ANC-koukus rebelleer dalk teen Ramaphosa

Die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan en pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

In ʼn moontlik rampspoedige wending vir pres. Cyril Ramaphosa wat nog ʼn potensieel noodlottige hoogvat op die Suid-Afrikaanse ekonomie kan ontketen, is Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, gedaag om Donderdag in ʼn geslote verskyning voor die hele parlementêre ANC-koukus sy beleid oor die Suid-Afrikaanse Lugdiens te verdedig.

Maroela Media kan vandag berig dat Gordhan kragtens die tersaaklike skriftelike koukusagenda soos aan ANC-LP’s versprei deur die ANC-hoofsweep, Pemmy Majodina, verplig word om hom teenoor die koukus te verantwoord nadat ʼn groot aantal koukuslede openlik verklaar het hulle voel dat Gordhan en die minister van finansies, Tito Mboweni, landsbesluite neem soos die gier hulle pak, sonder om ANC-strukture te raadpleeg, in te lig of ʼn mandaat te vra en boonop strydig optree met die beleid waarop die ANC-konferensie van 2017 besluit het en wat alle ANC-ministers bind.

Die ontevredenes verwerp Mboweni en Gordhan se standpunt dat die land nie kan bekostig om ʼn dringende addisionele reddingsboei van R2 miljard aan SAL te verskaf nie. Hulle wil ook hê SAL-personeel wat tans besig is met ʼn staking moet die omvattende salarisverhogings kry waarop hulle aandring al is die lugdiens tans funksioneel bankrot en al het Gordhan gesê daar is gewoon nie geld daarvoor nie – die land se posisie is benard.

Voorts verwerp die ontevredenes enige planne om SAL se personeelrekening te verklein deur afdankings en hulle verwerp Mboweni en Gordhan se verklaarde voorneme – soos amptelik en herhaaldelik onderskryf deur Ramaphosa – om SAL gedeeltelik te privatiseer sodat geld kan invloei om die lugdiens se skuld te begin delg.

Tito Mboweni. (Foto: Elmond Jioyane/GCIS)

Die ontevredenes beoog dus volgens Ramaphosa-ondersteunende bronne in die koukus om ʼn amptelike ANC-koukusbesluit te laat neem wat aandring op ʼn staatswaarborg van R2 miljard aan  SAL, salarisverhogings soos deur vakbonde geëis, ʼn moratorium op afdankings en ʼn besluit teen enige vorm van SAL-privatisering.

Dit is nie tans duidelik of die ontevredenes meerderheidsteun in die koukus het nie. Sowel die ontevredenes as Ramaphosa-ondersteunende ANC-parlementslede is kliphard besig om die meerderheid ANC-LP’s na hul kant toe te probeer oorhaal, maar Ramaphosa-ondersteuners is tans diep bekommerd of hulle die paal gaan haal, sodat Gordhan bloot ʼn vriendelike inligtingsessie hou wat ondersteunend en sonder ontwrigting deur die koukus onderskryf word.

Omdat die beleid oor SAL so ʼn belangrike en definiërende kernaspek is van die fiskale keuses wat Ramaphosa se politieke essensie as leier bepaal, sal dit vir ondersteuners van die president ʼn massiewe oorwinning wees as die meerderheid ANC-LP’s die ondergrawende ondermyners van die staatshoof se jongste set verwerp.

Maar om dieselfde rede kan dit vir Ramaphosa, sy leierskap en sy voortgesette presidentskap ʼn verlammende mosie van wantroue wees as die ontevredenes ʼn meerderheid kan behaal sodat die koukus die kernbeleid van Ramaphosa, Mboweni en Gordhan verwerp.

Indien die ontevredenes Donderdag slaag in hul doel kan dit drie potensieel lotsbepalende gevolge hê vir die president, die twee ministers, die ANC en belangriker, die welvaart van elke landsburger.

As die ontevredenes wen, sal dit Ramaphosa se legitimiteit as ANC-leier en staatshoof ernstig skaad – dalk selfs noodlottig – want deurdat dit ʼn mosie van wantroue in sy kernbeleid sal wees, sal dit ook ʼn  mosie van wantroue in hom wees. Dit sal die momentum van Zuma-ondersteuners wat Ramaphosa as ANC-leier wil verwyder ontsettend versterk en van Ramaphosa in ʼn groot mate ʼn flou makou maak – ʼn leier sonder die mandaat om sy beleidstandpunte uit te voer.

