ANC lig sluier oor planne met grond

ANC-hoofsweep Jackson Mthembu (Foto: GCIS)

Die ANC sal nie ‘n duim toegee aan die EFF oor nasionalisering van grond nie en sal baie versigtig wees om nie ander lande se foute met grondhervorming en grondonteiening te maak nie, het die ANC-hoofsweep, Jackson Mthembu, vandag in die parlement belowe.

“Ons is beslis nie die EFF nie en ons stem nie met hulle saam nie. Ons maak gereed vir ‘n reusagtige stryd teen hulle,” het hy gesê.

Mthembu het gesê die ANC se voorstel oor hoe om die Grondwet te wysig sal nie omvattend wees nie, maar bloot dit wat reeds implisiet in die Grondwet is, eksplisiet stel.

Hy het verduidelik dat hy daarmee bedoel dat die Grondwet eintlik nog altyd implisiet die moontlikheid van ‘n nulwaarde as billike en regverdige vergoeding by onteiening toegelaat het, indien die koper en die staat of alternatiewelik die hof sou bevind dis regverdig en billik – in die sin dat dit nie eksplisiet uitgesluit is nie.

Die hoofsweep het dus voorsien dat die ANC se voorstel op ‘n baie eenvoudige manier die moontlikheid van ‘n nulwaarde (onteiening sonder vergoeding) sal invoeg as moontlikheid – maar definitief as een moontlikheid tussen verskeie moontlikhede; geensins as voorkeurmoontlikheid nie.

Die hof sal die arbiter bly oor wat billike en regverdige vergoeding in elke geval behels.

Mthembu is trots op die goeie verhouding wat die afgelope paar jaar in die parlement tussen LP’s van verskillende partye ontstaan het, en meen die persoonlike vriendskappe tussen verskillende politieke partye se hoofswepe is een van die belangrikste faktore in die verbeterde funksionering van die parlement.

Mthembu het gesê ‘n bygewerkte weergawe van die Onteieningswet, wat ‘n paar maande gelede deur die regering teruggetrek is, sal binne die volgende week ingedien word om die beoogde grondwetwysiging te rugsteun met gedetailleerde en streng besonderhede oor hoe alle grondhervorming en onteiening moet werk, sodat dit meer effektief, georden en alkant regverdig kan geskied.

Dit sluit tydraamwerke vir die afhandeling van grondeise en gronddispute, die vorms wat ingevul moet word en die manier waarop dit beteken moet word, in.

In ‘n sterk bewoorde verklaring het Mthembu met kwalik versluierde verwysing na veral Zimbabwe, gesê Suid-Afrika moet beslis nie die foute maak wat ander lande gemaak het, soos om politiek gekonnekteerdes en familielede van magshebbers te bevoordeel nie.

In ‘n verdere aanduiding dat die gematigdes in die ANC beheer oorgeneem het oor die gronddebat in die party, het Mthembu aangekondig dat die parlementêre komitee wat oor die bewoording van die grondwetlike verandering moet besluit, onder die voorsitterskap van die voorsitter van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, sal staan.

Die ander ANC-lede van die komitee is ook baie senior. Hulle is Vincent Smith, wat ‘n sterk matigende rol in die gronddebat speel, Stanford Maila, wat tot dusver medevoorsitter van die proses was, Rosina Semenya, voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor landbou, die gewese regspraktisyn Lindiwe Maseko en Phumzile Mnguni, ANC-sweep in die portefeuljekomitee oor landelike ontwikkeling en grondsake.

In sy oorsig oor die parlementêre jaar het Mthembu uitgewys dat 23 wetsontwerpe aanvaar is, en dat die parlement vanjaar uitgemunt het in die bekamping van korrupsie en staatskaping, veral deur die ondersoeke na Eskom en die verlening van burgerskap aan die Gupta-familie.

Mthembu meen die ANC-koukus was redelik suksesvol vanjaar, tot die mate dat hy aan hulle ‘n punt van 8 uit 10 sou toeken.

Die hoogtepunt van die parlementêre jaar was volgens hom die wyse waarop LP’s oor partypolitieke grense heen saamgewerk het om wanbestuur, korrupsie en staatskaping by Eskom te ontbloot sonder aansiens des persoons.

