ANC-leiers in Noordwes aangestel

Die ANC het Job Mokgoro (links) as die premier van Noordwes behou en Basetsana Sussana Dantjie as speaker (Foto: ANA)

Die ANC in Noordwes het sy leiers in die provinsiale wetgewer aangestel, het die party Dinsdag bekendgemaak.

Die party het Dinsdag tydens ʼn spesiale koukusvergadering in Mahikeng besluit om Paul Sebego, provinsiale voorsitter van die burgerlike organisasie Sanco, as die nuwe hoofsweep aangestel. Hy vervang Raymond Elisha. Viola Motsumi vervang Jane Manganye as adjunkspeaker. Basetsana Sussana Dantjie bly in haar amp as speaker.

Die nasionale uitvoerende komitee van die party het Maandag aangekondig dat hy Job Mokgoro ook in sy amp as die provinsiale premier behou.

Die eerste sitting van die Noordwes-wetgewer vind Woensdag plaas. Regterpresident Monica Leeu van die Noordwes-hooggeregshof sal die LP’s beëdig. Die nominasie en verkiesing van die speaker, adjunkspeaker, hoofsweep en premier sal daarna volg.

Die huis sal ook die permanente afgevaardigdes aan die Nasionale Raad van Provinsies aanwys en vir ʼn nuwe voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies stem.

Die opposisie, die DA, het die ANC se voorstel van Mokgoro as premierskandidaat van die hand gewys. Die party voer aan hy is nie die regte man vir die amp nie. Joe McGluwa, provinsiale leier van die DA, het gesê Mokgoro is nie bo verdenking nie en sal nie die belange van die mense in Noordwes dien nie. Volgens hom het niks in die provinsie verander sedert Mokgoro die leisels by die voormalige premier Supra Mahumapelo oorgeneem het nie. “Ons het van die begin af gesê Mokgoro sal die kultuur van korrupsie moet uitroei, wat algemeen en aanvaarbaar geword het op alle vlakke van regering in Noordwes en dit ondermyn pogings om die provinsie te bou.”

Mokgoro het in Junie 2018 by Mahumapelo oorgeneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Dries du Toit ·

En hopelik is die korrupsie uitgeroei. Die onluste is nou minder ja. Of kan dit wees dat die ontvangers van die tenders nou van hande verwissel het.

Iens ·

Veral met mevrou in blou… so mensliewende, vreugdevolle gesig! ?

Creon ·

Daar is skynbaar nie n tekort aan eetgoedjies by die vergaderings nie.

Andrea van Vuren ·

Rome brand terwyl die keiser viool (harp?) speeel. Die Loftus inhuldiging lê nog voor. Mense, daar gaan gevreet word!

humor ·

Lens ek lei af jy wil se sy het n lensvervanging. Wil mos se dit is al oog wat spreek van menslewenheid en vreudevolheid

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.