ANC-lekgotla: Meer ingryping in sleutelbedrywe

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Die pas afgelope ANC-lekgotla het besluit op verreikende ingrypingspogings wat die regerende party hoop die land uit een van die ergste ekonomiese tydperke nóg kan help.

Pres. Cyril Ramaphosa het na afloop van die vergadering ʼn hele aantal planne bekend gemaak. Dit sluit in: die mag om die staat toe te laat om grond sonder vergoeding te onteien moet by die uitvoerende gesag berus; ʼn versterking van swart ekonomiese bemagtigingsbeleid (SEB); dat die staat die private sektor moet inspan om ondernemings in swart besit te gebruik om goedere te bekom; en dat daar verdere ingryping in sleutelbedrywe moet wees.

“Ons was baie openhartig oor die opdraande stryd waardeur ons land in die gesig gestaar word en ons het ons tekortkominge erken, veral wat betref die implementering van beleid. Ons het ook praktiese maatreëls saamgestel om dié tekortkominge te takel,” het Ramaphosa gesê.

“Alle kommissies [by die lekgotla] het voorstelle gemaak oor kwessies wat insluit die bemagtiging van vroue en jong mense, asook sake soos klimaatsverandering en die sosio-ekonomiese uitwerking van migrasie.

“Ons het ooreengekom dat werk geskep moet word en inklusiewe groei op ʼn hele aantal gebiede weer aan die gang gekry moet word. Dit moet gedoen vir ter verbetering van die ekonomiese welstand van die land,” het Ramaphosa gesê.

Volgens die president moet SEB-beleid versterk word wat betref die “besit en beheer van bates in ons ekonomie”.

“Ons het besluit dat staatsverkryging en verkrygingsprosesse vir staatsbeheerde ondernemings versterk moet word en dat ons verkryging uit die private sektor ʼn hupstoot moet gee deur gebruik te maak van plaaslike ondernemings, township- en plattelandse ondernemings, asook swart nyweraars.”

Hy het gesê die sogenaamde ontbondeling van die Wysigingswet op die Ontwikkeling van Minerale Hulpbronne wat in Desember verlede vir openbare kommentaar beskikbaar gestel is, gaan beleidsekerheid in die mynbedryf tot gevolg hê en ook help met die ontwikkeling van wetgewing vir die petroleumbedryf.

Ramaphosa het gesê die land benodig nuwe groei in bedrywe soos hernieubare krag, die kreatiewe omgewing, lugvaart en die vierde nywerheidsrevolusie.

Volgens hom gaan die staat voort om die land se vervaardigingsbedryf te steun en gaan daar gekyk word na maniere om swart boere te finansier.

Die ANC gaan ook vra dat diegene wat belasting vermy, vasgevat word.

Ramaphosa het gesê die lekgotla was nie beïndruk met diegene wat hulself as sakegroepe of -forums beskryf en dan dreig met geweld om private en openbare infrastruktuurprojekte te stop en ʼn aandeel daarin te eis nie.

“Dit kan nie verder toegelaat word nie en ons gaan streng optree om te verseker dit word gestuit.”

Ramaphosa het gesê die verslapping van visumbepalings vir toeriste en geskoolde werkers moet bespoedig word.

Oor grondhervorming het die president gesê daar is ooreengekom dat die ANC meer moet doen om sy posisie oor die wysiging van art. 25 van die Grondwet gewilder te maak en om die omstandighede waaronder onteiening sonder vergoeding kan plaasvind, beter te verduidelik.

Die lekgotla het ʼn verslag van die proses wat aan die gang is om art. 25 te wysig ontvang en lede is gevra om die aanbevelings daarin te steun. Dit sê onder meer dat die mag om die kwantum grond vir onteiening te bepaal by die uitvoerende gesag berus en dat die wysiging dit só moet stel.

Ramaphosa het gesê grondhervorming moet bydra tot die land se ekonomiese herstel. Sommige kwessies waarop gefokus gaan word, is ruimtelike ongelykheid. Stedelike grond wat ontwikkel kan word, veral vir laekostebehuising, moet ook geprioritiseer word, het Ramaphosa gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

Pensioenaris ·

Praat, praat en nogmaals ‘n gepraat maar wanneer word daar iets GEDOEN? Nee mnr President dis tyd dat jy wys of jy tot enigiets in staat is e n of jy ook maar net ‘n prater is wat ons land nair geld kos – waarvan ook nie meer veel oor is nie.

