, ANC is wragtig ‘n mooi enetjie om van rassisme te praat!

Sarel Strydom ·

Net twee punte: 1) ANC en gevolg weet nie wat die word Demokrasie of Rasis beteken nie. en 2) Ek dink sy het haar siel verkoop om terug te keer na die DA.

Boerin ·

Die blankes word altyd uitgekruit as rasiste, hoekom……………… Wat van al die plaasmoorde? Wonder maar net.

Chip ·

Die foto wat sy gedeel het was in elk geval nie n aanval op swartes nie – dit was gemik op die ANC. Hierdie hele storie ruk hand uit. Dit is bloot stupid! En die bordjie was boonop vas gehou deur n swart vrou? Die ANC gebruik dit bloot om die DA in n slegte lig te plaas. Zuma is dom, sy kabinet is ook dom. Mbeki was great! Madiba was great! Maar die nuwe spul het nie n clue nie, hul verstaan net VAT VAT VAT… Eks g@tv0l

Dirk Taljaard ·

Die rassisme kwessie is baie eenvoudig. Ek is nie meer of minder rassisties as enige ander persoon in hierdie land of wereldwyd.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.