ANC-leiers besluit dalk oor Zuma se lot

Pres. Jacob Zuma. Foto: Kopano Tlape/GCIS

Pres. Jacob Zuma se toekoms sal moontlik Sondag bepaal word wanneer die ANC se topsesleiers met hom sal vergader ná die party se nasionale werkskomitee (NWK) besluit het dat hy moet uittree.

Die leiers het Saterdag en Sondag met tradisionele leiers in Limpopo vergader. Die NWK het verlede maand ʼn mandaat aan die topses gegee om Zuma aan te sê om te bedank, verkieslik nog voor die staatsrede wat Donderdag plaasvind.

Talle meen die feit dat Zuma nog in die Uniegebou sit, sal nadelig wees vir die party voor die 2019-verkiesing. Dit wil egter voorkom of daar nie ooreenstemming is binne die topses nie, aangesien ANC-sekretaris-generaal Ace Magashule, ʼn vurige Zuma-ondersteuner, Saterdag aan eNCA gesê het Zuma sal wel die staatsrede lewer. Tesourier-generaal Paul Mashatile hou egter vol dat Zuma moet uittree.

Zuma het verlede week dokumente ingehandig om die Nasionale Vervolgingsgesag te ontmoedig om weer dekades oue korrupsieklagtes teen hom aanhangig te maak.

Versoeke dat Zuma moet bedank het die afgelope paar weke toegeneem en opposisiepartye het Baleka Mbete, speaker van die nasionale vergadering, versoek om nóg ʼn mosie van wantroue te skeduleer teen Zuma. Mbete het die debat, soos versoek deur die EFF, vir 22 Februarie geskeduleer, kort ná die staatsrede. Die DA was nie suksesvol in sy aansoek om die staatsrede uit te stel nie.

Opposisiepartye hou vol dat Zuma nie die staatsrede moet lewer nie, en oorweeg glo opsies om Donderdag se geleentheid te boikot.

Zuma het verlede jaar tydens sy 75ste verjaarsdagvieringe in Soweto aan ondersteuners gesê hy sal bedank as die ANC hom vra om dit te doen. Dis egter teenstrydig met mediaberigte dat Zuma van voornemens is om aan bewind te bly en die staatsrede te lewer, ondanks pleidooie van binne die party dat hy dadelik moet bedank.

Khusela Diko, woordvoerder vir die ANC, wou nie die noodsaaklike vergadering van Sondag bevestig of ontken nie. “Gee asseblief die ANC ruimte … As daar so vergadering is, dan sal die media in kennis gestel word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Proefvlug ·

Enige iemand wat nie dink …. good riddens… kort n bril en nuwe perspektief

LHS ·

Dit is mos nie vir hom om te besluit nie, sy partye kan hom doodeenvoudig verplig om sy tassies te pak. Wonder net of al die ander korrupte maatjies en familielede ook vervolg sal word, dit mag dalk beteken dat ons n totale nuwe ANC in die parlement mag sien.

Kobus ·

Soos in my vorige kommentaar by n ander berig…Ramaphosa het..óf nie die polieke wil…óf Zuma het n troef soos met al sy meelopers…hoe langer gewag word om van hom ontslae te raak…hoe duurder prys gaan SA betaal…met sy doel om steeds die Staatsrede te wil lewer…gaan hy weer n bom los soos met die ANC konferensie in Desember verlede jaar…dan gaan die pap uit die pot neuk…Ramaphosa en sy NUK se planne deurmekaar krap met n gefladder in die duiwehok…die wantroue mosie van 22 Februarie is met besliste oorleg toegestaan…agter die skerms word daar verwoed deur Zuma en sy meelopers planne gesmee…óf dit n geheime stemming is… óf nie…hoe langer dit neem om hom die pad te gee…hoe groter is sy kans om weer te oorleef met n meerderheid…

Kobus ·

Ek was in gesprek met stoere ANC kragmanne in Noordwes en ook Ramaphosa ondersteuners…hul diep bekommerd dat daar nie n konstruktiewe plan is om van Zuma ontslae te raak…daar steeds faksies wat onderling baklei…ons weet almal wat die redes is …die skaal was n week gelede toe Ramaphosa in Davos was…sterk in sy guns…maar het teen Vrydag begin oorhel na die anderkant…harde werk le voor vandag as hul Zuma tot oorgawe wil bring…hy kry weer krag van sy geslepe trawante…

jaco ·

lekker om nou van hom te probeer ontslae te raak nadat hulle almal vir jare saam met hom ingecash het uit korrupsie en staatskaping.

Antie ·

En hy moet gaan sonder enige voordele van pensioen ens. Hy het klaar alles gemelk

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.