ANC-konferensie: Drankwinkels gewaarsku

Argieffoto

Die Gautengse provinsiale regering het gesê hulle het kennis geneem van mediaberigte dat sommige drankwinkels beplan om die komende naweek voordeel te trek uit die ANC se 54ste nasionale konferensie wat in Johannesburg gehou word.

Die konferensie word van 16 tot 20 Desember by die Nasrec-eksposentrum gehou.

Castro Ngobese, woordvoerder van Lebogang Maile, LUR vir ekonomiese ontwikkeling in Gauteng, het gesê die Gauteng-regering sal nie toestemming verleen aan enige drankwinkel of plek wat drank verkoop om hul handelsure tydens die verloop van die konferensie te verleng nie.

Maile het gesê selfs al is hulle volgens wet by magte om die verkoopsure te verleng, sal hulle dit nie doen nie.

Hy het ook gewaarsku dat enige drankwinkel wat in dié tyd onwettig drank verkoop, die volle mag van die gereg in die gesig sal staar. “Ons inspekteurs sal ten nouste met wetstoepassende owerhede, veral die polisie, saamwerk. Ons sal lukrake klopjagte uitvoer om alle winkels te monitor.”

Maile meen een van die voordele wat die konferensie inhou is dat dit die provinsie se potensiaal om konferensies van dié grootte aan te bied aan ʼn internasionale gehoor ten toon gestel sal word.

Hy het afgevaardigdes en buitelandse gaste aangemoedig om dié provinsie se talle erfenisgebiede en “township-toerisme”-trekpleisters, soos byvoorbeeld die Hector Peterson-herdenkingsgebied, die Mandela-museum en Vilakazistraat in Soweto te besoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Eish ·

Ek het nooit, ooit nodig gehad om vir een van my drie kinders te maan oor alkoholverbruik nie, nooit!
Hier word nou sowaar n kursus in etiket gegee aan diegene wat die leierskorps van die herderlose helhool moet kies.

Hansie slim ·

En wie gaan hulle keer om te drink, Jacopie… asseblief!

Rabes ·

Geen drankwinkel sal of mag na-ure drank verkoop nie, behalwe die sjebeens wat sonder lisensie mag handel dryf. Arme agtergeblewenis

Basie2 ·

Johnny Walker Blue label … biggest sales gimmik ever…. what is the year on a blue label… no year… whaaa, a cheap whiskey. Good on you Johnny Walker, you caught all the fools!!

Boy van die Suburbs ·

Ja wel, die vorige keer het hulle wors in Johnny Walker Blue gaar gemaak……..

Erick ·

Ons het ‘n sêding in matriek gehad ” drank is ‘n euwel…ons beter dit opdrink voor ons kinders dit in die hande kry “. Ai ai.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.