Cyril Ramaphosa is verkies as die nuwe president van die ANC.
Dit kom ná ʼn intense stryd tussen hom en Nkosazana Dlamini-Zuma, voormalige voorsitter van die Afrika-Unie, vir dié posisie. Ramaphosa is met 2 440 stemme tot president van die party verkies, teenoor 2 261 stemme vir Dlamini-Zuma.
Die ANC het Maandag die uitslae van die verkiesing by sy 54ste nasionale konferensie by Nasrec in Johannesburg bekendgemaak.
David Mabuza is verkies as nuwe adjunkpresident van die party. Hy het Lindiwe Sisulu geklop met 2 538 stemme teenoor 2 159.
Gwede Mantashe is as nasionale voorsitter verkies. Die nuwe sekretaris-generaal is Ace Magashule en Jessie Duarte is verkies tot adjunk-sekretaris-generaal. Paul Mashatile is verkies tot die posisie van tesourier-generaal.
Afgevaardigdes het Maandag net na middernag begin stem nadat die benoemdes vir die top-ses-leierskapsposisies omstreeks 18:00 Sondagaand bekendgemaak is. Die konferensie duur nog voort tot Woensdag.
Hou Maroela Media dop vir meer.
Lees alle vorige berigte oor die ANC-konferensie 2017 op Maroela Media.
Zupta brigade is nog steeds in beheer. Duarte, Mabuza en Ace
Dit is waar en Mabuza homself is net so useless
Ditto
Kerm kerm kerm
Susan, ten minste (yay) het daai hunks van Australië vir Engeland (krieket) geklop en die “Ashes” gewen. Dit was die kyk werd.
Elkeen het n eenvoudige keuse om te maak: protesteer ( “kerm, kerm, kerm”) of aanvaar die chaotiese toestande. Dit is as gevolg van die gemaklike aanvaarding dat die land sit waar dit sit.
“Afgevaardigers het Maandag net na middernag begin stem nadat die benoemdes”,
ek is seker nie te dronk nie, maar maandag middernag het nog nie aangebreek nie
Because light travels quicker than sound, most people appear bright, until they speak…
Cyril jy sal jou “STEPS” moet ken , Zumpie kan nog baie interesante dinge aanvang !