(Foto: flysaa.com)

Dieselfde geld Mboweni en Gordhan se politieke posisies. As die ANC-koukus hul beleid verwerp, beteken dit eerstens dat daardie beleid nie uitgevoer kan word nie want so ʼn koukusbesluit bind die koukus. Aangesien al Mboweni en Gordhan se voorgenome beleidsplanne eers in werking gestel kan word as die parlement dit goedkeur, sal ʼn bindende ANC-koukusbesluit om dit teen te staan, goedkeuring deur die parlement onmoontlik maak.

Maar die ernstigste gevolg daarvan as die ontevredenes Donderdag daarin slaag om Ramaphosa, Mboweni, Gordhan en hul fiskale beleid te verwerp, is dat dit Suid-Afrika se algehele afgradering na rommelstatus absoluut verseker. Want al wat dít tot dusver verhoed het, is dat een graderingsagentskap, Moody’s, die land die voordeel van die twyfel gee ten spyte van die ekonomiese gat waarin Suid-Afrika is.

En die enigste rede waarom Moody’s tot dusver bereid was om Suid-Afrika te help, is die persoonlike aansien van spesifiek Ramaphosa, Gordhan en Mboweni (ondersteun deur kenners, amptenare en sakelui wat suksesvol vir die land pleit) en die fiskale verantwoordelikheid asook bekamping van staatskapende korrupsie wat spesifiek daardie drie politici in werking probeer stel.

Dus, as die ontevredenes Donderdag wen, sal Suid-Afrika beslis in Februarie rommelstatus bereik. Dit beteken internasionale beleggersfondse en verskeie lande sal regulatories verplig wees om dadelik miljarde rand se beleggings aan die Suid-Afrikaanse ekonomie te onttrek. Dit sal ʼn massiewe terugslag vir alle aspekte van die Suid-Afrikaanse samelewing wees, en sal die rand laat tuimel.

Dit sal die kanse op betekenisvolle ekonomiese groei in die mediumtermyn kelder want rommelstatus verbied dieselfde beleggers en lande om enigsins beleggings in die Suid-Afrikaanse ekonomie te maak totdat die land nie meer in rommelstatus is nie.

Boonop maak rommelstatus dit baie duurder vir Suid-Afrika om geld te leen, wat beteken gegewe die begrotingstekort, pap ekonomiese groei en die reeds bestaande verlammende rente op skuld, lê die grootste swaarkry in baie dekades vir Suid-Afrika voor – dis nou indien die ontevredenes Donderdag wen.

Suid-Afrikaners sal dus Donderdagoggend skerp fokus op die besluit van die ANC-koukus, omdat dit lotsbepalend kan wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

62 Kommentare

Hendrik ·

Dit is nou tyd om as belasting betalers ons hake in te slaan, ons het iemand nodig om leiding te neem, iemand wat weet hoe

Jimmy ·

SA is nie meer die ou SA nie. Dis ‘n derde wêreld dump en dinge word volgens die Afrika manier gedoen.

Gatvol ·

Jammer om te se maar ek hoop eintlik die ontevredenes wen – hoe gouer hoe beter – dat ons weer hierdie mooi land vir ons kan optel. Ons is in elk geval stadig op pad, hoekom die lyding uitrek????

Frikkie Geld en huis ·

Gatvol, jy stel dit baie mooi. Die skip gaan defnitief sink. Dus, hoe gouer, hoe beter.

Kat ·

Stem 100% saam. Moeg om oor afgrond te kyk. Laat ons tot onder val en die AFRIKNER weer die plek kan bou…

JZ ·

Frikkie:- ,DIE SKIP GAAN NIE SINK NIE !!!!!!, hy het klaaaar gesink.!!!!!!

Bert ·

Ongelooflik.
Net as ek dink niks gaan my meer verbaas nie kom hulle met soiets.

an ·

Die kommuniste is vasberade om die land te vernietig !

Laat hulle SELF DESTRUCT!

Die armes sal wraak neem op hulle!

Martin Botha ·

Zuma, die Guptas en hul onderdane konkel nog steeds in die agtergrond om CR uit te kry. Zuma soek nog steeds die stoel weer.

SAMPIE ·

G’n common sense by die spul te bespeur nie. Solank hulle net elke maand hulle vet salarisse kan kry

Gemaskerde Sopbeen ·

En dis nou die mense wat ‘n lewensstyl handhaaf waarvan ek net kan droom, met die geld wat ek voorsien, omdat hulle so besluit het………en as ek nie by hulle besluite bly nie, is ek die krimineel wat vervolg kan word? Ek is Afrika versadig om die minste te sê….My bure het in 2000 na Aus verhuis….en kon ‘n amper soortgelyke huis koop met die geld wat hulle vir hulle eiendom hier in SA gekry het. Vir my om nou dieselfde te doen, moet ek SEWE huise soos myne verkoop…om EEN huis in Aus te kan bekostig. Afrikane het waaragtig GEEN BEGRIP van ekonomie nie……ons gaan binnekort handeldryf met velle en krale…..vir sigarette en ‘n “gun”!!!

