ANC kyk na jou pensioen vir ekonomiese herstrukturering

pensioenfondse

(Foto: Westerninvestor.com)

Die ANC wil regulasie 28 van die Wet op Pensioenfondse wysig om “goedkoper toegang tot finansiering vir ontwikkeling” moontlik te maak.

Dit is vervat in die ANC se dokument vir ekonomiese herstel wat Vrydag bekend gemaak is. Die dokument wat deur die ANC se ekonomiese transformasie- komitee bekend gemaak is, bevat ekonomiese ingrypings wat nodig is “om meer werk te skep en versnelde groei en investering in die Suid-Afrikaanse ekonomie te stimuleer”.

Die fokus van die dokument is grotendeels op infrastruktuurontwikkeling en daar word verwys na beleggings in energie, water en sanitasie, paaie, huise, digitale infrastruktuur en openbare vervoer.

Vir werkskepping val die klem op “plaaslik”, met die voorstel dat die gebruik van Suid-Afrikaanse materiale en konstruksiemaatskappye tot die maksimum benut moet word. Daar word aanbeveel dat ʼn infrastruktuurontwikkelingsagentskap in die Presidensie geskep word om beleggings in infrastruktuur, asook die gebruik van openbare-private-vennootskappe, te dryf.

“Terwyl daar gewerk word om fiskale volhoubaarheid te herstel, moet Suid-Afrika makro-ekonomiese beleidsinstrumente instel wat versoenbaar is met die heropbou van ons ekonomie,” voer die party aan en voeg by dat die tesourie, Reserwebank, finansiële ontwikkelingsinstellings en private finansiële instellings almal ʼn rol hier te speel het.

Die mobilisering van finansiering vir verhoogde investering in infrastruktuur en sleutelproduksiesektore sal volgens die dokument ʼn kombinasie van openbare en private hulpbronne verg.

“As deel van hierdie gesamentlike poging moet veranderinge aangebring word aan regulasie 28 van die Wet op Pensioenfondse om goedkoper toegang tot finansiering vir ontwikkeling moontlik te maak.”

Daar word verder ook voorgestel dat die regering grond op alle vlakke beskikbaar moet maak aangesien grond die sleutel is tot die hele “transformasie agenda”. Die party is van mening dat die onteiening van grond moet voortgaan terwyl daar gepoog word om die Grondwet te verander om onteiening sonder vergoeding makliker te maak en dat daar belasting gehef moet word op ongebruikte grond.

Die prosesse om ʼn behoorlik gekapitaliseerde en beheerde Staatsbank daar te stel, moet ook versnel word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Cherokee ·

Waarom dink jy Suid Afrika is nie reeds kommunisties nie?

Vriendelike Frikkie ·

Dit was nog altyd die plan van die vyftigs / sestigs af. Is nou omtrent 85% geïmplementeer.

capie ·

Lees die berig mooi. Die hele proses is vir herverdeling van rykdom na die top regerings amptenare se sakke

Prikkie ·

As ons nie die armes kan ophef nie, dan trek ons maar die “rykes” af tot almal verarm is.

Geen land of mens behoort voortaan in hierdie korrupte land te belê nie!

Kobus ·

Nee Fufu, nie Kommunisme nie, net kommin stupid van die regering

Pieter ·

Bele maar julle staats amptenare se geld in julle bankrot staat in stellings

Elsa ·

Pieter, en waarvan moet die afgetree staatsamptenare leef?
Jy dra seker kennis wat met Transnet amptenare gebeur het….

Lorette ·

Pieter, my man is een van daardie afgetrede staatsamptenare. Waarvan leef ons as ons sy Pensioenfonds verloor? Ons is nie een van “julle” staatsamptenare nie en die gelde is nie apart belê nie, ongelukkig nie.

