ANC-ligastrukture: ‘Zuma was dapper om jammer te sê’

Pres. Jacob Zuma. Foto: GCIS

Pres. Jacob Zuma. Foto: GCIS

Die ANC se ligastrukture in Gauteng het hulle gedistansieer van die provinsiale leierskap se uitsprake wat pres. Jacob Zuma veroordeel na aanleiding van die konstitusionele hof se uitspraak oor die Nkandla-sage.

Volgens die ANC Vroueliga (ANCVL), ANC Jeugliga (ANCYL) en die Mkhonto we Sizwe militêre veterane (MKVA) het hulle hul lede geraadpleeg en Woensdag tot in die vroeë oggendure vergadering gehou, nadat die provinsiale uitvoerende komitee gesê het dat hulle Zuma se verskoning aanvaar, maar dat “hy moet besin en die regte ding moet doen”.

Daddy “Bronson” Thinane, die provinsiale voorsitter van die MKVA, het gesê die ligas stem nie saam dat Zuma moet uittree nie. “Wat beteken hierdie stelling van ‘die regte ding doen’ werklik? Wat bedoel die uitvoerende komitee hiermee? Die stelling is nie vir ons duidelik nie, dit is net ʼn gelykenis,” het Thinane gesê.

“Mense moet praat en duidelik wees oor wat hulle sê. Ons almal hier en die mense wat ons verteenwoordig, ondersteun die besluit van die partye se nasionale werkskomitee dat Zuma toegelaat moet word om sy termyn uit te dien, as president van die ANC én van die republiek.”

Matome Chiloane, die provinsiale voorsitter van die ANCYL, het gesê Zuma was “dapper” om in die openbaar om verskoning te vra. “Vir ʼn persoon om tot ʼn punt te kom waar hy in die openbaar om verskoning vra, wys dat pres. Zuma diep selfondersoek gedoen het. Jy kan nie net die verskoning ignoreer nie. Dit verg ʼn ware en dapper leier om te sê hy is jammer,” het Chiloane gesê.

Die groep beweer versoeke dat Zuma moet bedank, is weens Westerse innvloed, wat die Brics-lande (Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika) teiken “in die najaag van hul honger vir algehele beheer”. Suid-Afrika se opposisiepartye word ook deur “Westerse magte” beïnvloed, het hulle gesê.

“Die vuil hand van die Weste krap in ons land en gebruik die opposisie as instrument om chaos te veroorsaak. Die DA, EFF en die woordvoerder van die wit monopolie-kapitaal, Anton Rupert, is almal saam in die bed en in die arms van die Weste om ʼn regeringsverandering teweeg te bring … ons sal nooit deelneem aan sulke onderduimse dinge nie,” het Chiloane uit die gesamentlike verklaring voorgelees.

Die organisasies het gesê hulle ondersteun die konstitusionele hof se uitspraak dat Zuma ʼn gedeelte van die geld wat aan veiligheidsopgraderings by sy Nkandla-woning bestee is, moet terugbetaal, maar het godsdiensleiers wat verlede week gesê het hy moet bedank, gekap.

“Kerke het ʼn sleutelrol gespeel om ons van apartheid na ʼn demokrasie te lei. Dit is daarom skokkend om ‘hoë priesters’ te hoor sê dat hulle nie die president se verskoning aanvaar nie. Van wanneer af leer die Bybel ons om nie te vergewe nie? Skokkend genoeg, is hierdie mense dieselfde mense wat anti-apartheidsaktiviste was en die apartheidsrassiste vergewe het,” het Chiloane gesê.

“Daarom is die regte besluit volgens die ANC Gauteng se resolusie dat Zuma sy termyn moet uitdien.”

Die ANC in Mpumalanga, Limpopo en KwaZulu-Natal het ook al op die konstitusionele hof se Nkandla-uitspraak gereageer en gesê hulle ondersteun Zuma. David Mabuza, premier en voorsitter in Mpumalanga, het geskimp dat ANC-lede moontlik vir Zuma sal help om ʼn gedeelte van die Nkandla-geld terug te betaal.

