ANC kortwiek plan om wapeneienaars te beskerm

Foto ter illustrasie: Verskaf

Die ANC-LP en voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie, Francois Beukman, het sy beslissende stem gebruik teen ’n private ledevoorstel om vuurwapeneienaars wat nagelaat het om hul vuurwapenlisensies betyds te hernieu, te beboet sonder dat hulle kriminele rekords sou kry.

Dit beteken dat vuurwapeneienaars wat nie hul lisensies negentig dae voor die verstryking daarvan hernieu het nie, steeds as onwettige besitters van vuurwapens beskou word, hoewel ’n tydelike interdik tans hangende ’n hofsaak is wat verhoed dat hulle fisies gearresteer en krimineel vervolg word.

Die onsekerheid, en die afwesigheid in die huidige Wet op die Beheer van Vuurwapens van enige manier waarop vuurwapeneienaars ’n versuim om die vuurwapen te herregistreer kan regstel, het die afgelope tyd tot chaos gelei met sowat 400 000 vuurwapens wat tans weens laat herregistrasie ongelisensieerd is.

Boonop het die polisie se topstruktuur onlangs in die parlement erken hulle het geen plan om die leemte reg te stel nie. In praktyk is daar tans baie polisiestasies wat glad nie hernuwings uitreik nie en die proses staan stil.

Die knap nuwe wetsontwerp deur dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, om vuurwapeneienaars te dekriminaliseer, is deur al die opposisiepartye in die komitee (die DA, IVP en VF Plus) ondersteun, maar teengestaan deur die ANC-lede teenwoordig, wat ’n gelykopuitslag tot gevolg gehad het. Beukman het toe sy beslissende stem teen die wetsontwerp uitgebring.

Die uitslag was ten spyte daarvan dat die ANC die meriete van Groenewald se voorstel erken het, maar beteken dat die ANC hulself na 24 jaar van demokrasie steeds nie sover kan kry om enigiemand anders se wetsvoorstel te steun nie, al het die voorstel ook hoeveel verdienste.

Die DA se Zak Mbhele en Dianne Kohler Barnard het saam met Groenewald by die ANC gepleit om wyer te dink, maar dit was puur verniet.

Die ANC-lede het vae stellings gemaak dat Groenewald se voorstelle deel kan vorm van ’n komende verandering aan die vuurwapenwetgewing, wat glo deur die departement van polisie oorweeg word, of dat ’n amnestie afgekondig kan word, wat volgens opposisiepartye net ’n tydelike oplossing sal wees.

Opposisielede se waarskuwings dat dit minstens tot einde volgende jaar sal duur en dat die huidige onhoudbare posisie dus nog vir meer as ’n jaar kan voortsloer, het op dowe ANC-ore geval.

Die situasie is dus tans dat vuurwapeneienaars wie se lisensies verval het, krimineel vervolgbaar sou wees sodra die interdik verval, maar dat hulle geen manier het om weer hulself tot wettige eienaars te verklaar, of ander wapens te herregistreer nie.

Daar is ook ’n onwilligheid by baie vuurwapeneienaars om, soos sommige in die polisie se topstruktuur wil hê, hul wapens vir vernietiging in te gee by die polisie, want die vorige keer dat dit op groot skaal gebeur het, het lede van die polisie duisende van die vuurwapens onwettig verkoop, waar dit in die hande van geweldsmisdadigers geval het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

55 Kommentare

Ella ·

Die skroef daai al stywer vir ons wittes.
Die ANC se mag moet gebreek word maar hoe?

Jack Klok ·

Die ANC is besig om homself te vernietig. Die eens magtige ANC het reeds al sy glorie wat die linkse massa media aan hom toegedig het verloor, sy eie president is in die laaste paar weke uitgevang as ‘n leuenaar, die onheilighede wat die ANC en sy leiers aangevang het en die prys wat dit die land se belastingbetalers gekos het word tans aan die groot klok gehang, internasionale beleggers skram weg van Suid-Afrika ens ens. Intussen neem die druk op die ANC toe, selfs vanuit sy eie geledere. Verbrokkeling is die ANC se voorland.

Hennie ·

Ella dit is nie net blankes wat vuurwapens wettig besit nie.

Pieterv ·

Die ANC het n ingebore weerstand teen alles wat nie uit hulle “hoe-kan-ek-geld-maak-uit-die-ding” mentaliteit gebore is nie.

Jack Klok ·

Die oomblik dat die ANC nie in beheer van enige iets is nie, ongeag van die meriete van ‘n saak, trek hulle dwars.

Johanna ·

Nee wat die vuurwapen wet is net vir sekere mense bedoel maar die wat moord pleeg het geen lisensie nodig nie!!