Andre ·

Indien jy nou wil emigreer na Oz, NZ, Kanada of die VSA, is dit wel moontlik om in kleiner dorpe te hervestig. Selfs kleiner stede in Amerika is moontlik. Probleem is egter om werk in die plekke te kry of ‘n besigheid te begin.

Gert ·

Dis presies wat ek verwag het, die sosialiste gee nie om waar die geld vandaan kom nie, hulle glo net werknemers het regte, dis hoekom hulle ten gunste van staatsbesit is, dan is daar die bodemlose bron van belasting wat uitgawes kan dek.

Petrus ·

Die land is reeds oor die afgrond. Met die politieke magstryd binne die ANC is die tyd nou ryp om te werk vir afstigting. Wit en bruin kan saamwerk om dit te bereik.

Johan Maritz ·

Due ANC sal dit nie erken nie maar die SAKP beheer die parlement hulle is die kleinste in die alliansie maar het die meeste se.. Die ironie is hulle sal aan iets torring tot dit nie meer funksioneer nie. Ons sal nou n plan moet maak want hierdie is die begin van die eiende.

Max ·

Kommunisme, sosialisme, kapitalisme ens. het almal net een bousteen no. Mamon geld. Bv. wie het die ANC gefinansier en doen dit nogsteeds.

JZ ·

Die ANC en vakbonde wat eindelik diesefde mense is vir my die grootste sonde bok en hulle sit vol in die regeering hulle is die ANC se kiessers hulle is die besluit neemers en kyk net vir hul eie sak,wil niks van die ekonomie weet nie want dit pas hulle nie.

jakes ·

Die nuwe aanstelling van De Ruyter as Eskom se nuwe hoof moet die begin wees van die aanstelling van kundiges in uitvoerende poste afgesien van ras. SAL sit met ten minste n duisend werkers wat botallig is en wie se dienste opgeskort moet word. Beide Eskom en SAL en meeste staatsinstellings se hoofde is aangestel op grond van regstellende aksie en sit die land nou met die gebakte pere. CR het baie vyande in sy eie party en daarom sal dinge moeilik verander in SA.

JZ ·

De Ruyter jy is braaf,maar ek glo die ANC en vakbonde gaan jou toelaat om te slaag nie. maar sterkte en glo jy gaan jou bes doen ons glo in jou.

Ja swaer ·

Sosialiste is undercover kripvreters – kyk maar wat het in die Sowjet Unie gebeur – die ANC kaders is goed opgelei deur hul meesters. Maak of jy na belange v werkers omsien en vreet agteraf jou dik uit die staatskas. Ons sal nou sien hoe kook Ramaphosa homself met sy eie party en kabinet, hy is die hoof padda wat gaan kook

Die regte Grassie. ·

Ek het gister hier op MM probeer sê dat die staking by SAL nie werklik om die welstand van die werkers gaan nie maar dat dit ‘n berekende aanslag van die linkse sosialistiese/kommunistiese (Eish) groepering van die ANC is teen die meer gematigde helfde wat tans in beheer is en dat die werkers net pionne is. Die moderator het egter besluit ou Grassie praat twak en het die rooi pen ingelê. Gelukkig het Jan-Jan Joubert die sakie nou mooi uiteengesit.

Petrus ·

As ek so na die ongelykheid in die land kyk is Marxisme dalk die beste uitweg. Korruptes moet doodstraf kry soos in China. Maar ten minste sal niemand honger gaan slaap nie.

Die regte Grassie. ·

Dit moet helfte wees, nie helfde nie. Jammer. Die vingers is soms vinniger as die kop.

PJ ·

Is dit nie nou n gulde geleentheid vir Afriforum om saa te likwideer nie ?

JohanL ·

Hierdie berig spreek die kern van ons land se probleme aan.

Die (onbevoegde) ANC koukuslede wil besluite neem, wat eintlik deur mense wat aangestel is in ‘n portefeulje, gedoen moet word. So die ANC lede moet besluit wat Mnr Mboweni moet doen – eish? En Mnr Gordhan.

Ek sien minstens 2 probleme hiermee :
1. die ANC koukuslede is onbevoeg om sulke besluite te neem. Hulle weet nie wat aangaan in die betrokke departement nie en hulle wil ‘n politieke besluit neem.
2. as ‘n groep wyer as die betrokkke Ministers wel geraadpleeg moet word, moet dit die regering wees en nie die enkele regerende politieke party nie (maw ANC koukus nie).

