ANC-konferensie: Partye reageer

Cyril Ramaphosa

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa. (Foto: GCIS)

Verskeie instansies en politieke partye het gereageer nadat Cyril Ramaphosa Maandagaand tot die nuwe president van die ANC verkies is.

Dit kom ná ʼn intense stryd tussen hom en Nkosazana Dlamini-Zuma, voormalige voorsitter van die Afrika-Unie, vir dié posisie. Ramaphosa is met 2 440 stemme tot president van die party verkies teenoor die 2 261 stemme wat Dlamini-Zuma gekry het.

Mmusi Maimane, leier van die DA, het gesê Ramaphosa kan nie die land red nie, net die kiesers kan in 2019.

“Sy verkiesing as die ANC se president is te min en te laat vir die party. Dit beteken baie min vir die mense van Suid-Afrika wat deur die party in werkloosheid en armoede gedompel is,” het Maimane gesê.

“Die ANC is dood en sal nie self kan regkom nie, dit maak nie saak wie aan die stuur is nie. Dit is omdat die party slegs deur die gom van begunstiging en korrupsie aanmekaar gehou word. Ramaphosa is net ʼn nuwe gesig op dieselfde ou ANC. Die toekoms van die land lê buite die ANC. Die onus lê op die kiesers om na totale verandering te beweeg deur die ANC in 2019 te verwyder wat só tot ʼn nuwe begin vir ons land sal lei,” het hy gesê.

Die burgerregte-organisasie AfriForum het gesê Ramaphosa sal ernstig introspeksie moet doen en dat die party sal moet ophou om sondebokke toe soek vir die krisisse wat deur die regerende party self geskep is.

Volgens Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, is daar sekere basiese stappe wat deur die regerende party gedoen kan word wat tot die welvaart van almal in die land sal bydra. Dit sluit die vervolging van korrupte amptenare in, asook die beskerming van eiendomsreg en die gelyke behandeling van alle burgers, ongeag hul ras.

“Ramaphosa se sukses sal gemeet word aan die mate waartoe hierdie stappe uitgevoer word,” het Roets gesê.

Agri SA het Ramaphosa geluk gewens met sy verkiesing en vir stabiele leierskap gevra om beleggings aan te wakker.

“Namens die landbousektor wens ons die ANC en sy leierskap sterkte toe. Ons besef dat die land se regerende party ʼn uitdagende taak in die gesig staar om ʼn beleggersvriendelike omgewing deur stabiele leierskap te skep,” het Agri SA in ʼn verklaring gesê.

“Agri SA wil graag die ANC-leierskap verseker dat ons organisasie, as verteenwoordiger van die landbousektor, hulle sal ondersteun in alle pogings om ʼn welvarende landbousektor te skep.”

Die organisasie het gesê dit is ook baie belangrik dat die regering dringend aandag gee aan onder meer landelike veiligheid en die ekonomie.

Die VF Plus het Ramaphosa ook gelukgewens en gewaarsku dat strawwe uitdagings op hom wag.

“Die wyse waarop hy die uitdagings gaan hanteer sal bepaal of hy Suid-Afrika sal kan red van verdere verval en ondergang,” het dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, gesê.

“Ramaphosa se verkiesing sal op die kort termyn beleggersvertroue ʼn hupstoot gee en selfs ʼn verdere afgradering na rommelstatus kan voorkom, maar indien hy langtermyn-vertroue wil skep, sal hy ʼn aantal drastiese stappe moet doen.

“Daar is vyf stappe wat hy dadelik behoort te doen:

“Hy sal Jacob Zuma moet laat herroep voor Februarie 2018 en sorg dat hyself die staatsrede lewer op 8 Februarie 2018. As president van die land sal hy dan beslissend moet optree en dadelik die regterlike kommissie na staatskaping laat aanstel soos voorgestel deur die verslag van die destydse openbare vervolger (OB).