Sakkie ·

Chris dit is presies my sentiment ook, maar die wiel draai.

Perdman ·

Hy is seker betaal om dit te doen, of met die dood gedreig

Haan ·

MOENIE jou wapen gaan inhandig nie! Ek onthou die polisie se stelling : “moet asseblief nie vir ons beskadigde/onklaar wapens gee om te gaan vernietig nie”

Net daar sien mens hulle soek nie stukkende wapens om te gaan “vernietig” nie. Dalk wil hulle daai wapens gebruik om Luthuli huis se arsenaal aan te sterk. Wie weet? Elkgeval: somchem fabriek wat ontplof, poging tot wysigings aan die wapenwet, vervalle lisensies ongeldig. Enige ou met twee pitte kan sien hierdie wetters vou iets sinister in die mou!

Peet Schabort ·

Maar die lisensie(s) wat verval het vir die grootste moordwapen wat die meeste lewens eis, tewete motorvoertuig- en/of bestuurslisensie, word sonder stamp of stoot met ‘n boetetjie reggesien.

Irma ·

Die ANC het baie agendas wat nou duideliker raak. Vir my lyk dit of vergelding en vernietiging in die kern hiervan lê. Die gupta volgelinge het nog ‘n groot inspraak in alles en ek sal my nie verbaas as daardie mense (guptas) se belang by ons land nog so sterk is dat hulle steeds kaarte speel wat nie in ons belang is nie. As hulle die oorhand kry is ons dae getel.

Andrew ·

Ons sal maar by die Rhodesiëse boere moet gaan kers opsteek oor die manier wat hulle hull huise beveilig het.

J. Blomerus ·

Die wat nie vermoor was nie het gevlug. Ek het berigte, artikels en ook ‘n aanlyn dagboek van ‘n boervrou daar gelees todat sy ook stil geraak het. Dit het só gewerk: Die “veterane” of “grondhrypers” (meestal jeugdiges) het op sportvelde bymekaar gekom in die oggend. Dan is daar volgens ‘n lys besluit watter plase die dag afgevat gaan word. Dit was gewoonlik so 3 plase wat geteiken was. Die groepe “veterane” het dan na die plase beweeg waar daar tot 50 op die dak van die plaashuis geklim het. Al die plaasdiere was doodgemaak. Soms was petrol op hulle uitgegooi en was hulle lewend verbrand, die koeie sommer keelaf in die velde laat lê om te vrek en ontbind.
Daardie mense kon mekaar nie help teen die oormag nie, daar was ook geen hulp vir hulle van die buiteland (en Suid Afrika) nie. Elkeen het maar net sy beurt afgewag en gehoop hy spring dit vry of word oorgeslaan of ontsien. Dit was nie ‘n deursigtige proses nie, dus het niemand geweet hoeveel plase en wie se plase gevat gaan word nie. Soos ek genoem het was dit in die oggend op die sportvelde volgens ‘n lys besluit.

IK ·

Ek het familie daar gehad en is ingelig oor maatreëls wat getref was van dag tot dag of eerder van oomblik tot oomblik. Dit is egter riskant om dit hier uit te blaker. Lees egter ‘Sakgids vir Beveiliging van Individu, Woning, Hoewe en Plaas’ van dr. Kriek vd Merwe ASOOK ‘Plaasbeveiliging. ‘n Handleiding vir die Boer’ van maj. WM Leonard.

J. Blomerus ·

Die wat nie vermoor was nie het gevlug. Ek het berigte, artikels en ook ‘n aanlyn dagboek van ‘n boervrou daar gelees todat sy ook stil geraak het. Dit het só gewerk: Die “veterane” of “grondgrypers” (meestal jeugdiges) het op sportvelde bymekaar gekom in die oggend. Dan is daar volgens ‘n lys besluit watter plase die dag afgevat gaan word. Dit was gewoonlik so 3 plase per dag wat geteiken was. Die groepe “veterane” het dan na die plase beweeg waar daar tot 50 op die dak van die plaashuis geklim het. Al die plaasdiere was doodgemaak. Soms was petrol op hulle uitgegooi en was hulle lewend verbrand, die koeie sommer keelaf in die velde laat lê om te vrek en ontbind.
Daardie mense kon mekaar nie help teen die oormag nie, daar was ook geen hulp vir hulle van die buiteland (en Suid Afrika) nie. Elkeen het maar net sy beurt afgewag en gehoop hy spring dit vry of word oorgeslaan of ontsien. Dit was nie ‘n deursigtige proses nie, dus het niemand geweet hoeveel plase en wie se plase gevat gaan word nie. Soos ek genoem het was dit in die oggend op die sportvelde volgens ‘n lys besluit.

