ANC-KZN se ‘konsultatiewe’ konferensie ook gekanselleer

Gwede Mantashe (Foto: ANA)

Die ANC se “konsultatiewe konferensie”, wat die naweek ná die KwaZulu-Natalse verkiesingskonferensie sou plaasvind maar via ʼn hofinterdik Vrydagaand opgeskort is, is ook gekanselleer.

Gwede Mantashe, voorsitter van die ANC, het Saterdagoggend by die Universiteit van Zululand bevestig dat dié konferensie ook gekanselleer is. Hy het gesê hy glo Vrydagaand se ontwrigtings was beplan en doelbewus.

Mantashe se aankondiging volg ná ʼn aand van chaos toe afgevaardigdes by die universiteit bymekaargekom en geëis het dat die verkiesingskonferensie moet voortduur, ondanks die interdik. Die afgevaardigdes het geweier dat Mantashe die toespraak namens pres. Cyril Ramaphosa lewer. Ramaphosa is tans in Kanada waar hy die G7-beraad bywoon.

Die ontstoke afgevaardigdes het met hul hande op die tafels geslaan en begin sing toe Mantashe wou praat. Hulle het hom uitgejou terwyl hy sy toespraak probeer lewer het. ʼn Gefrustreerde Mantashe het die afgevaardigdes uitgedaag toe hulle “wat het Zuma gedoen” in isiZulu gesing het, met verwysing na die party wat vroeër vanjaar geëis het dat voormalige pres. Jacob Zuma moet bedank.

“As dit ʼn ANC-vergadering is, sal ek vanaand hier praat. As dit ʼn faksievergadering is, sal ek nie praat nie. Streeksvoorsitters moet met hul afgevaardigdes praat. Ek gaan vanaand hier praat,” het hy Vrydagaand gesê.

Die gehoor het egter slegs reageer op Sihle Zikalala, provinsiale koördineerder van die ANC in KwaZulu-Natal. Hy sal na verwagting nie enige teenstand hê tydens die verkiesingskonferensie nie. Die party is Saterdagoggend agter geslote deure besig met ʼn vergadering waar die kansellasie bespreek word.

Die provinsie sou hierdie naweek sy agtste verkiesingskonferensie hou om ʼn nuwe leierskap aan te wys. ʼn Dringende hofinterdik wat Vrydagaand net ná 18:00 in die hooggeregshof in Pietermaritzburg toegestaan is, het egter tot chaos in die provinsie gelei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

leon ·

Die groot val van die ANC. Nog ‘n bewys dat die ANC maar net ‘n “bevrydingsbeweging” was en wel ‘n gemiddelde een.

Ek voorspel 54% Nasionale steun 2019. Dus verskeie koalisies met EFF of DA.

nee wat ·

jy droom drome leon. zuma gaan binnekort n staatsgereep uitvoer. dan gaan die anc seker 80% meerderheidstem behaal want glo my die meerderheid sal te bang wees bir n ander party te stem

Attie No1 ·

Lekker lag ek nou, toe ek lees hulle sing: “Wat het Zuma dan nou verkeerd gedoen?” Niks, die man is dan n engel. 8 Vrouens 30 Kinders geen noemenswaardige opvoeding nie, dan is hy onskuldig tot enige korrupsie, staatskaping of verkragting wat hy a.g.v. sy lae opvoedingsvlak nie kan verstaan nie. Hel ek hoop hulle probeer hom weer president maak, dit sal skreeusnaaks wees. Hoe slegter dit met die anc gaan hoe beter vir Suid Afrika.

John ·

Vry hy nou na die Afrikaners? Gaan hy belowe om nooit wit grond te vat nie… nooit ooit soos Dingaan… ¿

Lerato ·

Neewat
Met watter weermag of polisie gaan hy n staatsgreep toepas?

ChrisE ·

Die skrif is sedert 1980 al vir die ANC aan die muur. Stelselmatig is hulle afgetakel deur hul eie bestuurslede. Hulle is ook nie eintlik aan bewind nie, alhoewel hulle so wil dink. Hulle het moontlik die politieke mag, maar dit is waar dit eindig. Politiekery onder bevrydingsbewegings gaan oor hoeveel daar geskep kan word. Wat my egter dronks slaan is blankes, Indiërs en sg kleurlinge wat aan die ANC behoort. Lees die mense nie reg nie. Dit is African National Congress, wa eintlik beteken dat indien jy nie ‘n African is nie, gaan jy nêrens in die bende kom nie. Kyk wie beheer/bestuur die bende. Ek sien geen anderskleurige in die leierskorps nie. In elk geval hul dae is getel. Die meeste van die bende se bestuurslede was in elk geval informante/storiedraers van die ou veiligheidsdienste. Dit sal mense verbaas wie dit almal was. Geld wat stom is maak reguit wat krom is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.