ANC-konferensie: Hier is benoemings vir top-ses

Afgevaardigdes by die ANC se 54ste nasionale konferensie by Nasrec in Johannesburg (17 Desember 2017). Foto: Twitter via @MYANC

Die ANC het Sondagaand by die nasionale konferensie wat by Nasrec in Johannesburg gehou word die lys bekendgemaak van aanspraakmakers vir die top-posisies in die party.

Die benoemdes vir president is Nkosazana Dlamini-Zuma deur 1 094 takke en Cyril Ramaphosa deur 1 469 takke. Albei het die benoeming aanvaar.

Die benoemdes vir adjunkpresident is David Mabuza deur 1 128 takke, Zweli Mkhize deur 193 takke, Lindiwe Sisulu deur 619 takke en Naledi Pandor. Mabuza, Mkhize en Sisulu het die benoeming aanvaar, terwyl Pandor die benoeming van die hand gewys het.

Benoemdes vir nasionale voorsitter is Gwede Mantashe deur 1 499 takke en Nathi Mthethwa deur 807 takke. Albei het die benoeming aanvaar.

Benoemdes vir die posisie van sekretaris-generaal is Senzo Mchunu deur 1 479 takke en Ace Magashule deur 930 takke. Albei het die benoeming aanvaar.

Die benoemdes vir adjunk-sekretaris-generaal is Jessie Duarte deur 845 takke en Zingiswa Losi deur 361 takke. Albei het die benoeming aanvaar.

Benoemdes vir die posisie van tesourier-generaal is Paul Mashatile deur 1 581 takke en Maita Nkoana-Mashabane deur 275 takke. Nomvula Mokonyane is deur 289 takke benoem, maar het die benoeming van die hand gewys.

Die stemproses sal nou begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

MG ·

Janee meeste sal die benoemings aanvaar want daar is net n jaar en n bietjie oor voor stemdag in 2019 om hulle hande ook gougou ini geldkoffers te kry voor hulle almal die trekpas kry in 2019

Kobus ·

Wel as Cyril die Presidentskap wen…is dit die beste scenario….dan kan hy Zuma onder sy duim probeer hou…let wel probeer….Zuma se beweegruimte word beslis aan bande gele…dis waarom hy vir oulaas n aankondiging oor gratis klasgelde vir studente gemaak het….benoude oomblikke…maar as sy eks sou wen…dan is dit nag vir Suid-Afrika.

Johan ·

Kobus. Daar het een sal in die ou bedeling politieke leiers gesê: Jy kan altyd ‘n kommunis vertrou om ‘n kommunis te wees. Dit punt is Cyril is ‘n kommunis en hy is net so in sy gewete verbind aan die “Party” soos dit van ‘n goeie kommunis verwag word. As ons mense dink dit gaan beter gaan onder Cyril is dit omdat baie Afrikaners naiwelik dink ons nuwe bedeling se leiers regeer met hulle eie gewetens ter wille van ‘n beter SA.

Kobus ·

Johan…ek stem 100% met jou saam….maar huidiglik is Cyril die beter opsie…hoe lui die gesegde…n halwe eier is beter as n lee dop….die toekoms sal leer…maar hy kan beslis nie slegter as Zuma wees….waar Zuma se eks net dalk die toutjies kan optel en die land finaal sink saam met die laggende nar Zuma.

Stefaans ·

As ek so na die lys van name kyk, dink ek onwillekeurig aan Ali Baba en die veertig rowers.

Callie ·

Hoop “the devil we know” was regtig erger as “the devil we dont know”. Rhamaphosa is n groot voorstander van die ewige ekonomiese transformasie beleid. Hy is ook die ou wat die witmense soos paddas wil kook. Wat n maklike manier as hy in is, ekonomiese transformasie, suig die witman finansieel leeg. Sit maar die veiligheidsgordels aan, Afrika is nie vir sissies nie

George Muller ·

As ek net kon agterkom wat hierdie spul so ammusant vind om altyd op alle fotos hulle te wil dood lag, dan sou ek ook “laggerig” gevoel het. Om na hulle te kyk stem my veel eerder tot huil. Ek is bevrees vir dit wat nog gaan kom. Ek gebruik doelbewus nie die woord “toekoms” nie, want vir my is “toekoms” iets om na uit te sien.
George.

Linda ·

2261 votes for NDZ.
Ramaphosa received 2440.

Ramaphosa wins.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.