Ek sekondeer ·

Elke taalpuris spoel hulle monde uit sodra daar woorde uit Engels geleen word (anglisismes), maar om van ander tale te leen is aanvaarbaar sonder kommentaar. Stem saam, beraad is baie mooier as lekgotla; minder keelskoonmaak.

Eugene ·

Die ANC is goed met planne daarvan getuig 25 jaar van leë beloftes. SEB en korrupsie het alle staats entiteite op hul knieë maar daarop moet voortgebou word. Die klokkie het nog nie gelui nie !

Dr Phil ·

Ja, Oom Sirr, jy sal nog so sit en groot drome droom oor polulere, linksgesinde sosialistiese twak soos sg. klimaatsverandering, dan sal jy wakker word en besef dat jy eintlik leierskap aan die dag moet le en ongewilde besluite moet neem om die land te red.
En terwyl jy dan wakker is, kyk sommer gou hoe dit in plekke soos Zim en Venezuela gaan en hoe fantasies hulle sosialistiese beleid uitgedraai het.

Leon ·

SEB is wat hierdie land in die afgrond in gery het. So hulle wil die land vêrder in dei afgrond in ry.

Meerkat ·

Doe president moet ook meer aandag gee aan ons misdaad in ons land en strenger optree teen misdaad hy kosentreer net op grond wat van ons boere waar dot so droog daar word niks genoem van droogte hulp nie grond onteiening gaan nie ons land red nie hoe dink die president

Danie ·

Al wat daar gese is , is dat hulle niks gaan doen en alles gaan net so bly en slegter word , hulle wil dat ons teruggaan na bestaansboerdery en nie niks vir die land , hierdie toespraak is slegs om stemme te koop met beloftes wat leeg is

Gemaskerde Sopbeen ·

En AL hierdie punte staan duidelik uitgespel in die ANC se Vryheidsmanifes………..terwyl hulle ons bamboozle met “die grondwet”. Gaan lees eers die ANC se Vryheidsmanifes…..en verduidelik dan “land hunger”….

Rem aanslaan ·

En so word daar weer net gepraat .SEB so ons klein blanke maatskapye word weer agtertoe gedruk so assof ons nie deel is van ekonomie nie.

Werner ·

Behalwe as dit by belasting betaal kom dan is ons al wat betaal

AndrewL ·

SEB is waarom die land al nader aan Zim beweeg, nou moet dit net vinniger en beter ondergaan.

Hans ·

Zim se ekonomie vergelyk soos ‘n eerste wêreld ekonomie teen oor die van Haiti

Domvraag ·

Hierdie is niks anders as om meer beheer oor alles te kry. Hulle besef nog nie dat alles waaroor hulle oor beheer het tot nou toe nog net gefaal het, dink aan Eskom, Denel, SAL, munisipaliteite, onderwys ens. Deur meer beheer gaan korrupsie net toeneem, die ekonomie verder verswak, rommelstatus toeneem, minder werk ens ens ens.
Dis duidelik dat hulle dit nie kan besef nie en ploeter voort met die beleid.

Magda ·

Praat – julle kan dit NIE eers REG doen nie – Verwyder almal wat daar enige bewyse van korrupsie is – en die ANC het 2% oor van hulle mense. Julle is net PATETIES EN KORRUP. GAAN WEG EN BLY WEG ASB.

Anoniem ·

Dit wat hulle aanspreek om as oplossing te dien is die rede vir dienagteruitgaan van die ekonomie. Dit is soos om n hond te skop en dan te sê ons het bymekaar gekom om ingrypende veranderinge mee te bring om ons te help om nie die hond te skop nie, ons voorstel is dat ons moet versterk in die manier hoe ons die hond te skop…. SEB mr Rhamaposa os juis die rede vir migrasie, al die kundigheid trek uit en die 20% slaag syfer gaan sorg vir verdere korrupsie en diefstal ens ens so julle beleid het geval nog voor dit in plek gesit is…

spyker ·

Jy slaan die spyker op die kop; jou vergelyking met die skop vd hond is briljant en ´spot on’.

Sê-maar-net ·

As CR praat van migrasie, verwys hy nie na Blanke emigrasie nie (dit word verwelkom), maar na Afrikane wat hy hierheen wil lok.