Paul Mashatile, die Gauteng LUR vir menslike nedersettings, het gesê hy glo die ANC het reeds die prys van die Nkandla-sage betaal gedurende die 2014-verkiesings. “As die ANC moet ons selfondersoek doen en verreikende besluite neem wat die skade aan ons beeld sal herstel en die vertroue van ons mense sal terugwen.”

Mashatile het Dinsdag gesê die provinsiale uitvoerende komitee het die moontlikheid bespreek dat Zuma voor die ANC se integriteitskomitee gedaag moet word omdat hy die party in oneer gebring het. ANC-takke in die provinsie sal vergaderings hou om die hofuitspraak te bespreek voordat die provinsiale uitvoerende komitee volgende maand ʼn finale besluit sal neem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Marie ·

Ai daar is baie mense wat net praat om te praat ……. Dis nie die Westerse lande wat in Suid Afrika se sake krap nie maar KORRUPSIE!!! Waarna ek geluister het van Zuma se “jammer toespraak” het hy almal blameer behalwe homself. In geen land kan die parlement die konstitusie verbreek en daarmee wegkom nie. Hy is n verleentheid vir ons land saam met die hele ANC parlement wat vir hom gestem het om aan te bly!!

Francois Theron ·

Ek het baie gedink hoe ek al in my lewe moes onverskoning vra – vir -baie – by my bly dit net een idee – het ek of moes of kon ek iets leer? Dis vir my duister of selfs iets so eenvoudig as n idee my land mag Regeer?

maritz ·

So ek kan bedrog pleeg en sorry se dan is dit verby . Hy was te lank in die Gutas se geselskap dis hoe die Indians dit doen . Ooo sorry the president was on special.

alida ·

Gaan hy die R500 miljard rand wat hy die land gekos het toe hy vir Nene afgedank het ook terugbetaal of is hy daaroor ook jammer. Siek mens siek land !!!!

Griet ·

STROOI!! Hy is nie jamme oor die bollie wat hy aangejaag het nie, hy’s jammer hy is uitgevang!!!!

alida ·

Ek stem saam hy is jammer hy is uitgevang. Slim vang toe sy baas en nou slaan die blinde sambok hom waar dit die seerste maak.

hans brits ·

Hy is met sy rug teen die muur,so vir n laaste uitkoms sal hy dit se,niemand kon nog ooit op sy woord gaan nie,Die euwel nl “rassisme” moet uitgeroei word.Ek hoop dat hy opreg is,dit kan sorg vir n beter SA.Plaasmoorde moet staak en die eef moet verban word.

Anoniem ·

Ag asb hy jammer se. Hy kan jammer nie eers spel nie. Hy het ner standard drie. Kan nie eers syfers uitpel nie. Hy het ander die skuld gegee!!!!!!!!!!!!

Theresa B ·

Bietjie lank gevat met die “jammer”. Snaaks dat alles eers ontken is en dan die jammer. Hy is ook seker jammer dat ons land en mense vergaan en ook jammer hy verryk himself ten koste van ons land en sy mense. Maar hy is ook seker nie “bewus” van dit nie………………………….
Hulle het ook ‘n antwoord vir alles! Amazing!!

Johan ·

So, die vrou wat verlede jaar 15 jaar gevangenisskap op gele is omdat sy geld van SARS gavat het moet net se sy is jammer en sy is vry. Wat geld vir Zuma moet mos geld vir almal.

Marietjie ·

Ek is deur n sindikaat in Alberton (KERK) en sy lidmate beroof van alles menslik moontlik
het my valslik twee keer gearresteer, nadat ene Lorraine Lee my identiteit gesteel en mis-
dade gepleeg het, lokvalle was gestel met die hele polisie mag, my sel foon word steeds af-
geluister, word agtervolg met vliegtuie en choppers, dit was reeds twintig jaar later, sy het
skokvry gekom en was betaal om die hoof Wikus Steenberg en ander aan die kaak te stel en
is beloon met 4miljoen rand. Tot vandag nie jammer of eers n glas water gegee nie, maar hou
sondae kerk dat die biesies bewe. Ek was vrou alleen met n kind sonder enige wapens, niemand wou my help nie, ontken dat mense vervolg was – en Zuma is jammer, wat n grap en
behoort sy kop in skaamte laat sak, maar hul kultuur ken dit nie, die vrouens wat vir hom in
die brese tree is bloot omdat hulle geld kry vir elke kind wat gebore word. Dit is te laat vir die
kerke om nou iets te wil se, het hom gesalf in die kerk en gebid. SKANDE/SKANDE ek moes
drie jaar gelede die geld wat SARS vir my besigheid hoeveel keer afgeskryf het terug betaal
met rente na 7jaar, Zuma miljoene gesteel wie is hy om skotvry te kom.

