ANC-konferensie: Nee vir twee adjunkpresidente

Pres. Jacob Zuma en adj.pres. Cyril Ramaphosa by die ANC se nasionale konferensie in Johannesburg (17 Desember 2017). Foto: Twitter via @MYANC

Afgevaardigdes by die ANC se nasionale konferensie by Nasrec in Johannesburg het teen ʼn voorstel gestem om die party se grondwet aan te pas sodat die party in die toekoms twee adjunkpresidente sal hê.

ʼn Bron het aan African News Agency gesê die voorstel was “nooit oorweeg nie”.

“Dit is baie vinnig verwerp. Nie een van die twee kante wou dit ondersoek nie. Dit is nooit gedebatteer nie,” het die bron gesê.

Die voorstel vir twee adjunkpresidente en twee adjunk-sekretarisse is voor die party se beleidskonferensie in Julie geopper.

Uitgaande president Jacob Zuma het tydens sy toespraak gesê hy steun die verkiesing van twee adjunkpresidente. Hy het gesê dit sal eenheid in die ANC verseker en ʼn “wenner vat alles”-benadering vermy.

Die konferensie het vroeër vandag die geldigheid van afgevaardigdes wat aan hulle voorgelê is aanvaar, wat beteken die stemmery vir die party se nuwe leierskap kon uiteindelik voortgaan. Ná middagete is grondwetlike wysigings gedebatteer en is daaroor gestem. Dit was die laaste item op die agenda voordat afgevaardigdes kon begin benoem en stem vir die nuwe leierskap van die party.

Benoeming vir die ANC-top-ses sal Sondag vroegaand begin. Jessie Duarte, die ANC se adjunk-sekretaris, het vroeër gesê die uitslae van die stemmery sal na verwagting Maandag bekendgemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Helien ·

Ek het dieselfde gedink dit is belasting betalers se geld wat so gemors word

humor ·

Twee adj. presidente…….. .z se jakkelsdraaie om nog steeds n houvas te verkry.

Piet Snot ·

Ons beter bid vir dié gebeure. Dit beïnvloed ons almal.

Callie ·

As Cyril wen, is ons dan van Zuma ontslae? Kom ons hoop so.

Kobus ·

Callie…ek dink daardie std 3’tjie is slimmer as wat ons besef….hy sal nie so vinnig gaan le…anders wag die tronk met wawye oop deure vir hom…hy klaar sy troef op die tafel as sy eks dit nie maak…Mugabe styl….

Callie ·

Kobus net tat ek ook n paar maande terug genoem het. Snaaks weermag berei voor vir nood situasie. Sien laas week se rapport. Pasop mense

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.