ANC-lid, stiefseun reeds in hof oor beweerde verkragting

(Argieffoto: Unsplash)

Die lid van die ANC se provinsiale uitvoerende komitee (PUK) in Mpumalanga wat daarvan beskuldig word dat hy sy twee dogters verkrag het, het reeds vanoggend saam met sy stiefseun in ’n hof vir die beweerde verkragting verskyn.

Monica Nyuswa, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het gesê die betrokke lid van die ANC, ’n voormalige LUR in Mpumalanga, en sy stiefseun (26) word daarvan beskuldig dat hulle sy agtjarige tweelingdogters verkrag het.

Albei is vanoggend by die ANC-lid se huis in hegtenis geneem waarna hulle in die landdroshof in Nelspruit verskyn het.

Die saak is nou tot 1 Oktober vir verdere ondersoek uitgestel. Die beskuldigdes sal na verwagting dan om borgtog aaansoek doen.

Maroela Media het vroeër berig die ANC het reeds sy skok oor die bewerings uitgespreek. Die betrokke lid is intussen as lid van die ANC en die PUK geskors hangende die afhandeling van die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Persheks Adri ·

Ai geskors met volle salaris en voordele natuurlik en ons moet betaal! Die saak gaan weer jare sloer…

Eish Cyril your people man what’s going on there?

Sarel ·

Wat geskors regtig. Wat het geword van onskuldig tot skuld bewys is
Was mos al die jare hulle beleid

Nie Verbaas ·

Geskors? ANC wys hulle morele waardes aan die wereld. Dan kla hulle oor geweld teen vroue en kinders.

shari ·

Mag hulle permanent uit die samelewing verwyder word.So spyt die doodstraf is afgeskaf.

Anel ·

Hulle was mos nou klaar in die hof. Hoekom mag ons nie weet wie hulle is nie?

Marius ·

Ek verneem daar is n pos oop daar , ek weet nie waar dit is nie maar dit klink ver van SA af . Hulle moet vasbyt die betrokke anc lid is op pad . Walglik verby , anc kan maak en breek net soos hulle wil – swak .

Moedeloos ·

Hoop nie hul kry borg nie. Hul moet lewenslank kry soos die President beweer dat verkragters erge straf gaan kry.

Racheltjie Debeer ·

Maak hul name en gesigte bekend! Hoekom word hulle beskerm? As die ANC regtig ernstig is oor geweld teenoor kinders, behoort hul die vuilgoed toe te sluit en hul gesigte vir die wêreld wys.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.