“Hy moet die hoof van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), Shaun Abrahams, ooreenkomstig die jongste hofbevel vervang met ʼn bevoegde en onpartydige persoon soos adv. Thuli Madonsella.

“Hy sal Zuma moet repudieer oor gratis hoër onderwys om vals verwagtinge en die druk op die tesourie te verwyder.

“Hy moet die kernkragprogram dadelik vries en alle onsekerheid daaromtrent verwyder.

“Hy sal sy kabinet moet skommel en al die onbevoegde (vrot appels) ministers vervang met bekwame ministers.

Groenewald het gesê indien Ramaphosa Zuma nie laat herroep nie, sal sy hande afgekap wees en sal Zuma “die een hofsaak na die ander voer om voort te gaan met sy plundering van staatbates en al die vrot appel-ministers behou”.

“Dit sal die bietjie hoop wat opgevlam het vir die ekonomie dadelik blus en die land sal voortploeter asof niks verander het nie,” het Groenewald gesê.

Lees alle vorige berigte oor die ANC-konferensie 2017 op Maroela Media.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

kat ·

Hy is beter as zuma maar was by Codesa om die onderhandelingstafel toe de klerk en sy meelopers ons uitverkoop het. Ek vertrou nie een van hulle nie.

Piet Snot ·

Kat, jy onthou duidelik die “Cyril & Roelf show”. Toe hy Roelf Meyer behoorlik ore aangesit het.
Dis duidelik dat hy bekwaam is. Hoop net hy wend daai bekwaamheid reg aan.

jaco ·

Die Konserwatiewe Party, eers o.l.v. Treurnicht en later Ferdi Hartzenberg, wou glad nie onderhandel nie en het tot so laat as 1992 nog gedink hulle kon ‘n wit verkiesing wen en weer volle Apartheid terugbring. Veels te laat is van afskei en volkstaat gepraat. Hartzenberg het ook sy party se mense ontmoedig om in 1994 te stem en so het amper 1 miljoen nee stemme in 1992 se referendum verminder na skaars 425 000 vir die Vryheidsfront in 1994. So as name nou aan die aksies van “uitverkoop” gekoppel moet word, kan ek BAIE meer name noem as net FW de Klerk en sy meelopers. My lys name van “uitverkopers” sal baie van Maroela se ouer lesers verbaas.

HPV ·

Kat jy is reg, hy was een van die argitekte van die grondwet, dieselfde grondwet wat ons magteloos teen Zuma en staatskaping gelaat het.

Andre ·

Na aanleiding van “kat” se kommentaar:
Ramaphosa het beter onderhandel vir sy eie mense as wat ons onderhandelaars kon doen.
Andre.

Eish ·

Gaan taai wees met Gupta lakeie wat helfte van die NUK uit maak. Duarte , Mabuza en die Gupta kroonprins, Magashule. Veral laasgenoemde is onbeskaamd korrup.
Niks het dus verander nie.
Die linkervleuel en regtervleuel behoort steeds tot dieselfde voĕl.
Ons gaan darem bietjie stadiger gekook word as met die Zuptas.

Sarie ·

Die leier van die DA praat net in die algemeen en het nie spesifieke punte vir verbetering wat die VF+ wel het. Ek stem egter nie saam met hulle dat die ANC bekwame ministers moet aan stel nie. Dink die enigste een is Gordan die ander is almal net kaders wat soustreinry.

Ekke. ·

Net n ope vraag…
CR het volgens statistieke 2440 stemme op hom verkry. NDZ het 2261 gekry. Dus n totaal van 4701 stemme tussen die 2.
Wat was die totaal wat KON en MAG gestem het, en hoeveel bedorwe stemme was daar?
Gaan of is daar ingemeng met die stemme deur “iemand” wat voordeel kan of mag trek uit dit?
Vra maar net omdat (soos baie van ons weet) daar steeds iewers n slang in die gras skuil.
TFP..