Hierdie bewys net opnuut dat die ANC nie die verskil ken tussen die party en die regering nie. Die koukuslede wil nou ‘n politieke besluit afdwing wat hulle dink die party gewild sal maak of hou. Nie ‘n besluit wat in landsbelang is nie.

Laastens ook net, ek dink Johan Maritz is heeltemal reg. Die SAKP het al sedert die 60’s ‘n enorme invloed op die ANC – gaan lees gerus bietjie meer daaroor.

HPV ·

Ek as belastingbetaler teken beswaar aan vir enige reddingsboeie aan die SAL, Eskom, SABC of enige instansie wat tot bankrotskap geplunder is! Ek vra ook dat oposissie partye uit hul diep slaap ontwaak en iets anders as slaap en praat begin doen.

Tweetie ·

Hoe kan n klomp onnosel narre die land gyselaar hou? Is daar regtig niks wat ons ‘normale’ gewone Suid-Afrikaners kan doen om dit te beredder nie. Ons sit en kyk dan nou dat alles verder geplunder word. Die teenstem verdwyn in n bodemlose put, as jy kritiek kwytraak teenoor die regering op social media, dan stenig die massas jou, en skree ‘apartheid’. Dit kan mos nie so aangaan nie, iewers moet die belastingbetaler n streep trek, en se ons het nou genoeg gehad van die aapstreke.

RYAN ·

Fantasties! In-fighting! Ek hoop hulle skeur in twee en die DA kan oorneem..

Kokkie ·

Jy kan nie ernstig wees dat die DA moet oorneem nie, Ryan. Die DA is dan klaar heeltemal flenters.

Rooi Jan ·

Die ANC leaders wat die Soustrein aan die gang wil hou het klaar besluit hoe hulle hom gaan bevonds. Hulle gaan privaat pensioene kaap dit sal hulle nog so 10 jaar aan die gang hou. Ek werk saam met n ANC Kader wat hierdie met my deel sy opinie is dat dit meestal blankes wat voordeel getrek het uit apartheid se pensioene is en dit tyd dat die gravy gelyk verdeel word. Ons land is in groot moeilikheid en as jy blank is is jy in nog groter moeilikheid.

Jack Sadie ·

As die Zuma groep uit die IK berekening van die praathuis gelaat word, styg die gemiddelde IK met 30 punte.

LANA ·

Baie moeilik om ‘n land reg te regeer.
Onmoontlik om ‘n land reg te regeer wanneer kennis en kundigheid ontbreek.

Jdb ·

Hierdie is nog ‘n bewys dat demokrasie nie werk nie. Stemreg behoort gegee te word slegs aan belastingbetalers, en hoe meer jy betaal, hoe meer stemme moet jy hê.

Al ·

Ons landsburgers word ook nou gekaap deur die ANC se onnosele besluite?!
Wat kan ons doen om die ANC se slagtande te trek.
Los vir Pravin Gordan, CR en Tito Mboweni uit. Hul is nog die enigste enkeles wat common sense het om SA rrg te ruk.
Die res wil die soustrein ry tot die wiele afval. En land in maai is – soos die afgelopr dekades.

KrokodilBotha ·

Binnekort is dit weer Eh Eskom, Eh Denel, Eh Poskantoor, Eh Sabc ensv. Druppel in die lekkende emmer. Moenie die Munsipaliteite vergeet nie. Alles ou nuus, niks nuut. Mis julle al die ou suid Afrika. ?

Feite ·

In plaas daarvan dat die klomp staatskaper gangsters reeds in die tronk sit, sit hulle mos strategies herontplooi in die koukus. Alles maar net deel van die ANC groter prentjie om rigting aan te dui en spoed op te tel met verandering, want tronk toe, die gaan hulle nie gaan nie!

Judge Dredd ·

Het julle mos gese geen afdanking sal gebeur en dat die unies salaris verhogings teiken juis as gevolg van regering se reddingsboeie.

Ek het ook gese dat”I&J” sal moet betaal…..

bokke ·

Natuurlik wil hulle ontslae raak van Ramaphosa, Gordhan en Mboweni. Kundige mense wat staatskorrupsie wil stopsit is ‘n bedreiging vir die staatskas-rowers.

Werner ·

Bokke ek dink jy ly nog te veel aan wereldbeker koors hulle stel defnitief nie daarin belang om korupsie hok te slaan nie

Siener van Melbourne ·

Een van die dae gaan n hollander, Jan van Rotterdam, donker Afrika bereik op sy seiljag en grond verruil vir kos en wapens. Dan begin die ontwikkeling… van nuuts af.