TDW ·

Die hoofopskrif van hierdie berig is soos ‘n riller titel.
Elke keer as die regering meer ingryp dan verswak ons rand verder. Die roep om die privaatsektor aan te moedig om liewer SEB besighede te gebruik is soos ‘n verklaring van oorlog teen die Afrikaners en ander witmense.
Die probleem is al die ingryping van die regering en ook om pleisters te plak op wonde ipv om die oorsaak van die wonde te voorkom.
Aanmoediging van entrepreneurs is broodnodig vir ons land, dit maak nie saak watse kleur hul is nie.
Die verslapping van visums vir geskoolde werkers dui juis daarop dat SA nie van plan is om plaaslike werkers te bevorder nie.
Hierdie ANC-lekgotla/beraad voorspel verdere verdrukking van die minderhede asook die exodus van “geskoolde werkers”.
Die “brain-drain” is juis die rede vir die verwoesting van ander lande. En as mens kyk na hierdie ander lande, was dit meestal agv kommunistiese beleid.

Clipper ·

Duidelik weet die anc nie hoe om die ekonomie om te draai nie. Alles wat hulle sê is juis dit wat die ekonomie kniehalter. SEB is uitgedien en moes al lankal gestaak gewees het. Is die sogenaamde swart bevolking dan so swak dat hulle alles gegee moet word? Is daar niks wat hulle self kan bereik nie. En grond diefstal is een van die beleide wat investering teenwerk en die rand met elke noem daarvan verswak. ‘n klomp twak praat alweer van n klomp mense wat niks weet en nog minder gaan doen. Beraad doen niks, aksie is nodig

Feite ·

ANC planne waarvan sommiges nie te sleg blyk te wees nie is geskoei op benadeling van die voorheen bevoordeelde groep vir die bevoordeling van die voorheen benadeelde groep. Belasting, pensioenfondse, privaatfondse, beleggersgeld en grond van die voorheen bevoordeeldes hou dus aan vloei na die voorheen benadeeldes van wie die ANC elite en ANC kaderstrukture vir n geruime tyd nie langer kwalifiseer as benadeeldes nie, tog is dit juis hierdie groep wie aanhou om finansieel deur ANC beleid en planne bevoordeel te word. Soos wat die geld beskikbaar raak, so brei die ANC hulle kaderontplooide strukture en ondersteuningsbasis uit en so word meer en meer geld benodig. Dat die slinkse planne dit ten doel het om die voorheen bevoordeeldes die benadeeldes te maak binne die afsienbare toekoms, blyk dus steeds die ANC strategie te wees. Niks het dus verander vir die voorheen bevoordeeldes nie, maar reeds baie het verander vir die voorheen benadeeldes, wie dan nou tereg na verwys kan word as die huidige bevoordeeldes. Die jaar 2020 begin dus nie goed vir die voorheen bevoordeeldes nie en die voorspelling is dat die jaar nie goed gaan eindig nie, want ten spyte van dit wat ooglopend aan die gebeur is, gaan dit ook gepaard gaan met n paar pynlike onaangename verrassings en skokke!

Johan Pretorius ·

SEB is een van die grootste redes hoekom plaaslike owerhede in so n swak finansiele posisie is. SEB is die instrument wat gebruik word om korupsie te pleeg, Sies die ANC neem absoluut onnosel besluite.

Meerkat ·

Cyril praat ook nie eers van droogte hulp vir ons boere wat swaer kry hy is net gepla oor grond hervorming dit gaan nog minder ons ekonomie red weer eens maak hy lee beloftes

John ·

… Afrika het nou ‘n swart pous… so van ‘n temerige stemmetjie lank laas gehoor en dieselfde preek van verlede maand… verlede jaar… 25 jaar gelede. Cyril is gebind aan sy eie-ek-ideologie. En die unies is die koor by die show: Take us down boy… take us down… We prefer death rather that doing things differently or working harder… Or wait, where is some white money left… something still working… medical schemes… farms? Let us go for it. Ace: Forward march…

Johan Venter ·

Mens weet nie of hierdie mense op hul berade nie in kapasiteit kan dink nie, dis asof hul wêreld by die ‘spaza shops’ vashaak as ek lees waaroor die besluite gaan en wat vir hulle belangrik is, dit styg nooit uit na die vlak van die megabesighede en waar die werklike werkskepping op groot skaal plaasvind nie. Ek wonder hoe ervaar die graderingsagentskappe die uitkomste wat hulle bereik en planne wat hulle op die tafel sit.