Jacques venter ·

Groenewalt verstaan nie lekker nie. Ramaphosa is die president van die ANC, nie die president van die land nie.
Hoe op aarde kan Ramaphosa Zuma “herroep”?

Jacques venter ·

Hallo Kat,HPV en CE
As julle nou in De Klerk se posisie was. Wat sou julle gedoen het?
Ek hoor graag van julle!!!

HPV ·

Dag Jacques, steeds onderhandel het, maar minder mag aan die president toegeken het. Ons was destyds nog in ‘n magsposisie om te onderhandel, tot FW die generale staf “gefire” het en sodoende die mag tydens die onderhandelings in die anc se hande geplaas het.

Burger ·

Niemand is uitverkoop in 94 nie . Die land word regeer deur kommunisties georienteerde instellings . Hendrik Verwoerd , FW De Klerk , Nelson Mandella , Jacob Zuma ens . behoort aan die selfde instellings , net met verskillende vertakkings . Doen navorsing oor vrymesselary en die verslillende ordes , die broederbond . Kyk wie het aan hulle behoort en trek die lyn .

Doen navorsing oor die simboliek van die voortrekkerment , die obelisk by die vroue monument , die obeliske voor die ng kerke . Ons afgode en ons gebrek aan kennis maak ons dood.

Denise ·

Met hom aan bewind sien ek nog net dieselfde trant wag net vir hom om die rassekaart te begin as dinge skeefloop moet iemand blameer ????? En dit is die man wat gese het ons wit mense is soos paddas in n pot kookwater!!!!!

Lizette ·

God stel regerings aan of verwyder hulle. Alles sal uitspeel volgens Sy perfekte plan. Hy is en bly in beheer.

Jacques venter ·

Hallo Sarie
Sê my wat kan die VF+ vir SA doen, sienede dat hulle minder as 1 persent steun het?

Dalk n volkstaat?

Jacques venter ·

Weer ek Sarie
Wil jy hê die ANC moet onbekwame ministers aanstel. Ek vermoed Zuma doen dit alreeds

Piet Pille ·

Stem saam met Andre en daaropvolgende kommentaar. Die Cyril het kringe om Roelf Randeier en die NP afvaardiging geloop. Hy het dan openlik erken dat daar meer toegewings verkry is as wat hy voor gevra het.

jaco ·

Wanneer gaan Maimane wakker word en besef dat die ANC nooit ‘n nederlaag in ‘n algemene verkiesing sal aanvaar nie? Leer díé DA dan NIKS uit die res van Afrika nie? Kenia en Zimbabwe is maar net 2 van talle voorbeelde waar die bevrydingsbewegings eenvoudig algemene verkiesingsuitslae met geweld geïgnoreer het. Die ANC verdra die DA se beheer van die Wes-Kaap en van ‘n paar metrorade net om ‘n skyn van demokrasie te skep. ZANU-PF was ook inskiklik toe die MDC Harare se stadsraad oorgeneem het (MDC het dadelik nuwe motors vir al die raadslede gekoop…)

Hennie ·

die boere kon nog nooit saam staan nie dit is hoekom ons elke keer uitoorle word dit is nie hulle wat so goed is nie dit was Roelfie wat so dom was

Hennie ·

kom ek se julle enige iemand is beter as Zuma as hy slim is sal hy laat die mense die minsters kies die onderwysers kan die minster van onderwys kies en die polisie die minister van polisie en so kan ons aangaan en doen hulle nie hul werk nie fire die mense die minsters. Dan is daar niemand wat kan huil nie. Kom CR probeer en jy sal al mal se steun he

kat ·

HiJacques as ek NOU in de klerk se posisie was sou ek my kop in skaamte gesak het oor al die onreg wat hy aan ons ou volkie gedoen het om die onderhandelingstafel….. Bygese as de klerk enige integriteit en visie gehad het. Ongelukkig het hy nie een van daardie einskappe nie. Ek kan my dus nie verder daaroor uitspeek nie want ek kan my nie vereenselwig met so ‘n persoon nie.
Hy en roelf meyer was so behep met hulself daardie tyd dat ulle alles op ‘n skinkbord wegegee he sonder om reg te onderhandel vir die toekoms . Vir hulle het dit net oor die NOU gegaan. meyer is ‘n lid van die anc- wat se dit vir jou?
Ek sou graag die lysie name wou sien wat Jaco van praat – stel baie belang daarin.