Arno ·

Die vuil hand van die Weste nogal! Dis woorde uit zuma se mond daardie. Wat van sy vuil hand van korrupsie, leuens en bedrog . Hy wil sy termyn uitdien sodat hy en sy uitgebreide gesinne na sy uittrede – buiten die biloene wat hy reeds onder verdenking verkry het – verder deur die belasting betaler onderhou kan word.

Flintstone ·

So wanneer ek willens en wetens ‘n gesonde ekonomie verwoes en miljoene mense se armoede en totale agteruitgang bewerkstellig,en mense in so ‘n staat van totale desperaatheid plaas dat selfmoorde veelvoudig toeneem,besighede en selfs dorpe tot niet gaan onder my handewerk(Aurora kom skielik by my op),en ek sê jammer,dan is dit aanvaarbaar?En ‘n ander man moet 25 jr plus sit vir ‘n enkele moord dan wonder ons waar kom apartheid vandaan?Twee stelle reels vir twee tipes mense?Lagwekkend hoe die totale onvermoë om ‘n sinvolle bydrae tot die omgewing waarin jy bestaan,te maak,deur hierdie individu gemanifesteer word.

E ·

Ghmf ghmf ek is so jammer se voet. As jy genoeg zacks bymekaar gemaak het kan jy nie jammer wees nie!Jammer dat dit so goed met my gaan…

Piet Piper ·

Ja, dit is vir ons duidelik, die swak korrupte ANC kandidate soek eerder ‘n skoon hand soos Robert Mugabe s’n, dis vir hulle die regte African Way.
In die verwoeste Zimbabwe is die vuil hand van die weste seker die oorsaak………..die grootste dele van Afrika ook……pragtige vooruitgang en voorspoed en rykdom daar…geen korrupsie is seker daar te bespeur. Daar was ook nooit apartheid, seker omdat daar vandag geen armoede en agter -geblewenes is. Uhuru Etopia…Viva Africa, Viva.

Theresa ·

Jammer???? absolute beesbollie. Dis nie “dapper”om jammer te sê nie. Dis die regte ding om te doen EN om dan soos ‘n gentleman uit te tree, sodat die land vorentoe kan probeer beweeg.

Anoniem ·

Nogal ironies dat hy op die tv kan sê dat hy kamtig jammer is. Terwyl ons mooi land vreeslike droogte het, en watertekorte het, het hy geensins moeite gedoen om te sê dat as kamtige President hy omgee en dit dadelik op tv afgekondig het nie. Jan en alleman moes self inspring en help met die nood. So asof hy oogklappe op sy “Bennie boekwurm”gesig het. Éérs later, het hy genoem dat hier noodfondse gestig sal word, ens. Hy ken nie die woord “jammer”nie, want dit word nie opreg getoon nie…

Ai ·

Klink soos Mugabe … Alles is Weste se skuld, maar is te gretig om bakhand te staan. Tragies.

Kobus ·

‘n Eerlike en opregte mens hoef nie dapper te wees om te sê hy is jammer nie, maar ‘n krimineel sal enige iets doen en sê om sy gat te red.

koos ·

Skielik kom dit by hulle op dat erens in die bybel staan dat jy moet vergewe. Maar daar is ook ” jy mag nie steel nie ,geen valse getuienis, mag nie begeer nie ens”hulle waardes stink van ongeregtigheid

CHRISTA ·

Hy sê nou kamma hy is jammer maar vir hoeveel maande het hy gedink dis ‘n helse grap en elke keer uitgebars van die lag daaroor!!! Nou haal sy sondes hom in en nou is hy kamma jammer. Seker ook omdat sy Gupta-vrinne pad gevat het en hy nou nie meer ‘n agterdeur het om te gebruik as hy wil ontsnap nie!!! WAT JY SAAI SAL JY MAAI – DIS VIR DUISENDE JARE AL BEWYS!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.