Grassie ·

Pensioenfondse, en veral die staatsdienspensioenfonds, is van die min finansiële instellings in die land wat nog solvent is, met geld in die bank, Die ANC kan dit nie verduur nie, hulle wil hul taai vingers in daardie geldkassies kry en dit plunder. Dat pensioentrekkers 40 jaar lank elke maand ‘n bydrae tot die fonds gemaak het om ‘n leefbare oudag te verseker skeel hulle nie. Hulle is so gewoond daaraan om te vat wat hulle nie voor gewerk het nie dat hulle geen fout daarmee sien nie. Soms, wanneer ek bid, vra ek my Skepper waarom hy nie ingryp nie, waarom hy toelaat dat ons volk so verguis word, Miskien word my gebede eendag verhoor.

Lorette ·

Grassie, my gebede ook baie maal. Ons leef van my man se pensieonfonds. Waarvan leef ons as ons geld “geneem” word vir ‘n bankrot land?

Vriendelike Frikkie ·

My beskeie opinie is dat ons Skepper nie gaan ingryp voordat ons onsself verootmoedig en ons weë verander het nie. Ons het Hom uit ons lewe uit geban.Regering,skole selfs kerke. Oral is dit net geld, geld, geld. Ons as ‘n volk moet nog deur al die plae gaan voor ons, ons weë gaan verander. Solank as wat “meneregte” die hoogty vier gaan ons gestraf word. Kry jou eie sake met jou Skepper in orde.

Pieter ·

Is mos julle land so bele julle mense se geld in julle land. As ek die woord ANC hoor wil ek op gooi

Althes ·

Ons land is geplunder deur die ANC. Nou wil hul ons geld ook plunder. Maar God is groter as die ANC en sal ons verlos van hul drakoniteit.

Jaco ·

Niks gesê van “uithaal” van wit mense uit die ekonomie nie, maar daar word vanaf inperking begin het, gehamer op hoe wit mense nog te veel die ekonomie beheer. So nou wonder ek maar net, beteken dié dokument se stilswye oor wit mense dat wit mense gaan uitgelos word, of is die stilswye ‘n stilte voor die storm?

MAGRIETHA ·

Hoop nie dit gaan met pension geld soos dit met die R350 storie gegaan het nie skaars beskikbaar toe s da n bedrag in ander bank rekeninge in , en soos met ander gelde ook nie ai om aan pensioen geld te vat id baie gevaarlik

Annette ·

Gaan hulle vorentoe toelaes uitdeel vir dié wie se pensioene hulle nou wil plunder? Hulle verwoes alles waar hul hande aan raak.

marius ·

Hulle sal nie by die staat begin nie , want dan word hulle soos vliee afgemaai .

Jackie ·

Stem beslis nie saam met hierdie ANC ‘slim’ plan nie, maar moenie vergeet dat die ou NP regering dieselfde gedoen het nie.

Dirk Mostert ·

Die ou (met klem op OU) NP het infrastruktuur geskep en instansies soos Escom en Krygkor was solvent voor die nuwe NP (de Klerk) die land oorgegee het.

Jan ·

Hulle kan nie eers met hulle eie pay werk nie . Hoe dan nog met ander se pensioen. Skelms

JJ ·

En op die kort en medium termyn gaan dit lei tot amptenare watt bedank en hul pensioene gaan onttrek, as maatreel om hulself teen vergrype van staat te beskerm. Op die lang termyn beteken dit die verlies van institusionele geheue . Die engelse woord ” mediocer” is gepas. Dit gaan ‘n intellektuele bankrotskap in die staatdiens veroorsaak.

Boortor ·

Hulle het klaar “gekyk”! Die mense kan maar hulle pensioen geld groet!

Jan ·

As hierdie wetgewing deurgaan kom dit neer op die ergste graad van gewettigde diefstal – diefstal van die swaarverdiende geldjies van ou mense wat geen ander heenkome het nie.

Dirk Mostert ·

Hulle het klaar pensioenarisse se vermoe om vir hulself te sorg geknou met drastiese rentekoers-verlagings.

Dirk Mostert ·

Ten spite van die regime se wanbestuur en gekonkel eet die media steeds die amptelike Covid19-statistiek, 4% inflasiekoers en 75% matriekslaagsyfer vir soetkoek en bied dit as feite aan die publiek.

Flip ·

Hoekom wil die anc penioene vat as hulle dan R35m per dag wegsmyt met kopdoek se wet oor sigaret verkope?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.