ANC leierskap in KZN moet ontbind

ANC-se-vlag-deur-ANA

Die ANC se vlag. Foto: ANA.

ʼn Uitvoeringsbevel is Vrydag in die hooggeregshof in Pietermaritzburg aan die ANC KwaZulu-Natal se “rebelle”-hofsaak toegestaan wat beteken die party se provinsiale leierskap moet ontbind.

Die 27 lede van die provinsiale uitvoerende komitee (PUK) wat die party se nasionale verkiesingskonferensie sal bywoon wat môre in Johannesburg begin, sal dit nou as tak-afgevaardigdes bywoon en nie as PUK-lede nie.

Ontevrede ANC-lede in die provinsie het die uitslae van die ANC se provinsiale konferensie in 2015 in die hof beveg en gewen. Die hof het wel aan die party verlof toegestaan om te appelleer teen ʼn hofuitspraak in September waarin beslis is dat die 2015 provinsiale konferensie nietig verklaar is.

Dit was by hierdie konferensie waar die huidige provinsiale voorsitter, Sihle Zikalala, vir Senzo Mchunu ontsetel het. Mchunu is ʼn paar maande later as premier afgedank.

Hoewel daar teen die uitspraak geappelleer word, staan die hof se beslissing dat die PUK steeds moet ontbind.

Ongeveer ʼn uur voordat die uitspraak gelewer is, het Gwede Mantashe, die ANC se sekretaris-generaal, gesê die party wag op “behoorlike kommunikasie” oor die KZN-beslissing. “Indien die PUK nietig verklaar word, sal dit slegs ʼn impak op die PUK-lede hê, nie op die afgevaardigdes nie,” het hy tydens ʼn mediakonferensie gesê.

KwaZulu-Natal het sy gewig agter Nkosazana Dlamini-Zuma gegooi om die leisels by pres. Jacob Zuma as die party se president oor te neem, terwyl die “rebelle” hulle by adj.pres. Cyril Ramaphosa skaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Eish ·

Vrystaaaaatse Aaaensee vergaderings ook onwettig verklaar. Hul mag egter steeds konferensie bywoon. Genade tog. Wat n onwettige spul.

kobus ·

Eish, die uitspraak se dat die konferensie van 10_11 Desember 2017 onwettig is en ook dat alle besluite en reolusies van die vergadering onwettig is. DUS: die verkiesing van die puk en die verkiesing van die 27 afgevaardigdes van die puk is onwettig. Dit beteken dat die puk en die takke wat onwettige tak vergaderings gehou het, uitgesluit word van komende naweek se vergadering. Die takke wat wettige tak vergaderings gehou het mag wel bywoon.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.