ANC-lede veg terug teen anti-korrupsiemaatreëls

ANC-se-vlag-deur-ANA

Foto: ANA

Verskeie hooggeplaaste openbare verteenwoordigers van die ANC veg verbete terug teen die nuwe terugstaanreël vir lede van die regerende party wat in die hof tereg staan op kriminele klagte.

‘n Nuwe refrein klink naamlik uit die geledere van die aangeklaagdes op, naamlik dat hulle eers sal terugstaan uit hul poste wanneer hulle ‘n opdrag per brief ontvang van die sekretaris-generaal van die ANC, Ace Magashule, om so te doen.

In politieke kringe word aangevoer dit kan lank duur – indien dit ooit hoegenaamd gebeur – dat so ‘n brief van Magashule ontvang word, veral aangesien Magashule na alle verwagtinge self aangekla gaan word, en dan een aan homself sal moet skryf…

Die hoofsweep van die ANC, Pemmy Majodina, het in reaksie gesê die nasionale uitvoerende komitee (NUK) van die ANC sal oor die komende naweek uitsluitsel gee oor hoe die terugstaanreël in praktyk toegepas sal word.

Twee van die berugte politici wat weier om terug te staan, is oudminjister Bongani Bongo, wat tans op borgtog uit is in die Kaapstad-streekhof, waar hy kniediep in die pekel is op klagte dat hy die aanklaer in die parlement se Eskom-ondersoek probeer omkoop het, en ‘n stadsraadslid van Noordwes se hoofstad, Mahikeng, wat aangekla is daarvan dat hy ‘n mederaadslid van die ANC in die stadsraad se raadsaal aangerand het.

In ‘n afsonderlike wending het ‘n dokter van Komani (Queenstown) in die Oos-Kaap probeer om die leier van die ANC in die Nelson Mandelabaai-streek, Andile Lungisa, met ‘n mediese nota uit die tronk te hou. Lungisa is skuldig bevind op aanklag van aanranding nadat hy tydens ‘n sitting van die stadsraad ‘n groot glasbeker op die kop van raadslid Rayno Kayser van die DA stukkend geslaan het. Dr. Kholekile Shasha het beweer mens raak soms so kwaad dat jy onwillekeurig gryp na die naaste voorwerp (byvoorbeeld ‘n glasbeker) en dan, ewe onwillekeurig, begin slaan en slaan en slaan. Omdat dit dan nou so onwillekeurig is, is jy medies ontoerekeningsvatbaar en kan jy mos nie, byvoorbeeld, tronk toe gaan nie.

Die Oos-Kaapse Mediese Vereniging het Shasha se mening egter afgekeur, en Lungisa dien nou twee jaar tronkstraf uit in die Noordeinde-gevangenis in Port Elizabeth.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Johann ·

Nie noodwendig ‘n verasing nie? Die kaders sorg so goed vir mekaar as wat hulle vir hul self sorg. Me Myself and I.

Persheks Adri ·

Ag asseblief! Ace van alle mense. Geweet hulle gaan iets probeer om daai kader uit tronk te kry! Hulle cover eenvoudig net vir mekaar so niks gaan gebeur nie eish!

Waar is Cyril dan?

Nie Verbaas ·

ANC, besef julle watse hopelose beeld julle aan die wereld ten toon stel? Julle is niks anders as n onbeholpe grap nie. Die kaders lag die president af?

Kobus ·

Wolf is nou skaapwagter.Ace moet besluite neem? Kans dat ek swanger kan raak is groter

groenboer ·

Ja, vertrou ANC-kaders om te kla oor maatreëls wat hul party se reputasie sal verbeter en dus meer stemme sal werf. Dalk moet ons nie te veel kla nie. Dit het duidelik begin word dat die spul nooit by die stembus verslaan sou kon word nie, maar nou pleeg hulle massa-selfmoord. ‘n Woord van dank aan Kameraad Eisj Magashule.

Sarel ·

1. Advies heel moontlik deur Magashule voorsien. Van wanneer af het hy meer mag as die Parlement.
2.Magashule aankla van korrupsie….. asseblief dit gaan nie gebeur nie

Snowball ·

Hoe kies jy nou watter kader se vuil wasgoed in die openbaar gewas moet word as àl die kaders ‘n wasgoedmandjie vol geraamtes het?

Scalla ·

Nice try dr Sasha, raadpleeg die tokoloshi volgende keer, Ace moet self aangekla word.

Hendrik ·

Dit is ‘n ope vraag aan ons president, Mnr. Cyril Ramaphosa:
Geagte President 3 vrae aan u:
1. Het die ANC jou ook gekaap, dat jy nie die vermoe het as staatshoof om dinge te implimenteer nie?
2. Het u Mnr die President die vermoe om dinge deur te voer?
3. Is u eie parliment gekaap dat u geen samewerking kry nie?
Wat gaan u doen om dinge reg te stel? As u nie kan nie, dan stel ek dit aan u:
U HET BEHEER VERLOOR!!! Roep ‘n verkiesing uit nou, want u is nie bevoeg om as president te dien nie.

JohanR ·

Nee man ons skep te lekker. Hoe kan julle dit nou wil stopsit? Dit is hoekom die Wes-Kaap ANC soe graag weer die Wes-Kaap kan regeer….hulle kan nie skep nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.