ANC lê klagtes teen Khoza

Dr. Makhosi Khoza, ANC-LP (Foto: Facebook)

Super Zuma, die ANC se sekretaris in KwaZulu-Natal, het Woensdag gesê Makhosi Khoza, die ANC-LP wat openlik die partyleier pres. Jacob Zuma versoek het om te bedank, is nou aangekla en daar sal nie enige verdere openbare gesprekke oor die saak wees nie.

Khoza is Dinsdag amptelik aangekla en die ANC-woordvoerder in die provinsie, Mdumiseni Ntuli, het bevestig hy het die klagstaat ontvang.

Die klagstaat het na bewering 11 aanklagte insluitend dat Khoza die ANC se naam skade berokken het. Sy sal na verwagting op die klagstaat reageer voordat sy voor ʼn dissiplinêre verhoor verskyn.

“Sy het toestemming om verteenwoordiging te hê by die verhoor, verkieslik deur nog ʼn ANC-lid,” het Ntuli aan ANA gesê. Hy het gesê dit is nie die ANC se beleid om die klagstaat publiek te maak nie. “Ons het nou die openbare gesprek oor die saka gesluit.”

Khoza het die afgelope paar weke al hoe meer openhartig oor die ANC se “blinde lojaliteit” teenoor pres. Zuma. Die ANC-LP het aangedui sy sal stem dat Zuma verwyder moet word indien die parlement ʼn geheime stemming sou hou tydens die mosie van wantroue.

Die stemmery vind op 8 Augustus plaas. Speaker Baleka Mbete het nog nie aangedui of die stemmery in die geheim sal plaasvind of nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Cas ·

“Benoude katte, maak benoude spronge”. Dit geld vir almal in die ANC wat nou begin terug krabbel en sommige tot hulle sinne kom. Waar was hulle toe hulle moes opstaan teen die rampokkery?

Ek het slegte nuus vir hulle “to little to late” Die land is in chaos gedompel, terwyl hulle geweet het waarheen ons oppad is. Hulle het almal vir die ANC gestem, Dit maak hulle skuldig net soos die president en sy gevolg. Om jouself nou op die altaar te plaas gaan niks aan die moeilikheid maak wat vir ons voorle nie. Ryk en arm.

Cas ·

Ek wou nog se ” wat in die donker en toe deure gese is sal van die dakke af verkondig word “

marlene ·

Hierdie is ‘n vrou met integriteit wat nie skroom om op te staan teen die korrupsie nie! Ons moet haar ondersteun, en by haar staan. Sy het die moed van ‘n leeu!
Viva Dr Khoza!!!!??????

Charl ·

God sal geregtigheid laat seevier. Ek spreek enige negatiwiteit af in Jesus Christus Naam! God is in beheer en is reeds in môre. Psal 91

Ouma ·

Sy word ondersoek omdat sy nie blind vir die waarheid is nie, en ook nie daaroor wil stil bly nie. Dis mos hoe dit in SA werk. Jy moet lieg dan word jy betaal en met vakansies geneem. Wee die een wat die waarheid praat….. hûlle lewens word bedreig.

Uvonka ·

Ek hoop sy hou by haar standpunt en dat sy nie sal toelaat dat enige intimidasie haar onderkry nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.