Ek stem ook saam met wat Burger te se het.

HPV ·

Dag Jacques, steeds onderhandel het, maar minder mag aan die president toegeken het. Ons was destyds nog in ‘n magsposisie om te onderhandel, tot FW die generale staf “gefire” het en sodoende die mag tydens die onderhandelings in die anc se hande geplaas het.

Max ·

Jaco, ek het lanklaas iemand hierdie saak sien aanroer. Ek dink jy het ‘n punt beet: ‘n Mens/Party kan nie ‘n saak verdedig as jy nie teenwoordig is nie. Nogal ‘n ou laai van die ou politieke partye – die ge-uitstappery as hul nie hul sin kry nie.

Jacques venter ·

Hallo KPC
Baie mense kyk na n situasie en neem nie alle besonderhede in ag nie.

Daar kon vir meer onderhandel word. Maar toe word Chris Hani vermoor wat tot n totale bloedbad kon lei.

Die konserwatiewes het baie kritiek teen De Klerk en sy span, maar hulle het self die proses benadeel. Dink aan ET wat met sy gepanserde wa in die onderhandelings probeer injaag het.

So ou maat. Die munstuk het twee kante.

HPV ·

Weer dag Jacques, ek hoor wat jy sê, die bloedbad het toe in elk geval gerialiseer met meer as 400000 mense wat in die land vermoor is,en ons tel steeds 50 per dag. Maar jy is ook reg, die munt het inderdaad twee kante.

Erick ·

Hier waar ek op my werklose bas lê en nuus en kommentare lees beteken hierdie verwikkelinge vir my en andere soos ek absoluut niks.

Anoniem ·

Ek is bly Cyril het gewen. As hy dinge kan verbeter in die land dan glo ek nie die DA moet te gerus wees nie. Hulle vrot appels is ook besig om so een vir een uit die boks te val en baie mense sal swaai om vir Cyril te stem as daar n opflikkering is in die ekonomie en beter lewens standaarde gaan wees en dit beteken nie hy moet alles more reg he nie want dit is onmoontlik. Daar moet net n sigbare verbetering wees dan stem ek in 2019 vir hom en glo andeer sal ook

Jacques venter ·

Hallo Jaco
Wat wil jy hê moet Maimane doen?
Is jy gekant daar teen dat hy die ANC telkens hof toe sleep?

Of moet Maimane so beskaaf wees soos die VF+ wat nooit die ANC hof toe vat nie?

jaco ·

Maimane moet net besef die anc gaan nie n verkiesing in 2019 wen nie. Dis nie die afrika-patroon nie. The liberation movement rules forever”. Kenia en Zimbabwe is maar net 2 van talle voorbeelde waar die bevrydingsbewegings eenvoudig algemene verkiesingsuitslae met geweld geïgnoreer het. Werk eerder na DA 49% teenoor ANC 51%. ANC wat n algemene verkiesing verloor gaan totale chaos skep. Weermag en Polisie sal, soos in zimbabwe, sê “we only work for the liberation movement”. DA 49% en ANC 51% sal beter werk. Dit sal die ANC meer op sy tone hou en dít dwing om beter te regeer.

HPV ·

Weer dag Jacques, ek hoor wat jy sê, die bloedbad het toe in elk geval gerialiseer met meer as 400000 mense wat in die land vermoor is,en ons tel steeds 50 per dag. Maar jy is ook reg, die munt het inderdaad twee kante.