Blomerus ·

Nee daardie boere was uitgemoor en niemand het ‘n oog geknip nie. Dit pla my tot vandag toe. Wie sal betroubaar kan sê wie hulle was (by name) en waar hulle hulle nou bevind? Daar is geen rekords, geen inligting van die Rhodesië boere, net misleiding en ‘n toesmeerdery maar alles sal eendag uitkom.

Piet ·

Blom ek het ook Catherine Buckle (ek kan hoor jy praat van haar) se boek gelees en haar storie gevolg. Dis ‘n storie van ‘n baie liberale persoon wat geweier het om die oogklappe af te haal. Dit is goed om haar skrywes te lees want dit leer mens dat sogenaamde “samewerking” bring jou net mooi niks in die sak nie. Die mite bestaan dat die Zim boere nie hul “samewerking” wou gee nie- dis ‘n tipiese AgriSA stelling. Daar is ander opsies, maar dis liberale blankes wat dit moelik maak om hierdie moontlikhede te ontgun.

piper ·

ek het twee rewolvers ingehandig. as enige iemand hulle sou wil gebruik sou dit ontplof het na ek ietwat van n modifikasie aangebring het

Brutus ·

Die ANC kan niks reg besluit nie daarom is alles n gemors in die land. Plaas hul maar eerder na die opposisie geluister dan sou 400 000 mense ook verlig gewees het.

Francois Beukman (alias) ·

Beste Wapen lisensie houers in RSA…

Ek moes dit doen, sien as Oud NP LV – is my dae getel in die ANC- ek moet punte verdien of my posisie verloor en natuurlik die lekker salaris…
My besigheid Blue river Vineyards (Pty)Ltd in eiendomme doen nie so goed nie… my huis in die Strand is duur, veral die ekstra veiligheid wat ek moes aanbring… besoek my webblad dan kan ons bietjie gesels oor my aksies om die Afrikaner te ondermyn. Ja, van my studente dae af, het ek en Dr Theo de jager uit ons pad gegaan om die studente deur die ore te werk en die Afrikaner te help om oor te gee. Ek het lekker gelag vir die KODESA episode en hoe naief die Afrikaner is… om agter Constant en Brig Tienie Groenewald aan te hardloop. Te jammer hulle sien nie wat oppad is vir hulle nie… ek en my maatjies, het natuurlik ‘n kaartjie om die land te verlaat – wanneer dit te warm word… HAHAHA

NS: Hier in die Paarl, (my kiesafdeling) is daar min boere wat nalatig was om hulle lisensie nie te hernu nie… dis daardie Noordwes boere wat ongelukkig die wind van voor gaan kry… bel my gerus by die parlement as jy voel jy word geknyp – 082 300 9040.

George Pelser ·

Kan dit wees dat die anti-blank houding van die ANC spul enige iemand nog kan verbaas? Hoe is dit moontlik? Aanvaar dit nou maar eenmaal en maak reg daarvoor…..ons is stewig op pad na ‘n groot finale konfrontasie in hierdie land. Kies kant en berei jouself voor.

Willem Grobler ·

Enige regering wat nie sy eie burgers met vuurwapens vertrou nie kan nie vertrou word nie. Hou maar die kruit droog mense …

Fred ·

Die lisensies moes hernu gewees het soos wat die wet se. Dis die vuurwapen eienaars wat verkeerd is en nie die ANC nie.

Andrew ·

Lol. Ek stem saam, as jy nie 3 mmande voor die vervaldatum jou voertuiglisensie hernu nie moet jy hom verloor.
Ek raak nou kinderagtig.

Fred Botha ·

Dis die vuurwapen eienaars wat verkeerd is. Waarom is die lisensies nie hernu soos die wet vereis nie. Dis nie die ANC se skuld nie.

Brutus ·

Dink weer pel.Hoe kan ANC twee standaarde he, een vir groen lisensies en dan weer een vir wit lisensies, wittes verval ,groenes nie en bly geldig ,maak dit enige sin.

Brutus ·

Hoekom is die groenes nie hernu nie maar bly geldig maar wittes verval maak dit vir jou enige sin?

Brutus ·

Die groen lisensies bly geldig maar wittes verval, maak dit vir jou sin ,sommige groenes was nie hernu nie maar bly wettig of mis ek iets.

Vissie ·

Fred, julle liberaliste moet julle oe oopmaak, dit gaan nie oor “wet” in hierdie land vanaf 1994 nie en die ANC het juis die stelsel en hulle nuwe wapenwet ontwerp om die wetsgehoorsame burgers van die land te ontwapen.

