ANC kom dán tot punt oor Zuma

Pres. Jacob Zuma (2 November 2017). Foto: Elmond Jiyane/GCIS


OPVOLG: Die mediakonferensie vind nou om 14:00 plaas.

Die ANC het Dinsdagoggend vroeg gesê hy sal om 12:00 ʼn mediakonferensie hou waartydens die uitkoms van die spesiale vergadering oor pres. Jacob Zuma se lot bespreek sal word.

Dit volg nadat Zuma laat Maandagaand 48 uur deur die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) gegee is om te bedank of deur die party herroep te word.

Volgens berigte wou Zuma nog ʼn kennistydperk van drie maande uitdien. Zuma is egter glo net 48 uur gegee om te bedank of hy word deur die party herroep.

Die ANC het vroegoggend ʼn uitnodiging aan die media gerig om teen 12:00 ʼn konferensie by Luthuli-huis in Johannesburg by te woon waartydens hy glo oor Zuma se toekoms en die besluite van die vergadering sal praat.

Die jongste gebeure volg nadat die topses Vrydag na Johannesburg ontbied is om “dringende kwessies” te hanteer.

Ramaphosa en Zuma het Dinsdagaand met gesprekke oor die oorgang en kwessies rakende sy posisie as president van die land begin.

Dit het daartoe gelei dat Woensdag se vergadering van die NUK, waar daar oor Zuma se lot besluit sou word, uitgestel is.

Daar bestaan wel ʼn kans dat Zuma kan weier om te bedank, al besluit die NUK om hom te herroep. Theo Venter, ʼn politieke ontleder van die Noordwes-Universiteit se sakeskool in Potchefstroom, meen egter dit is ʼn baie onwaarskynlike scenario, bloot omdat dit beheer van die situasie uit die ANC se hande sal neem. “Die ANC sal dan weinig ander keuse hê as om na die parlement te gaan waar ʼn staat van beskuldiging teen Zuma ingestel sal word.”

Bron: eNCA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

André Badenhorst ·

Sodra Zuma weg is, wag ons vir die nag van die lang messe.

Anoniem ·

Vergeet die langmesse en spits jou toe om iets positiefs te se. Jy saai net slegte saad en jag mense op hol.

Linda Gouws ·

Ag asseblief, dis sommer twak wat jy nou kwytraak! Wees positief.

Landie ·

Ag asb, die nag van die lang messe is al so ‘n holrug storie, dat niemand julle meer glo nie. Word wakker en doen iets positiefs in die lewe.

anti verrotting ·

Nog steeds se ek – sien is glo.
Diep vrot – hierdie mens en sy ewe vrot maatjies en gryp na strooihalms wat hom en hulle gevaarlik maak.

Alida ·

Ek verstaan dat dit ‘n komplekse situasie is maar om van iemand (ongeag wie hy is) met 780 aanklagtes van bedrog en meer ontslae te raak behoort mos binne 10 minute afgehandel te word. Dit is in miljoene mense en die land se belang om van die krimineel ontslae te raak. Hy het geen reg om eise te stel en is nie verhewe bo die wet nie. Die hele parlement moet ontbind en “skoon” en mense met integriteit behoort oor te neem. Zuma het regtens geen se meer nie. Hy is in ‘n hoek en hy moet die regte eerbare ding doen en bedank en loop. Gee hom sy pakket om mee af te tree maar vervolg hom in elk geval vir al sy wandade.

jz ·

Wat is die man se probleem ?/ sy tyd het gekom ,of het hy al vergeet hoe hy met die vorige president gemaak het. Maar moeilik as jy dit nou aan jou eie bas voel. sy dans passies en Toi toi sal nou nie meer help nie.

Hendrik ·

Soos dinge met hierdie man is, sal die saak eers by die “CCMA” draai…

SjN ·

Afrika tyd, klou soos n neut aan n wolkombers, hy weet wat wag op hom en van sy comrades, vervang hom soos al die voriges en tree daadwerklik op.

Deloris ·

Sirkus op sy beste, en ken glad nie proffesionalisme nie …

Andre ·

Nag van die langmesse was beplan vir Mandela se dood en nie vir die ou se uit trede nie, hou op bog praat.

Zumatjie bewe is sy broek, hy weet hulle gaan hom vir die visse gooi!
Jy het jou rug op die land gedraai, nou draai ons rug op jou…sterkte my ou groot maat!

