ANC-lid geskors wat glo N2-aksie begin

Twee Golden Arrow-busse is op 29 Junie 2016 op die N2 in Kaapstad tydens onluste aan die brand gesteek Foto: ANA

Twee Golden Arrow-busse is op 29 Junie 2016 op die N2 in Kaapstad tydens onluste aan die brand gesteek Foto: ANA

Die ANC in die Wes-Kaap het ʼn lid geskors wat glo ʼn “sleutel aanhitser” was in die geweld wat Woensdagaand op die N2-snelweg naby Kaapstad Internasionale Lughawe uitgebreek het.

Maroela Media het vroeër berig betogers het twee busse en ʼn vragmotor aan die brand gesteek en die N2-snelweg naby die lughawe versper. Die betoging spruit na bewering uit ontevredenheid oor ʼn ANC-kandidaat vir die munisipale verkiesing op 3 Augustus.

Faiez Jacobs, provinsiale sekretaris van die party, het Donderdag ontken dat enige van sy strukture betrokke was in die betogings op Borcherds Quarryweg.

“Die ANC in die Wes-Kaap het vinnig opgetree en ʼn sleutel aanhitser geskors ná gister se gewelddadige betoging op die N2,” het Jacobs gesê. “Die persoon sal aan tugstappe onderwerp word.”

Jacobs het gesê die lid het die party se naam skade berokken, sekere valse bewerings oor die ANC gemaak en gedreig om openbare geweld te pleeg. Die lid het glo gesê hulle beplan om die N2 “chaoties en onstabiel” te maak. “Hierdie uitsprake is onverantwoordelik, roekeloos en grens aan die aanhitsing van geweld.”

Hy het bygevoeg die ANC verwag ʼn voorbeeldige en hoë vlak van dissipline van sy lede. “Ons kan nie toelaat dat individuele lede die ANC gyselaar hou nie. Die ANC het strukture, van die takke tot by die nasionale uitvoerende komitee wat lede kan nader wanneer hulle ontevrede is met sekere uitkomste.”

Volgens Stad Kaapstad se wetstoepassers het die betoging omstreeks 18:45 begin toe betogers bande aan die brand gesteek het naby Airport Approachweg.

Teen 19:15 was die Suid-Afrikaanse Polisiediens se eenheid vir openbare orde, wetstoepassers en brandbestryders op die toneel. Twee Golden Arrow-busse is in daardie stadium reeds aan die brand gesteek.

Twee verdagtes is tydens die betoging in hegtenis geneem toe hulle glo motoriste beroof het. Hulle het messe en ʼn replikavuurwapen in hul besit gehad.

Die betoging het omstreeks 23:15 bedaar en N2 is weer vir verkeer oopgemaak.

Die gewelddadige optrede het ook vinnig na Barcelona- informele nedersetting versprei of het daar begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

tammy ·

Hoe kan enige party hierdie tipe optrede enigsins toelaat voor n verkieskng?????

Will i am ·

Nou laat die Party vir skade betaal. Help nie om lid net te skors

Confused ·

Is hy nie bevorder vir sy werk nie?! Dit was nog oortyd ook …

Janneman ·

Hulle gaan hulle g*tte sien hier. wet en orde word nog gehandhaaf in die Kaap.

Milan ·

“Die ANC verwag ‘n voorbeeldige en ‘n hoë vlak van dissipline van sy lede.” Van waar Gehasie? Hulle brand dan die land af?

Joann ·

Slaan my om met n nartjieskil,hul het dan vandag gese die ANC het niks met dit te doen nie.

Popeye ·

Dis bewys dat ANC vere voel vir enige agenda vir samewerking! Hulle wil juis burgeroorlog uitlok sodat hulle alle mag kan kry. Onthou hulle het alle beheer oor die polisie en weermag. Mense hier is duistere magte aan die werk, meer as wat ons vredeliewende mense besef…..moenie aan die slaap gevang word nie! Die gety draai oral… doen so in ANC beheerde Limpopo om aandag af te lei en klap dan die DA-beheerde gebiede…hierdie mense wil alle beheer he….diktatuur dis wat hulle wil he. Kom ons toets my stellings…..alle moontlike paaie word deur hulle probeer om ons grondwet en demokrasie te ondermyn en vernietig….hier kom groot poefie! Nog ‘n toets is dat hulle (ANC- regses wat nou in beheer is) bereid is om hulle eie kleur wat “gematig” is ( lees : enigiets behalwe ANC-regs) te verguis en af te trap net om hulle doel te bereik. Dink hieraan….hoe min kry die “bus-en-skool- branders “vir hulle moeite….? Hulle is bloot pionne van propeganda, dis hoekom ons daagliks kommentaar op verskeie sake lees van ” ek verstaan nie..ek begryp nie, hoe is so iets moontlik”….

Lance ·

Watse swak voorbeeld …en dis nou memse wat die land wil vorentoe neem …jy kry maar wat jy voor stem …..

Tiger ·

Hulle moet daai “lid” vir al die skade aan die busse ,vragmotor en alle ander skade laat betaal elke maand.En as hy werkloos is sit hom agter tralies tot hy sy voorvaders gaan join.

Wat-ek-lees ·

“Grens aan die aanhitsing van geweld”. Sou hierdie alreeds nie geweld wees nie dan weet ek nie wat is geweld!!!
Weereens ‘n bewys dat geweld deel is van die ANC se optredes.

Daenerys Targaryen ·

Wag wag hy gaan geskors word en dan meeding om leierskap by die EFF……..

Stefaans ·

Aanhitsing tot openbare geweld is sekerlik ‘n kriminele oortreding – waarom is hy nie in hegtenis geneem en aangekla nie?

Jan maak n Plan ·

Stuur die hele rekening vir die ANC en sluit die aanhitser toe.

Veritas ·

Die man is wel die aanhitser maar maak dit die ander deelnemers, aan die geweldadige onluste, dan onskuldig? Die hele lot moet in hegtenis geneem en hulle reg, om te kan stem, moet hulle ontneem word. Aangesien hulle nie vreedsaam aan die demokratiese prosesse wil deelneem nie, beteken dit mos dat hulle geweld en konfrontasie verkies en diesulkes het ons nie in ‘n demokratiese bestel nodig nie.

Joann ·

Popeye moenie die boere onderskat nie,as hul gedwing word kan die ANC maar vergeet van in beheer wees van weermag en polisie. Mark my words.

Geen meer Lede ·

Hulle sal dan al hul lede moet skors want dit is tog hulle lede wat al die gemors begin elke keer!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.