HEVW ·

Die rommelhoop wat die man uit die weg moet ruim is onsaglik groot en as hy dit doen sal hy heelmoontlik nie die 2019 verkiesing maak nie. Afrika ken net een taal en verstaan nie kompromiee nie.

Jacques venter ·

HPV
Dankie vir jou erkenning dat die konserwatiewes die onderhandelinge ondermyn het.

Sonder hulle inmenging was daar meer tyd en kon n beter bedeling beding word.

Bly jy sien nou die lig

HPV ·

Jacques, as dit jou beter laat voel is dit reg so. My erkennings of ontkennings regverdig nog steeds nie FW en Kie se swak, kortsigtige en ondeurdagte onderhandelings nie. Indien hul aandag deur die sogenaamde konserwatiewes afgelei was, is ‘n verdere bewys dat hulle nie opgewasse vir die taak was nie. Dit help nie ek en jy redeneer daaroor nie, gebeure die afgelope jare is meer as genoeg bewys dat hulle verbrou het.

waarheid ·

Die DA en ANC en EFF is almal onder dielselfde sambreel.

HPV ·

Jacques, as dit jou beter laat voel is dit reg so. My erkennings of ontkennings regverdig nog steeds nie FW en Kie se swak, kortsigtige en ondeurdagte onderhandelings nie. Indien hul aandag deur die sogenaamde konserwatiewes afgelei was, is ‘n verdere bewys dat hulle nie opgewasse vir die taak was nie. Dit help nie ek en jy redeneer daaroor nie, gebeure die afgelope jare is meer as genoeg bewys dat hulle verbrou het.

Jacques venter ·

HPV
Dankie ou maat dat jy my sommer twee keer antwoord.

HPV ·

Jacques, dit was lekker om met jou te gesels. Ek respekteer jou standpunt, stem nie noodwendig saam. Ons praat weer vorentoe. Dankie ook Maroela vir die kommentaar platvorm.

Vermeende ·

Ek lees so deur die kommintare en dit gaan my verstand tebowe, 23 jaar in demokrasie met regstellinde aksie wat die DA duidelik ondersteun. Die DA se beleid is n copy van die ANC sin met een verskil, skoon strate.
Al die lof wat nou na Cyril se kant toe gegooi word, hel man gaan almal nou ANC stem?
Onthou net een ding, vir die afsienbare toekoms gaan niks verander nie, jy gaan steeds moet plek maak vir ander rasse, die hekse jag op die blankes sal aan gaan. As julle dink Ramaphosa gaan teen die beleid van die ANC gaan dan maak julle n groot vout, Cyril moet daai beleid nou diplomaties implementeer, dit is sy werk. Die grondwet is vol gate, hoekom is daar dan anders plek vir regstelling??
Ons volk gaan te gronde nie oor de klerk of die ANC nie maar oor ons so goed gelowig is om alles te glo ens so maklik n rat voor die oe gedraai word.

Ek sal net wil weet, was die wereld rugby wat ons nou geniet regtelig ons en ons nageslag se toekoms werd?

Jacques venter ·

Jy is reg Vermeende. Beide die ANC en die DA. het gematigde beleide.
Jy is reg as jy sê albei ondetsteun regstellende aksie.
Jy sou ook reg wees. As jy sou sê regstellende aksie is nodig om swart mense op te hef na bykans 350 jaar se onderdrukking.
Die prpbleem by die ANC is dat beleid en praktyk nie met mekaar korroleer nie

LV ·

Vroue kon nie die mas by die ANC verkiesing opkom nie,een rede kan wees dat mans nie deur vroue regeer wil word nie. Is dit nie dieselfde wat nou in die DA gebeur nie,eers Zille en nou De Lille? So raak hulle vd bedreiging ontslae.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.