ANC-LP bevestig skuif uit finansieskomitee

Argieffoto

Argieffoto

ANC-LP Makhosi Khoza het Dinsdag bevestig sy skuif uit die parlement se staande komitee vir finansies, maar wou nie bespiegeling dat dié pos moontlik deur die voormalige Eskom-hoof, Brian Molefe, gevul sal word, bevestig nie.

Khoza het gesê sy weet nie waarom sy uit haar posisie geskuif word nie. “As jy meer wil weet oor my aanstelling en die skuif, is Jackson Mthembu die persoon om mee te praat. Hy is die een wat verantwoordelik is vir die ontplooiing van ANC-lede,” het Khoza gesê. Khoza is ook ʼn lid van die ad hoc-komitee wat op die been gebring is om die SAUK te ondersoek.

Sy het gesê sy het verlede week ʼn brief ontvang waarin sy ingelig word dat sy na die portefeulje komitee vir die staatsdiens en administrasie geskuif word. Die datum op die brief is glo 8 Februarie.

“Ek kan bevestig ek is in die komitee vir die staatsdiens en administrasie. Ek is nou die nuwe voorsitter, maar dit sal Woensdag bevestig word wanneer ek amptelik aangestel word. Dit sal more-oggend gebeur as ons ‘n kworum het.”

Opposisiepartye het Molefe se ontplooiing na die parlement ten sterkste veroordeel en gesê hy word gereedgemaak vir ʼn posisie in die parlement se komitee oor finansies. Daar word ook bespiegel dat dit die eerste stap is om hom uiteindelik in die departement van finansies te kry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Johann ·

Hierdie land is siek verby, maaaar, waarom is dit nie snaaks nie?

Johann ·

Hoe sing ons? “Jippie-jipppie-jip …. jippie-jippie-jip ou pê-êrd …… “

Jan ·

So bly oor al die verwikkelinge. ANC doen die opposisie se werk vir hulle.

Basjan ·

Hierdie is ‘n skaakspel waarvan ons die skuiwe duidelik vooraf kan lees. Ons hoef nie “profete” te wees om dit te sien nie.

christine ·

Wel siener het bls.159 van sy boek voorspel Pensioen fonds stort in duie

Noxthefox ·

En dit nadat sy klaar ZUPTA se vuil werk gedoen het deur vir MKWEBANE(PP) in die pos te kry. Dis waarom Malema se Zuma gebruik net die vroumense vir sy afskuwelike vuilwerk en gooi hulle dan op die ashoop.

LB S ·

Ek het nogal respek vir haar gekry met die SAUK ondersoek. Ek weet nou nie of SY juis die nuwe OB in haar pos ingehelp het (soos Noxthefox (he he) beweer nie).

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.