Kaders sal baie spoedig met kundiges vervang moet word as Cyril daaraan wil dink om ‘n duik aan werkloosheid te maak en die land te laat groei. Plaas dat Ramaphosa so nou en dan artikels en rubrieke van ekonome op die webwerwe lees, soos dié een van Dawie Roodt:
https://maroelamedia.co.za/debat/meningsvormers/dawie-roodt-geen-20-20-visie-vir-2020/

Judge Dredd ·

…dis juis omdat julle so swak is met implementering dat die land op “autopilot” nog nie heeltemal ten gronde is.

Jimmy ·

Hoe vinniger SA afgegradeer word tot rommel, hoe beter. Die IMF sal genader word vir hulp, maar die streng voorwaardes sal die regering verplig om hul sentralistiese planne te laat vaar.

Danie T ·

Ek staan weereens verstom. Dat ‘n aanvaarde intelligente person soos mnr Ramaphosa so ‘n klomp twak kan kwytraak en die ou retoriek volg gaan my verstand te bowe. Hy weerspieel GEEN onafhanklike realistiese denke en praat net na wat die verstokte rassistiese ANC topbestuur hom voorse. Kan die mense ooit uit die boks dink? Dis lagwekkend hoe uit voeling hul met die werklikheid is!Dis ‘n absolute skande dat ‘n land en sy bevolking deur so ‘n klomp idiote(met uitsondering van een of twee) gekaap en gevange gehou word!!!!

Bestaansrede ·

Soos Dawie Roodt dit elders mooi uitspel: “Daar moet onthou word dat die ANC bestaansrede uitsluitlik is om die staat te besit en te gebruik vir eie begunstiging. “ Dit en wat @ Feite hierbo noem is die uitsluitlike doelwit en vorder uitstekend. Dis ons leiers en ons wat moet koppe pluk en besef dat ons die uitgeslote deel vorm van rassistiese toekoms, dis net ons belasting wat ingesluit bly. OSV is gebaseer op ras, dit alleen spreek boekdele oor die toekoms.

Trots Afrikaans ·

RSG en Afri Nuus gee nuus in afrikaans soos belowe is Hoekom vorseer maroela ander tale in ons kele af? Die woord legotla word oor en oor gebruik As my mede maroela lesers tevrede is met dit is dit hulle reg ek is nie Julle begin met een woord more nog een Praat my taal!

Johan Venter ·

Leenwoorde en anglisismes maak ons lui, stomp ons kreatiwiteit af. En as ek daaroor grommel, word ek in die hondehoekie (dogbox) geplaas.

Luka ·

Die hele afrika gaan net oor me, myself, and i. Sorg net vir me myself and i. Op die paaie is dit net me myself and i. By vierrigting stopstrate is dit net me myself and i. So wat verwag ons van die regering want hulle is ook net me myself and i.

Frik ·

SA se bos ekonomie sal nie uit hierdie warboel ontsnap nie. Dis ANC het dit heeltemal geknak.

Carina ·

Baie slim en skelm van jou Ramaphosa om die onteiening van grond in die uitvoerende gesag se hande te los, want dan kan jy lekker terug sit en jou hande in onskuld was as daar gekruisig moet word, maar kom ek belowe jou een ding. grond sal nie sonder enige weerstand gaan nie, want jou plan is vol gate, jy gaan informele nedersettings tussen woonbuurte laat begin, wat dink jy gaan gebeur in daai woonbuurte, miskien moet daar sommer ‘n nedersetting daar langs een van jou duur huise gestig word so saam met die res van jou gespuis wat dit wil toepas,
verder wat jou swart ekonomiese bemagtiging betref, weet nie of jy al opgelet het dat dit ‘n volslae flop is nie. Wens net ons wil begin om hierdie ding te boycott en by geen swart bemagtige maatskappy koop nie, ek vir een het al klaar begin toepas.

Willie van der Merwe ·

Geen van die besluite is opbouend of omkerend nie, inteendeel.

Buitelander ·

Nog meer rede waarom mense die hool op trepe vaarwel sal roep.

Buitelander ·

Nog meer rede waarom mense op stepe oor die oseane sal weg vlug na nuwe tuistes.

GEMORS LAND ·

….is wat SA is. Ons sluit binnekort aan by ons vriende oorsee. Die hool sien ons nooit weer nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.