ANC laat vaar aansoek in kieshof

ANC-se-vlag-deur-ANA

(Argieffoto: ANA)

Dit is klaarblyklik herwaarts en derwaarts vir die ANC wat nou sy aansoek in die kieshof – waarin hy gevra het dat die Verkiesingskommissie (OVK) gedwing word om die registrasieproses van kandidate te heropen – laat vaar het.

Pule Mabe, ANC-woordvoerder, sê die aansoek is ingedien om die regte van duisende burgers te beskerm wat nie in die komende plaaslike verkiesing vir ʼn kandidaat van hul keuse sou kon stem nie weens die onvermoë van partye om kandidate te registreer.

“As ʼn meerderheidsparty in die regering op nasionale, provinsiale en plaaslike vlak en as leier in die samelewing, het die ANC ʼn verantwoordelikheid om ons veelparty- demokratiese stelsel te beskerm, te versterk en te verdiep. Dit is ʼn stelsel wat een van die grondbeginsels van ons Grondwet is,” sê Mabe.

Die ANC het gevolglik besluit om die aansoek te laat vaar.

Mabe sê die aansoek is aanvanklik ingedien nadat verskeie partye versuim het om al hul kandidate vir die verkiesing te registreer. Dié versuim is toegeskryf aan ʼn kombinasie van faktore, waaronder probleme met die OVK se aanlyn stelsel vir die registrasie van kandidate. Mabe sê weens Covid-19 was daar boonop beperkings op vergaderings waar kandidate verkies moes word.

“Die faktore het voormalige adjunkhoofregter Dikgang Moseneke tot die gevolgtrekking laat kom dat dit nie moontlik sal wees om ʼn vrye en regverdige verkiesing op 27 Oktober te hou nie,” sê hy.

“Hierdie faktore en [Moseneke se] gevolgtrekking, het beteken die OVK het die Konstitusionele Hof genader om die spertyd waarteen die plaaslike verkiesing gehou moet word, te verleng.”

Die ANC wou die mees inklusiewe en deelnemende proses volg om kandidate te identifiseer wat vertroue by mense sou inboesem en hulle met integriteit, toewyding en bevoegdheid sou verteenwoordig om dienslewering te verbeter.

Die regerende party het die afgelope ruk geskarrel nadat hy versuim het om die name van kandidate in byna 100 munisipaliteite voor te lê. Dit kan hom by die stembus suur bekom.

Die ANC se hoop is nou op die Konstitusionele Hof om die verkiesing tot Februarie volgende jaar uit te stel. Die saak is reeds aangehoor en ʼn beslissing word binnekort verwag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Hennie ·

Kom ek raai – ANC gaan die hof beïnvloed om hulle te pas. Demokrasie op sy beste.

Elinette ·

En hul gaan hul sin kry – om die verkiesing uitgestel te kry tot Februarie 2022. Die OVK is in elk geval die ANC se hondjie-aan-‘n-halsbandjie.

jou gewete ·

sal as dit wel in Februarie is die laaste verkiesing in die land wees

Juffrou ·

Lekker. Goed só ANC!
Maar kroek sal jul kroek. Dis mos julle styl.

JohanR ·

Nou weet ons, dat die ANC weet, dat die verkiesing in October gaan uit gestel word. My gooiste ek kan nie wag om te stem nie, en dit sal beslis NIE vir die ANC wees nie!

Kobus ·

Weet die ANC iets wat ons nie weet oor die komende hofsaak nie? Hulle is mos die slagoffer van ‘n stelsel wat nie gwerk het nie,altans nie vir hulle nie.Die ander partye het die afsny datum eerbiedig maar tipies ANC behoort die land en howe aan hulle.Hierdie skielike omdraai laat mens wonder.

RB ·

Ek sou kon skater van die lag vir hierdie grap as dit nie so skokkend was nie! Mens sou verwag dat die leierskap van ‘n groot politieke party ten minste op sò vlak geskool is dat hulle die betekenis van woorde wat hulle nie verstaan nie, kan google.
Hieronder is ‘n hele paar sulke woorde wat kandidate sou moes beskryf.

“Die ANC wou die mees inklusiewe en deelnemende proses volg om kandidate te identifiseer wat vertroue by mense sou inboesem en hulle met integriteit, toewyding en bevoegdheid sou verteenwoordig om dienslewering te verbeter.”

jou gewete ·

was hulle nogal in n skool. ek twyfel, dalk deur venster geloer maar binne, nooit

Jannie van Niekerk ·

Hier is ‘n slang in die gras. Hulle het binne inligting dat die verkiesing uitgestel gaan word.

Zet ·

So daar kom die rede vir uitstel nou!
En ja, hulle sal seker hof ook force om hul sin te kry. Nes Zuma destyds…

Jaco ·

Verkiesing gaan normaalweg op 27 Oktober 2021 plaasvind. Die logika is as volg: as die verkiesing uitgestel word na Februarie 2022 toe, is daar die vlak 4 lockdown TUSSENIN in Desember en Januarie, waartydens ALLE strande weer gesluit word en wit toeristebesighede aan die kus, VERAL in die Wes-Kaap, hulle beste inkomste van die jaar verloor. ‘n Verkiesing ná so ‘n anti-wit, anti-DA lockdown gaan mos nou baie meer stemme vir die DA gee. So wees gerus, ons stem in Oktober 2021. Daarna word die Wes-Kaap met vlak 4 lockdown en toe strande “gestraf”, net omdat meeste kiesers daar DA gestem het.

Adelaide ·

Regte van burgers? Demokratiese stelsel? whahahahahahahahah…..grapgatte!!!!

jou gewete ·

so die hof het klaar besluit daar is nie vekiesing Oktober, hulle sal dit more of Vrydag bekend maak maar die rower bende anc weet dit reeds want hulle is laat weet

Johann ·

Maklik. Hulle weet al LAAAANKAL die verkiesing word uitgestel, en saam met dit alle prosesse. So hulle speel bloot dom en wag vir NOG n kans om die massas agter hulle te laat aan stem vir n Tshirt en n kospakkie en n grant.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.