Die ANC “regering” tree verseker nie soos een op nie, want ‘n regering is veronderstel om wet en orde te handhaaf en om te gee vir die land en sy mense. Dit doen die ANC verseker nie, hulle leiers vee hulle agterente af met die landswette maar het die vermetelheid om van ons te verwag om hulle simpel “wette” te gehoorsaam. Die ANC is steeds wat hy altyd was, rewolusionere beweging wat nou ook in kleptomane verander het en nie gaan rus voor hulle alles wat hulle as rykdom beskou gevat het en die laaste wit “settler” hier uit het nie.

Jy is welkom om hulle “wette” te gehoorsaam soos Piet Retief en sy manne Dingaan se wet gehoorsaam het en julle gaan dieselfde gruwelike dood sterf as hulle, as jy nie jouself en jou familie kan verdedig nie…. maar daar is gelukkig /hopelik genoeg boere wat gereedmaak vir die bloedrivier slag wat later gaan kom.

RATEL ·

Francois Beukman……… die wiel draai soms stadig…….maar………elke @$&% kry sy dag. Hoop jy kry 365!

anton ·

Aag asb!!!
Enige mens en ek weet van baie, het bloot vergeet om dit te doen want 5 jaar is n lang tyd om iets te onthou en daar word nie aanmanings uitgestuur soos met bv. motor lisensies wat jaarliks hernu moet word nie!!!
Hoekom is dit so n massiewe oortreding om te vergeet??? Dis menslik!!!
Polisie het die wet ingebring om mense te ontwapen en om geld te maak. Klaar.

Johan ·

Hou jou wapen met of sonder lisensie .en as jy nie n vuurwapen het nie kry een met of sonder lisensie. Ander mense in die land doen dit

Paul ·

Dit beteken niks nie.

Die huidige wet maak wel voorsiening vir laat hernuwing, dis net die onwettige optrede van die polisie wie volstrek weier om hulle wetlikke plig uittevoer wat in die paed staan van laat hernuwings.

Die wetsontwerp wat gister afgekeur is was onwys en onnodig gewees.

Die GOSA (Gun Owners SA) interdik is steeds geldig en die volle sal vroeg volgende jaar voor die hof kom. Nietemin sal die Staat op 7 Desember probeer om ons interdik te wysig. As almal nou rerig so ontstoke is sal julle agter GOSA staan en ons help om die eintlike probleem optelos. Sluit aan by gosaonline.co.za.

Lou ·

Die ANC se moedswillige dom besluit gaan mense nou dwing om wapens onwettig aan te hou want geen wetsgehoorsame burger kan bekostig om sonder ‘n wapen te wees in hierdie land nie. As jou bestuurders lisensie verval het dan word jy beboet en moet weer gaan aansoek doen. Jou kar word nie gekonfiskeer en jy word nie as ‘n krimineel beskou nie.
Belaglike patetiese poging om mense (meestal blankes) te ontwapen.

Andrew ·

Hoe meer korrup ‘n regering is, hoe meer wette maak hulle.

Manie ·

Hulle staan die teen omdat onwettige AK 47 nie ingesluit is

Johan Fourie ·

Omtrent alle aanvalle en moorde word met ongelisenieerde en onwettige wapens gepleeg.Net wetsgehoorsame burgers moet dus hul wapens gaan inhandig?

chris ·

Die anc is verslaaf aan die witman/vrou se geld (getroue belasting betalers) maar haat wat die blanke mans en vrouens vanaf 1652 vermag het.
Die vuurwapen storie is ‘n voortsetting van die anc en eff se beleid “Ontwrig alles wat blankes ingestel het, maar geniet hulle geld”
Met hierdie eenvoudige beleid word SA vernietig tot nog ‘n Afrika land.
Donald Trump se uitlating maak sin.

Legal ·

Ek hoop FRANCOIS BEUKMAN kyk nog in ‘n loop van ‘n GEWEER vas, dan kyk ons of sy BESLUIT nog die regte een was.

Emma ·

Het my aansoek betyds ingedien maar sukkel al van 2015 af om my lisensie te kry, eers was dit in die polisieman se laai gelos en toe ek bohaai opskop grawe hulle dit daar uit. Het darem al n sms gekry my lisensie is oppad, n ope vraag wanneer ek dit in my hand gaan he weet ek nie.

Anoniem ·

@Francois Beukman, dit wil vir my voorkom uit jou kommentaar asof jy jou geheel en al verlustig in die Blanke se dilemma. Wees baie baie versigtig wat jy vir ‘n ander persoon (Bevolkinsgroep) toewens. Dit kan dalk net boemerang en in jou gesig ontplof. Onthou jy wat met die Titanic gebeur het ……….. ek se maar net.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.