‘ANC-leiers betrokke by VBS-skandaal moet bedank’

Die ANC se Integriteitskommissie het aanbeveel dat alle partylede en leiers wat geïmpliseer word by die verbrokkeling van die VBS Mutual Bank, moet uittree uit hul leierskapsposisies en hulle van partybedrywighede distansieer.

Die kommissie het oor die naweek vergader om die verdoemdende verslag van die SA Reserwebank te bespreek. In dié verslag word name van ANC-leiers genoem wat glo deel was van 50 individue en entiteite wat byna R2 miljard by dié bank geplunder het.

“Dit is aan die Nasionale Integriteitskommissie gesê dat die lede deur die ANC se sekretaris-generaal se kantoor aangeraai is om die kommissie te nader in ooreenstemming met die besluit van die 54ste nasionale konferensie dat elke kader wat beskuldig word van, of na bewering betrokke was by, korrupte aktiwiteite, onmiddellik aan die Integriteitskommissie rekenskap moet gee of deur dissiplinêre stappe in die gesig gestaar sal word,” het George Mashamba, kommissievoorsitter, gesê.

“Tot dusver het hulle dit nie gedoen nie. Nadat die saak oorweeg is, is die kommissie van mening dat die aansien en geloofwaardigheid van die ANC ernstige skade aangedoen is.

“Om die integriteit en aansien van die ANC te beskerm, beveel die kommissie by die Nasionale Uitvoerende Komitee (NUK) aan dat hierdie lede opdrag gegee moet word om uit alle leierskapposisies te tree en afstand te doen van die bedrywighede van die ANC.”

ANC-geleide munisipaliteite in Limpopo, Noordwes en Gauteng het onwettig ʼn gesamentlike R1,5 miljard by die bank gedeponeer. Politici het omkoopgeld van uitvoerende hoofde van die bank ontvang in ruil daarvoor om in te stem dat openbare fondse by VBS deponeer word.

ANC-lede in Limpopo wat by die bewerings betrek word, sluit in Florence Radzilani, adjunkvoorsitter en Vhembe-burgemeester, Danny Masiza, tesourier, en Kabelo Matsepe, voormalige leier van die ANC-jeugliga.

Die Sunday Times het die afgelope naweek berig dat die ANC in 2016 R2 miljoen van die VBS-buit ontvang het.

Dié koerant het verdoemende WhatsApp-boodskappe tussen VBS-bestuurders gepubliseer waarin  ʼn versoek bespreek word van die destydse ANC-tesourier, Zweli Mkhize, wat die bank gevra het om R2 miljoen aan die ANC te skenk in ruil daarvoor dat die bank deposito’s van munisipaliteite ontvang.

Mkhize, nou die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, het ontken dat hy onderneem het om munisipale deposito’s vir VBS te fasiliteer.

Die “Great Bank Heist”-verslag deur adv. Terry Motau het bevind daar was “grootskaalse plundering van geld wat as deposito aan VBS betaal is”. Die geld wat geplunder is, het kliënte se lewenslange spaargeld en inbetalings, en miljoene rande wat deur munisipaliteite inbetaal is, ingesluit, hoewel die Wet op die Bestuur van Openbare Fondse die inbetaling van openbare fondse in ʼn onderlinge bank verbied.

Volgens dié verslag is die inbetalings in ruil vir omkoopgeld gedoen.

Die SA Reserwebank het VBS in Maart onder kuratorskap geplaas nadat bevind is dat die bank deur ʼn likiditeitskrisis in die gesig gestaar word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Bekkie ·

Dit gaan my verstand te bowe dat die korruptes nie tronk toe gaan nie.
As jy bedrog gepleeg het en jy word gevang is dit nie hoe dit moet werk nie?
Geen worder die tronke is vol en die Kerke is leeg nie.
Genade……. SA is korrup verby

Basjan ·

Bekkie, ek stem 100% saam met jou. As iemand skuldig is aan bedrog, moet hulle boet. Wanneer dit in hierdie geval gaan gebeur, is ‘n raaisel.

Hoe nou....... ·

Nee jong – jy word net na ander pos geskuif totdat jy daar aanjaag en so skuif hulle jou rond en rond en uiteindelik is jy terug waar jy begin het……praat van musical chairs!

Hoe nou....... ·

Net n kwessie van tyd voordat iemand weer aprtheid blameer vir die gemors. Hulle is in afwaartse spiraal en weet nie hoe om daar uit te kom nie maar vra ook nie vir hulp van mense wat hulle kan help nie – leen eerder geld by China as wat hulle bekwame wit mense in die posisies sit om net weereens die gemors uit te sorteer wat hulle veroorsaak het.

waarheid ·

Het niks ander van die lot verwag nie – en ramapaddapot doen niks.
Die linkes dra seker nou oogklappe – hulle wil nie daarvan weet nie.

waarheid ·

Het niks anders van die lot verwag nie – en ramapaddapot doen niks.
Die linkes dra seker nou oogklappe – hulle wil nie daarvan weet nie.
Diep vrot en korrup tot op die been.
Hoop die Buitelandse koerante neem ook kennis hiervan.

Jan ·

Alle ANC lede moet bedank almal van hulle was by korrupsie betrokke of het dasrvan geweet.

Willie ·

Rampaddapot is meer bekommerd oor stemme as integriteit… hy moet nou skoon maak en die regte ding doen… maar hy sal heel waarskynlik nie… dis sy makkers en hulle het n ANC band..

Fryingfrog ·

Die ANC moet verban word. Die skade wat hierdie politieke bende aan ons land aangerig het, is onverskoonbaar. Weg met hulle!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.