Vir Mthembu was wat hy beskou as die rassisme van die EFF die laagtepunt van die parlementêre jaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Kasper ·

So die knaap reken die anc verdien ‘n punt van 8 uit 10 vir hulle sogenaamde “goeie werk”. Tog nog nie een is in die tronk nie, nog nie een sent is terug betaal nie, nog nie een staats instansie is solvent nie, en nie een SOE werk ordentlik nie, inteendeel sopas het ons almal gesteyer onder ‘n week van krag onderbrekings, alles te danke aan die inkompetente anc en sy korrupte makkers. Moet nie eers dat ek begin bek uitspoel oor die grond gryp fiasko nie, neewat op ‘n skaal van 1 tot 10, gee ek die anc , -100.

RG ·

Klink vir my ook na spek skiet in oortreffende trap om die Buiteland te sus.

Franc ·

Na al die jare moet ons die ANC se strategie nou al ken:
1. Gee een groot stap vorentoe en skok almal
2. Gee ‘n klein treetjie terug om almal te kalmeer.
3. Herhaal 1 en 2

Ek vertrou hulle GLAD nie.

Von ·

Franc…..raak gese….dit is presies die strategie…..paai almal

Dienkie ·

Ja-nee Franc ‘n mens mag nooit ‘n kommunis vertrou nie. Hulle se een ding maar bedoel eintlik iets anders.

Snowball ·

Ronald Reagan het gesê: “How do you tell a Communist? Well, it is someone who reads Marx and Lenin. And how do you tell an anti- Communist? It is someone who understands Marx and Lenin.
Die huidige regering se gebrek aan begrip en insig op verskeie gebiede is ooglopend; my vermoede is dat hulle blind is en sonder begrip vir die gevolge van hulle kommunistiese neigings en beleide, die blote konsep van OSV is so kommunisties as wat kan kom, maar hulle glo hulle kan dit opdis as iets anders. Selfs te rugraatloos om hulle beleid by die naam te noem.

Karolis ·

Ek let op hoe baie besluite (vir kieser stemme natuurlik) word nou deurgeforseer.

PJ ·

Help my bietjie reg soos ek verstaan was hierdie artikel 25 met pienk frikkie en sy meelopers bespreek met die onderhandelinge nou verstaan ek die sg.fw de klerk stigting ok teenwoordig by die nood beraad waar Sake Lige en andere die kwessie bespreek het nou wat soek hulle daar?

Nick ·

WIE GLO DIE BOLLIE?????? Net nog leuens….. nthou wat oumense gesê het van jakkalse???

Brutus ·

ANC het geen reg om enige iemand se grond te vat nie.punt!!

Marius ·

anc onderhandelaars waarvan sr anc onderhandelaars gelei het, het die onderhandelde grondwet “aanvaar” en onderteken. Nou torring hul aan artikel 25. Dus met elke anc gril sal hul torring. anc het geen integniteit nie, kan hul nie vertrou nie.

Cora Simpson ·

Net een vragie. As hulle die grond vat sal hulle sommer die bank lening en ander skuld gemaak om die mense van die grond aan die lewe te hou ook vat. anders wat sal gebeur?

Alida ·

Hierdie moes gebeur een of ander tyd. Mens voel effens verlig en dit lyk darem of die ouens weet wat hulle doen kom ons gee kans en kyk. Verheug oor hulle houding teenoor die EFF. Anargie sal nie geduld word nie. Lees dit tussen die lyne.

N Lourens Reitz ·

Alida hier is reeds anargie.
Vodacom winkel op Harrismith in die Vrystaat sluit sy deure gister omdat EFf dit versoek-kyk wat gebeur met die plastiek bedryf se staking waar Eric die besturende direkteur in die hospitaal beland .

Gert ·

Hierdie “ouens” is dieselfde lot wat Eskom, SAUK, Denel, SAL, en al die munisipaliteite van suksesvolle entiteite af in die grond in bestuur het. Nie my idee van “weet wat hulle doen” nie, behalwe dalk as anargie hulle einddoel is.

Andrew ·

Hoe kan ‘n nul waarde billik en regverdig wees vir iets wat waarde het? Sal hulle hul eiendom verkoop vir ‘n nul waarde??

Martin ·

Die grondwet se dat hulle moet n 2/3 meerderheid stemme met verkiesing kry om sodoende die grondwet te verander. Of jy nou n woord bysit, wegvat of woorde skommel dan verander hulle die grondwet want dit verandering verander die betekenis van daardie artikel. Maar tipies ANC, as hulle nie hul sin kan kry met iets nie dan word die wette en die grondwet aangepas sodat hulle kan regkry wat hulle in die eerste plek wou dien. Kyk maar na die nuwe wette rondom die toelaatings vereistes by die skole. Daar gaan nog baie ander wees. Mugabe het alles op eenslag net gevat, die ANC doen dit stelselmatig met nuwe wetgewing. Soos CR destyds gese het, die blankes sal stadig braai soos brulpadda op wsrm kole. Hulle is nou besig om ons te braai.

