ANC-leier aangekla: Naam bekend gemaak

Die ANC in die Wes-Kaap se leierskorps. Marius Fransman in die middel met bruin baadjie. Foto: ANA

Die ANC in die Wes-Kaap se leierskorps. Marius Fransman in die middel met bruin baadjie. Foto: ANA

Die ANC het Vrydag bevestig dat ʼn klag teen een van sy senior leiers aanhangig gemaak is.

Yonela Diko, die ANC se woordvoerder in die Wes-Kaap, het bevestig dat daar ‘n klag van seksuele teistering teen Marius Fransman, Wes-Kaapse ANC-leier, aanhangig gemaak is.

Diko het gesê die saak is in Rustenburg ingedien waar Fransman deel is van die ANC se 104de verjaardagvieringe. Volgens Diko het hy nie in die stadium enige verdere besonderhede oor die beweerde voorval nie.

Kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het bevestig ‘n saak is aanhangig gemaak en word ondersoek. Hy het gesê niemand is nog in hegtenis geneem nie, maar kon geen verdere besonderhede bekend maak nie.

Zizi Kodwa, die ANC se nasionale woordvoerder, het ook gesê hulle is bewus van die saak. “Ons herbevestig die ANC se geslagsbeleid rakende respek vir vroueregte”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Marius ·

Die naam van ANC-leiers met rekords en aantuigings teen hulle – word sodoende hoog gehou… Net soos die Rand teen die Dollar en die wanvertroue in die leierskap…

Manie ·

So val die Kaders! As jy ‘n gat grawe vir ‘n ander ou kan jy maklik daarin val.
Siestog seker weer Apartheid se skuld!
Of dalk Rassisme! !

Ingrid ·

Net uiters pateties en Dom. Sodra jul die eerste ding weg vee dan spring nog iets op. ANC admit net dat julle nie reg is om n land te regeer nie, julle gaan aan soos n klomp spoiled brats.

PJ ·

Jan van Riebeeck se skuld Fransman kom hoeka van die Kaap seker net bietjie wyn gevat

André ·

Marius jy is mos so lief vir kritiseer en verdag maak. Ek dink die pers en sosiale media gaan jou bietjie karnuffel en ek vermoed die DA gaan jou ook nie spaar nie.

DPJ ·

Slim plan om aandag af te trek van veel belangrike sake wat skort!

Verstom ·

DPJ jy is reg hierdie storie kom op ‘n stadium wat dit aandag aftrek van belangriker dinge, en Fransman ‘n geskikte kandidaat wat op tone getrap het. As mense regtig geweet het wat aangaan daarbuite sou julle dit nie glo nie, die werklikheid is ‘n mengsel van verraad, hoogverraad, korrupsie, bedrog, moord, selfverryking, ens, en tussenin die wat probeer, selfs in die ANC is daar die wat keer dat ons nie oor die afgrond gaan nie, met hulle uit die weg net ‘n kwessie van tyd. Iets wat mense gedinkgedink het net in ‘n goeie spioenasie riller voorkom.

Flippie ·

Hy sal niks oor kom nie.

Wys jou water tipe ouens leiers van die ANC is.

Kaspaas ·

Ehrenreich sal maar moet oorneem nou van Fransman. Hy kan nie verder Fransman se toutjies trek nie almal weet Ehrenreich wil eintlik die ANC leier wees

Deon Bruyns ·

Ek kan nie glo dat julle so naief is om eties-en moreel-korrekte optrede en besluite van politici te verwag nie.
V: Hoe kan jy sien wanneer ‘n politikus lieg?
A: Sy lippe brweeg.
Dus, as ons wag vir die staat, polisie & howe om probleme in ons samelewing op te los, gaan ons laaank wag.
In die “townships” word rowers, verkragters & moordenaars deur die “kangaroo courts” reggesien.
Dis tyd dat ons beheer oor ons gemeenskappe oorneem & opneem!

Gerhardt ·

Marius Fransman, nou daar is vir jou ‘n identiteitskrisis. ‘n Fransman is ‘n tronvoël wat so genoem word deur die tronbendeds. Waar Marius vandaan kom is seker Jan van Riebeeck se skuld. Kry vir jou ou perd.

arie plaasboer ·

`n Stukkie raad aan Fransman.

As jy ander wil kritiseer, soos jy met die Wes-kaapse vrugteboere wil maak, moet jy sorg dat jyself “squeaky clean’ is in jou optrede.

Neem gerus kennis en bou jou toekoms daarop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.