ANC-konferensie: Talle afgevaardigdes nou net waarnemers

anc-konferensie-mantashe-en-kodwa

Gwede Mantashe en Zizi Kodwa tydens ‘n mediakonferensie Saterdagoggend by die ANC se nasionale leierskapkonferensie in Johannesburg. Foto: MyANC/Facebook.

Die ANC se nasionale leierskapkonferensie sal amptelik om 14:00 Saterdag begin, nadat die party se nasionale uitvoerende komitee (NUK) ʼn spesiale vergadering belê het om te besluit oor drie hooggeregshowe se uitsprake Vrydag.

Gwede Mantashe, die uitgaande sekretaris-generaal van die ANC, het tydens ʼn mediakonferensie Saterdagoggend terugvoer verskaf oor die spesiale vergadering.

“Die spesiale NUK-vergadering was nodig om te verseker ons doen nie iets wat die nasionale konferensie besmet nie,” het Mantashe gesê.

Volgens hom is daar tydens die vergadering besluit wat gedoen moet word nadat die hooggeregshowe KwaZulu-Natal en die Vrystaat se provinsiale konferensies nietig verklaar het. Die hooggeregshof in Mahikeng het ook 38 takvergaderings in Noordwes ongeldig verklaar.

Mantashe het gesê alle strukture wat nietig verklaar is, sal nie afgevaardigdes by die konferensie hê nie, en die takke wat ongeldig verklaar is, sal nie by die konferensie kan stem nie.

Hy het bygevoeg dat hulle wel by die konferensie kan aanbly, maar net as waarnemers. “Ons sal hulle nie toelaat om te stem oor enige van die aangeleenthede by die konferensie nie.”

Mantashe het bygevoeg die registrasieproses vir afgevaardigdes is amper voltooi. “Ons het besluit om nie onnodige druk te plaas op enige iemand nie, ons wil nie hê mense moet rondhardloop nie, en daarom sal ons die konferensie om 14:00 begin.”

Meer as 5 000 afgevaardigdes sal na verwagting van Saterdag tot die 20ste Desember by die Nasrec-sentrum suid van Johannesburg vergader om onder meer ʼn nuwe ANC-leier te kies. Mantashe het ook bevestig daar sal nie afsonderlik vir elke topposisie in die party gestem word nie, maar soos in die verlede sal die stemming gelyktydig plaasvind. Dit behoort na verwagting later Saterdagmiddag plaas te vind en Suid-Afrika kan al Sondagoggend weet wie die leisels by pres. Jacob Zuma as leier van die ANC sal oorneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

John ·

Hoekom voel dit of iets iewers skort… Die probleme word net te goed aanvaar en verwerk… Niemand is ongelukkig nie, alles is volstoom oppad en die uitslae gaan soos deur een man aanvaar word… Werklik? Of… maak my asb wakker…

julius ·

Johan jy is wakker ek dink hulle slaap. Wat wel kan gebeur is dat die ontevredenis later na die uitslag gaan begin huil en eis dan die konferense ongeldig was. Ons wag en kyk.

NICKEY / GAUTENG ·

Ons ken mos nou al die storie………… daar sal gestem word vir die wat moet wen….. en die persoon sal vir nommer een skotvry laat loop.
Zuma wil n boek oor sy lewwe skryf……. wie onthou nog vir Toon Prens van die vyvtiger jare in die destydse Huisgenoot……….kon hy vir jou LIEG …nee nie jok nie. Dalk wil nommer een ‘n kompetiesie
aan gaan met Pinocchio,,,, die keer gaan arme Pinocchio ver verloor.

snoefie ·

john dit was die beauty van die aankondiging van zuma se aankondiging dat hy n boek gaan skryf oor sy lewe. wie se ondersteuners is nou net toeskouers?

Ouma ·

Rhamaposa sin natuurlik!! Anti sal sommer goeds moeds ingestem word!! Swak!! Run nou ‘n coubtry met so n spul!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.