ANC-lid ontken hy sê wie soos prostituut aantrek

Jane Sithole in die rok wat glo tot die uitlatings gelei het. Foto: DA/Twitter

Jane Sithole in die rok wat glo tot die uitlatings gelei het. Foto: DA/Twitter

Victor Windvoël, ‘n ANC politikus in Mpumalanga, het ontken dat hy enige name genoem het toe hy ‘n opmerking gemaak het oor ‘n vroulike raadslid wat soos ‘n prostituut aantrek, berig City Press.

Windvoël het Dinsdag Vusi Shongwe, LUR vir veiligheid en sekuriteit in Mpumalanga, se toespraak onderbreek met ‘n punt van orde toe Jane Sithole, ‘n DA-lid, in ‘n swart rok by die wetgewer ingestap het.

Sithole het intussen klagte ingedien teen Thandi Shongwe, speaker van die Mpumalanga wetgewer, by die Kommissie vir Geslagsgelykheid, die Menseregtekommissie, premier David Mabuza, die ANC-vroueliga en die DA se vrouenetwerk.

Windvoël het gesê hy het nie na iemand spesifiek verwys nie en dat diegene wat ‘n naam genoem het, moet antwoord. Volgens Windvoël het hy na kleredrag in die algemeen verwys.

‘n Video-opname van die sitting wys dat die speaker Sithole as Windvoël se teiken identifiseer. “Kan ek die agbare speaker vra, aangesien ons al oor die mense gepraat het wat hul liggame verkoop het – kan ʼn vroulike agbare lid ‘n deursigtige rok in die parlement dra?” het Windvoël gevra. Die speaker het gevra na wie Windvoël verwys nie, waarna hy gesê het: “Sy het pas ingestap.”

Dit blyk dat Windvoël na Sithole verwys het, aangesien Shongwe haar hierna opdrag gegee het om ‘n serp aan te sit. Anthony Benadie, Shongwe se DA-kollega, het hierna opgestaan en gesê Sithole is formeel en gepas aangetrek. Shongwe het egter steeds daarop aangedring dat Sithole haar serp moet dra en vir Benadie gesê sy definisie van formeel verskil van hare, aangesien sy swart is en hy wit is.

Benadie het gesê die DA sal eis dat Shingwe amptelik om verskoning moet vra.

City Press

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Lynette ·

Dit is ‘n flippin sirkus en hulle is almal narre en ons gaan onder en nie in ‘n blaze of glory nie dit is verseker

Dave ·

Dit verstom my dat die ANC werklik die DA aanval. Windvogel het dus nog nie opgemerk hulle is aan die selfde kant.

Babs ·

Toe ek die berig oor die radio hoor, het ek gedink Jane Sithole was half kaal. Sien niks verkeerd met die rok . Inteendeel, sy lyk deftig. Is die ANC miskien afgunstig omdat dit altyd lyk of hulle vroue in tafeldoek en gordynmateriaal geklee is.

Swanna ·

Victor se” Van” sê baie oor sy eie persoonlikheid dink ek. Maar nou ja. Kyk ons self na die klere drag van die ANC oor die algemeen by enige sitting of iets derglik, lyk dit of daar ‘n sirkus aan die gang is of iets soort gelyk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.