Kriek ·

Ramaphosa is n nuttelose draadsitter. Hy moet gaan. Die keuses is skrikwekkend maar dis tyd dat ons een kant toe of die ander kant toe beweeg. Slegter is op die kaarte, Ramadinges of nie.

Regtig ·

So jy sou wou gehad het Zuma moes aanbly sodat ons vinniger kon ondergaan? Vreemd!

Frans C ·

Die ANC wil nie sy alliansievennote ,die vakbonde van hom vervreem nie,want dit kan tot ‘n skeuring van die ANC lei en hom ontneem van ‘n parlementêre meerderheid.

Susie ·

Wat????Nie eers een positiewe gedagte tussen 40 kommentare nie? Nou waar is my ou volkie wat so lekker kon lag al pak die donker wolke saam? Net ou Siener daar uit Melbourn het ‘n bietjie van ‘n humorsin…..

HP ·

Al die staatsinstellings gaan reddingsboeie kry tot die pensioenfondse ook op is.

Dan gaan hulle jou erf belasting vermenigvuldig totat jy nie meer kan nie, en dan moet jy veg of vlug…

Erg realisties ·

Julle laat die na n slegte ding klink. Niks soos n goeie krisis om verandering te bring nie. Dis al wat gaan werk. N goeie droogte help baie. Kyk hoe het kaapstad se droogte die DA geskeur. Verlede herhaal net

Te Realisties ·

Julle laat hierdie nuus na n slegte dink klink. Daars is niks soos n goeie krisis om verandering te bring in politiek nie. Droogtes help baie. Kyk hoe het Slaapstad se droogte die DA geskeur. Huidige droogte sal sy eie gevolge he. Tyd vir n krisis.

LANA ·

Susie, daar is ‘n tyd vir alles.
Glo my – dis nie nou die tyd om te lag nie. Daar moet nou eers in alle erns planne gemaak word.

Deon ·

Hulle is bang hulle verloor al hul onbeperkte kostelose vlugte na oral in die land. Dis immers deel van hul wersvoordele of werk toe kom voordele.

an ·

Cyril Ramaphosa se ‘oomblik van waarheid’ het aangebreek.

Suid Afrika moet nou die RUBICON oorsteek na ‘n vryemark stelsel of krepeer van armoede soos Zimbabwe!

Erik ·

Ek het nogal gewonder wanneer die korrupte groepie gaan begin bewe…
Ek glo dat as Ramaphosa, Mboweni en Gordhan presies kon doen wat hul wou sonder enige inmenging ons op ‘n baie beter plek sou gewees het!

John ·

Cyril lief sy job. Hy sal nie die Sweet Six teenstaan nie. Tito sal aftree en Gordhan se kop gaan rol… en dan sal almal wat vanjaar so drooggemaak het hul Kersgeskenke kry, En volgende jaar het ons ‘n nuwe nuwe SA met ‘n nuwe wet vir eiendomsbesit, ‘n nuwe staatsmediese skema, weer ‘n nuwe Eskom-baas, ‘n nuwe staatsbeheerde reserwebank met ondergrondse tonnels na die staatsentiteite, nuwe skoolleerplanne met moederkamers by alle skole met gratis babadoeke. En die geld vir alles… Gebruik net die towerwoord ‘Amandla’.

Hagar ·

Hier kom probleme. Skeuring binne die anc tree al duideliker op die voorgrond. En as hierdie skeuring plaasgevind het sal vrede in hierdie land soos n dampkring verdwyn, en die blankes sal nie daarvan vrykom nie. Ramaphosa se presidentskap verkeer op die snykant van die mes en kan tuimel en wat daarna???????????/

Tjotsi ·

Die ontevredenis het geen benul van ekonomiese sake of gee bloot net nie om waar finansies vandaan kom….red ‘n nasie met sulke stommerike!!

Johan ·

Net bly hulle stick by hulle guns! Welgedaan, geen unie of intimidasie van enige aard behoort die staat op sy knieë te dwing nie!

Jan Breytenbach ·

Al die negatiewe en nadelige verwikkelinge in ons pragtige land is ‘n oproep dat ons moet bid tot God, die Almagtige, dat almal (ons hele land) weer sal terugkeer na Hom wat oor alles beskik. Ons moet bid vir vergiffenis en vra dat almal om God se leiding sal bid en aanvaar en almal Jesus as Verlosser aanneem en sy liefde uitleef!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.