Ja Nee ·

Moet asseblief tog net nie uit die oog verloor met wie ons hier mee te doen het nie! Die AFRICAN NATIONAL CONGRESS…. Passop wie julle vertrou!!!

Emma ·

Die anc regering is n grap doen en se wat hulle wil. Vertrou hulle nie. Net n klomp wat vir hulle eie sakke sorg. Dit is hoekom hulle als sal doen om aan bewind te bly.

Magaret ·

Op papier klink dit na n “goeie” storie, maar hul dade spreek n ander. Jammer, maar ek vertrou julle nie!

Foxi ·

Goed en wel, kom ons sê bv: n spogplaas word ontein. Daar is 40 werkers op die plaas waar hulle so 10jr of meer gewerk het. Reg, die boer en die plaaswerkers het al die jare n goeie verstandhouding en hulle het al die jare gelukkig saamgewerk, almal gelukkig. Nou vat hulle die plaas, gee dit vir die werkers en die boer trek. Nou moet die werkers koppe bymekaar sit en besluit WIE gaan die bestuurder nou wees. Maar onthou nou, daar kom nou geen geld in nie. Die water en krag moet betaal word en grond belasting ensv. Wie gaan dit betaal? Gaan dit verniet voorsien word? Klaas word aangestel as bestuurder en trek in die boer se huis in, hy is nou die baas. Klaas kies vir hom n onderbestuurder in, hy besluit wie gaan dit of dat doen. Maar die onderbestuurder wil ook n mooi huis hê, miskien ook n mooi BMW daarby. Maar eers gaan almal saam n groot partytjie hou, want die plaas is hulle sin. Die tyd het nou begin en die werk moet gedoen word. Die einde van die maand kom, niemand kry n salaris nie. Klaas en sy onderbestuur begin die plaas se implimente verkoop om geld in te kry. Maar klaas en sy bestuurder maak seker hulle agtersakke is gevul. DOEF…PLAAS IS IN SY MAAI! Werkers trek dorp toe…….die plaas is nou tot op die grond afgebreek…..leeg! Almal weg…….die wind het deur gewaai en is nie meer nie.

Hanna Hoekom ·

Baie raak beskrywing inderdaad! Almal wil baas wees. En die res is geskiedenis…

RG ·

“… en meen die persoonlike vriendskappe tussen verskillende partye se hoofswepe…” Hierdie sin spreek boekdele. Saans hou hulle saam partytjie en bedags speel hulle Parlement Parlement. Die dat hulle so familiêr met mekaar is en die Parlement in ‘n sirkus ontaard het. Ook die dat geen opposisie party staatskaping of korrupsie uitgeroep het en die media dit moes oop vlek. Dis alles vir hulle een groot grap en hul speel met ons burgery se lewens, terwyl hulle in weelde leef in hul SA Monaco van Fresnaye, Kampsbaai, Llundudno waar daar geen geweldadige misdaad voorkom nie en niemand kokende water oor mens se kop uitgooi of met ‘n koevoet oor die kop moker nie. O ja, en dis ons burgery se voorreg om belasting te betaal. Ek voel letterlik siek!

Trojaanse Donkie ·

Ou gesegde, vra vir my broer Jack, hy lieg nes ek!

Tulani Jubileus ·

Foxi…. Maar as die plaas werkers die ‘reg’ het om op ‘n plaas aan te bly omdat hy kwansuis al so lank daar woon en nie verwyder mag word nie dan het die boere mos nou dieselfde reg.. Dis immers sy huis waarin hy al jare bly so hy kan net weier om te trek….. hahaha

Maljan ·

Tog het nie Mthembu of sy anc opgetree teen die eff se rassisme vanjaar nie.
@ Tulani dis n feit. Die bier kom dieselfde reg toe. Na onteiening gaan die bevoordeelde gratis ontvangers nie grasbinder sy of haar voete laat groei nie en dadelik met grond begin boer. Oodeel in erwe en smous. Dan aanbeweeg na die volgende mahala ry en weer bevoordeel word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.