Die DA-, VF Plus-, IVP-koalisie in die Mogale City-stadsraad in Krugersdorp, wat sedert Augustus 2016 deur die EFF gesteun word, is Woensdag tot ʼn val gebring.
Dit volg nadat die ANC-speaker, Patrick Lipudi, op ʼn omstrede wyse – buite die raad se ordereëls – ʼn mosie van wantroue in die uitvoerende burgemeester, Michael Hollenstein, per geslote stembrief tot stemming gebring het.
Lipudi het die afgelope maande herhaaldelik die stadsraad se werksprogram belemmer deur op outoritȇre wyse eensydige besluite op die raad af te dwing. Die LUR vir plaaslike regering in Gauteng, Paul Mashatile, het ten spyte van gesprekke en klagtes wat oor ’n geruime tyd strek, versuim om teen die speaker op te tree.
VF Plus-raadslede, Tjaart Steenkamp en Amanda de Lange, het albei hul onderneming aan die kiesers van Krugersdorp gegee om alles in die stryd te werp om die status quo te herstel.
Die VF Plus gaan as deel van die koalisie op ʼn dringende basis aksie neem teen die onregmatige optrede van die ANC-speaker om die mandaat, wat demokraties deur die kieserspubliek verleen is, so spoedig moontlik te herstel, het Pieter Mulder, wat self teenwoordig was, gesȇ.
“Die koalisielid wat vandag die ANC-speaker se onreëlmatighede gesteun het, moet aan die kaak gestel word omdat die gebeure die toekoms van enige koalisie in Suid-Afrika in gedrang kan bring,” het hy bygevoeg.
uit balethe mbete se mond is dit wat gebeur het teen die wet. so laat die anc hullean na behore straf.
Nee dis eintlik swak. As iemand onregmatig optree is daar ander maniere as om net te kerm by die LUR. Iemand weet ije wat hulle doen of wat hulle moes gedoen het of pleinweg hulle sit en slaap terwyl hulle lankal al moes opgetree het. Dis eintlik swak en n swak refleksie op die DA lede wat daar sit.
Die soort van konkelwerk van die.ANC moet aan n baie groot klok gehang word, sodat almal kan sien tot welke mate die ANC ook in die kleine die inwoners van Krugersdorp en die RSA belieg en bedrieg het
Dit is hoe die ANC te werk gaan. Agterbaks. Hulle sal dit oral doen waar hulle bedreig word. Net soos Mugabe se Zanu PF. Hulle was nie verniet ‘n terroriste organisasie nie!
Om jou vyand uit oor lê moet jy soos hul begin dink en jou voorkomende stappe reeds in plek hê vir enige gebeurlikheid.
Die ANC verbreek alle etiese reëls en het geen moraliteit nie.
Stadig maar seker sal hul val in die graf wat hul vir ander gestel het.
ANC kon nie wen nou moet hulle agterbaks wees en vuil speel. as mens enet kan weet hoe hulle geld gemors het, hoe skelm hul was en gesteel het hier…