ANC-konferensie: ‘Vrae oor vermiste stemme’

Ace Magashule is as die nuwe sekretaris-generaal verkies. Foto: Twitter via @MYANC

Die ANC se bestuurskomitee het glo Dinsdagoggend vergader oor beweerde “vermiste stemme” met betrekking tot die stemproses vir die party se nuwe sekretaris-generaal.

Dit kom nadat Ace Magashule Maandagaand tot die posisie verkies is. Senzo Mchunu was die ander benoemde vir dié posisie.

Daar is 4 776 afgevaardigdes wat geregistreer was om vir die party se nuwe top-ses te stem. Magashule het 2 360 stemme vir die pos van sekretaris-generaal ontvang en Mchunu 2 336 stemme. ʼn Verteenwoordiger van die verkiesingsagentskap het tydens die aankondiging van die stemme gesê daar was tydens die stemmery vir dié posisie agt wat buite stemming gebly het en vier bedorwe stembriewe.

Dit beteken dat daar dus 68 stemme “vermis” word. Dié 68 is genoeg om die uitslag van die verkiesing in Mchunu se guns te swaai.

Daily Maverick berig Jackson Mthembu, die ANC se parlementêre hoofsweep, het gesê die kwessie oor hierdie stemme sal Dinsdag tydens die samesprekings by die konferensie geopper word. News24 berig die bestuurskomitee van die party het Dinsdagoggend oor die kwessie vergader en sal glo die EleXion Agency, wat die verkiesings hanteer het, versoek om die teenstrydigheid te verduidelik.

Maroela Media het vroeër berig die nuwe top-ses leierskap van die ANC is Maandagaand onder luide toejuiging van afgevaardigdes aangekondig. Cyril Ramaphosa is as die nuwe president van die ANC aangewys met David Mabuza as adjunkpresident van die party.

Magashule is net-net tot die posisie van sekretaris-generaal verkies, met Jessie Duarte as adjunk-sekretaris-generaal.

Gwede Mantashe, wat voorheen sekretaris-generaal was, is as die party se nasionale voorsitter aangewys en Paul Mashatile as tesourier-generaal.

Lees alle vorige berigte oor die ANC-konferensie 2017 op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Ella ·

Ek dink almal het gehoop dat die ding glad sal verloop maar nee, ten spyte van al die verifieering, identifikasie en sekuriteit en “onafhanklike tellers van stemme”‘ het daar nog steeds onreelmatighede(?) ingesluip. Wanneer gaan die ANC iets doen wat geloofwaardig is waarop ons almal opreg trots en dankbaar kan wees?

Eish ·

Die dag wanneer hul nie meer regeer nie. Nie n dag voor die tyd nie.

Koos1 ·

Die OVK is nie lekker nie. Die dame wat die uitslag gelees het, het begin met die uitslag vir die adjunk president, soos sy dit afgekondig het, en toe vir CR as president aangewys.
Dis nou die selfde mense wat ons moet vertrou met osn Nasionale Verkieseings!

Jordaan ·

“We are missing … eleventy, hundred, no listen carefully, …..8 and sixty votes”

Wonder maar net ·

Kan die Ramaposa faksie daarop aandring dat die sogenaamde stembriewe wat nie bygetel is nie in aanmerking gebring word en oorgetel word.
As dit die geval is dan is OVK n ongeoorloofde organisasie wat nie neutraal is nie.

Eish ·

Née jy kan nie. Waar die partyjie gehou word, raak miljarde weg.

SjN ·

Die melkplaas in die Vrystaat wat vir die guptas se troue betaal het was mos onder leiding van die Ace, so enige iets is moontlik met knoeiery.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.