Vermeende ·

Julle wat so positief is, neem die volgende in ag asb.
Ek hoop julle het, THE PRESIDENTS KEEPERS gelees, dit gee baie agtergrond. Die oomblik wat Zuma herroep word dan moet sy kabinet ook ontbind en daar moet verkiesing gehou word volgens eise, is julle regtig so positief dat Zuma se keepers hulle rug op die goudpot gaan keer met diemosie vwn wantroue. Dink mooi, hulle sal dit doen maar net vir n beter deal, meer geld en n gemakliker stoel in die parlement, die alternatief is n sel vir jare.
Glo dit maar, as hierdie deals gedoen is dan is een duiwel met n ander duiwel vervang want die volgende administrasie begin sy termyn dan met korupte deals en daai korrupsie is n monster wat gevoet moet word.

Wees positief, ons is op die regte pad!

Andre ·

Hou dop hy gaan die hele spul saam hom aftrek,snaaks dat Cyril so katvoet is om die man.Het hy nie gese hy sal nie bedank nie maar reageer in die openbaar ,hier kom n hele sak aartappels wat uitgegooi gaan word en koppe gaan rol en die ANC gaan n gatslag kry deur JZ se toedoen

Gesiggie ·

Wag in spanne…… gaan jul poging om van Zuma ontslae te word werk… of gaan hy weereens oorwin en aangaan soos altyd…. ons sal maar moet wag en hoor… of gaan hul hom maar met stoel en al moet optel en verwyder…. ek raak nou al moeg om elke dag van Zuma te lees… hoop regtig teen vandag sal die Opskrif wees,… Vaarwel Zuma… Go Well..

Speedguard ·

Indien die kabinet nie ontbind nie sal dit aangaan soos dit aangaan, net met meer “kontrole” die mense wat op die banke sit van die regeerende party is die vrot appels, kyk gerus na hul optrede, hulle is gif !

Tilla ·

Wat die man se probleem is, weet hy alleen. Is hy nie streng gesproke ‘n staatsamptenaar. Normale staatsamptenare word gedwing om op ‘n sekere ouderdom af te tree (met beperkte voordele) en hy is LANKAL verby daardie ouderdom. Hy moet ook onthou wat in ons buurland gebeur het toe daardie geagte president )tesame met sy gierige vrou) nie wou hoor nie.

lizl ·

Ek is glad nie positief vir die toekoms nie… maar dis nou net na 12h30, enige verwikkelinge al ?

Tienie ·

Sjoe maar die ou is darem dikvellig ! Of hy is te dig om te sien hy is nie meer welkom in sy eie party . Plaas dat hy die eerbare ding doen en bedank en homself ‘n klomp vernedering spaar – maar nee hy sal eerder sorg dat die land se aansien/vertroue in die buiteland skade ly .

Gesiggie ·

Lizl… dit is n staatsgeheim… Shhhhh…. hou jou ore wyd oop, as lunch klaar is, sal ons dalk of Nee HOPENLIK goeie nuus ontvang…. sal dit nie n Owsome 13 February wees…. n dag wat almal sal onthou”’Go Zuma Go…^_^

nic ·

Laat hy gaan hy wil nie loop nie want hy kort nog n paar milljoene geld voor hy loop.

Werner ·

Gister wou die Santon tak v d A NC na die uniegebou gaan om te eis dat Zuma bedank daar het taxis en voertuie gekom met gewapende mense in wat hulle gedwing het om hulle optog te staak wat hulle toe gedoen het baie goeie kaans dat geweld kan uitbreek

Alida ·

Ons wag nou al so lank vir hierdie aankondiging. Wees tog positief en hou op om bog praatjies te versprei. Is dit nie waarvoor ons almal gewag het nie?

Anoniem ·

N positiewe mens loop met n lied in sy hart ,maar n negatiewe mens loop met n traan oor sy wang en n wrok en ongelukkigheid in sy hart. Ek gaan eerder dood met n lied as met n traan en wrok. As en ek se as dit ooit moet gebeur wat so vele negatiewe mense beweer dan weet ek dat my positiewe gesindheid my erens wel gehelp het al is dit dan om in n doodskis met n glimlag te le. Ons is wat ons is deur wat ons toelaat om ons denke te voed. Dink maar oor als waarmee jy jou denke voed en vra jouself wil jy gelukkig wees of ongelukkig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.