ANC-lid geskors ná hy vrou skop tydens betogings by Luthuli-huis

‘n Skermskoot van die geweld buite Luthuli-huis

Die ANC in Johannesburg het bevestig dat hy Maandagmiddag een van sy lede geskors het nadat ʼn video van hom die ronde gedoen het waarin hy ʼn vrou buite Luthuli-huis in die Johannesburgse middestad te midde van gewelddadige betogings geskop het.

Verskeie groepe betogers het Maandagoggend buite Luthuli-huis saamgedrom. Een groep was ANC-ondersteuners wat ANC-president Cyril Ramaphosa en “Zuma must fall” ondersteun, terwyl die ander ANC-ondersteuners was wat pres. Jacob Zuma ondersteun en aanvoer “Hands off Zuma”. Lede van die Black First Land First- beweging (BLF) het ook later by Luthuli-huis opgedaag nadat hulle eers op die Gandhi-plein bymekaargekom het.

Op Twitter het gebruikers video’s gedeel van ʼn njala-pantservoertuig met ʼn sleepwa vol doringdraad wat by die toneel opgedaag het. Daar was ook ʼn onderonsie tussen ʼn BLF-ondersteuner wat by die toneel opgedaag het en toe swetsend deur ANC-lede weggejaag is.

ʼn Vragmotor het later opgedaag waarna ʼn struweling tussen ANC-ondersteuners en die mense agter op die vragmotor uitgebreek het. Die vragmotor het glo BFL-lede vervoer. Foto’s en beeldmateriaal van die voorval wys onder meer hoe ʼn man, intussen geïdentifiseer as die ANC-taksekretaris Thabiso Setona, ʼn vrou skop terwyl sy op die grond lê.

Jolidee Matongo, ʼn woordvoerder van die party, het Maandag aan Maroela Media bevestig dat Setona geskors is. Volgens hom het Setona homself ook reeds aan die polisieowerhede oorhandig.

“Die ANC het met totale afkeur en ontsteltenis van die beeldmateriaal wat op sosiale media die ronde doen kennis geneem,” sê hy. “Die ANC veroordeel enige geweld teen enige persoon – en selfs meer wanneer dit geweld teen ʼn vrou is. Setona se optrede verteenwoordig nie waarvoor die party staan nie,” het hy gesê.

Matongo sê ʼn dissiplinêre verhoor gaan spoedig teen Setona aan die gang gesit word waarna ʼn paneel oor sy toekoms binne die party sal besluit.

Fikile Mbalula, minister van polisie, het hom intussen ook teen die geweld uitgespreek en gesê betogers word deur die grondwet toegelaat om hul misnoeë deur middel van betogings uit te druk.

“Ons sal nie staan en toekyk hoe misdaad gebeur en dit boonop beskerm nie. Ons sal optree,” het hy op sosiale media gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Gavin ·

Dit was patiese gedrag van Al die betoogers.
Die man hoort nie net om geskors the word nie Hy hoort after tralies.
Hy moet toesluit vir die Res van SY lewe
Hy sal omverskoning vra en hoop Al’s sal vergewe wors.
Sy moet n klag van aanranding teen him maak.

Huh? ·

‘Enige geweld teen enige persoon’. Huh?
Wat van plaasmoorde waar ook vrouens en kinders aangeval word.

Veritas ·

Die eks sportminister en huidige polisieminister en Zuma vertroueling, sê dat hulle nie sal staan en toekyk as misdaad plaasvind nie maar in die video staan polisieman/vrou, in uniform en kyk maar tree nie op nie. Ou Fikile, die hele spul is maar “useless’. Jy sal dit dalk so oor vyf jaar ook agterkom.

Chris ·

Wat is sy naam ? Of gaan ons nooit weet wie of wat sy naam is nie?

Landi Slatter ·

Dagsê Chris

Dankie vir jou kommentaar. Lees gerus hier: “Foto’s en beeldmateriaal van die voorval wys onder meer hoe ʼn man, intussen geïdentifiseer as die ANC-taksekretaris Thabiso Setona, ʼn vrou skop terwyl sy op die grond lê.”

Groetnis
Landi nms Maroela Media

A ·

Dit sê in die berig sy naam is Thabiso Setona – paragraaf 4.

MH ·

Net nog ‘n insident wat bevestig dat Donald Trump se uitspraak oor Afrikalande dalk nie te ver van die kol is nie.

Karen van Zyl ·

Geskors, is dit al? Wat het geword van geen geweld teen vrouens en kinders. Skorsing is onglukkig nie voldoende nie.

Karen van Zyl ·

Die feit dat ‘n vrou (wit) met ‘n staal pyp geslaan is op die rug is nie van toepassing nie? Kyk weer mense

Tanya ·

Enigste rede hoekom hy geskors is is as gevolg van beeldmateriaal… Sodra stof gaan lê het hy weer sy ‘job’ terug. Ruggraatlose ‘puppets’ almal van hulle.

Boerseun ·

En die polisie daar agter bewonder die mooi natuurskoon, en luister na die voeltjies wat vluit.

Hennie ·

Dankie Zuma! Dis jou nalatenskap…verwarring onder jou eie mense!

Landie ·

Ja-ne, Donald Trump was nie verkeerd met sy uitlatings nie.

Regtig ·

Ek sien die ANC is BAIE selektief, die video wat versprei word van blankes wat aangerand word by petrolstasies (‘n vrou en haar seun wat van Zimbabwe af gevlug het), en die man wat helder oordag by ‘n petrolstasie aangeval en beroof is, en die gesin wat gekaap is, die aanvalle op oumense in hulle huise en in rolstoele, boere wat wreed gemartel en doodgemaak en aangerand word (vrouens sowel as kinders – daar is ‘n 9 jarige geskiet die naweek) maar julle maak ‘n bohaai van een vrou wat VRYWILLIGLIK haar begewe het in daardie gemors met ‘n EFF hempie aan? Hoewel ek ENIGE vorm van GEWELD afkeur en ook hierdie geval ten sterkste afkeur moet ALLE gevalle van geweld DIESELFDE hanteer word. ‘n Jong meisie wat huistoe stap word op die grond neergegooi en van haar besittings beroof . daar is videos daarvan ek hoor nie EEN parlementslid na sy asem snak nie. Dit is nou die ANC LEIERS Se mentaliteit . verbaas my glad nie.

Hennie ·

Ag regtig, is geweld nie die ANC se beleid nie? Wat is julle beleid dan??

Carel ·

En wat het sy daar gesoek? As jy die game wil speel moet jy nie tjank as jy seer kry nie!!

Landi ·

EN JY MAG HULLE NIE NAME NOEM NIE, MAAR GOEIE GENUGTIG!!!!!!

Heinrich ·

Ek sou wou weet hoeveel van hierdie klomp wat ons boere so aanval is lede en hoeveel van hulle is al geskors? Die enigste rede waarom hierdie skurk geskors is is omdat hy afgeneem is en nie teen die bewyse kan stry nie. Indien dit nie afgeneem was nie sou dinge beslis anders uitgespeel het.

Lolla ·

Nee hulle misbruik hulle siek verlof soos hulle alles anders in die lewe misbruik!

Hannes ·

Het hulle nie gese hulle sal sterf vir Zuma nie, nou is daar ‘n bohaai as dit gebeur?

Hennie ·

Ja Hannes, Malema was een wat op die TV verkondig het dat hy vir Zuma sal sterf.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.