ANC-LP gekaap, gyselaar geneem

Argieffoto

ANC-LP Judith Shabalala en ’n vriendin is Saterdagaand vir ’n wyle gyselaar geneem voordat kapers met haar voertuig op die vlug geslaan het. Albei is ongedeerd ná die voorval.

Bones Modise, ANC-woordvoerder in Gauteng, het aan Maroela Media gesê Shabalala was op pad om haar vriendin ná ’n begrafnis by die huis af te laai, toe haar voertuig in Sebokeng gekaap en hulle vir ’n kort tydperk gyselaar geneem is.

Volgens teenmisdaad-aktivis Yusuf Abramjee is Shabalala in Alberton agtergelaat.

Modise sê die verdagtes het met Shabalala se voertuig en al haar besittings, waaronder haar selfoon en huissleutels, op die vlug geslaan. “Die ANC kan bevestig dat Shabalala sedertdien veilig tuis is.”

Volgens Modise is dit nie in dié stadium duidelik of dit ’n toevallige misdaad was en of daar meer agter die kaping steek nie. Die saak is by die polisie aangemeld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Oujongvrou ·

Dalk sal sy haar stem nou voeg by die duisende wat smeek dat die regering iets daadwerkliks doen aan die kriminele

Leon ·

Haar voertuig was ge-oormerk. Sy het ‘n selfoon en nou kan hulle haar huis oopsluit.

Gato ·

Baie mooi gestel. Ek het dieselfde gedagte gehad maar kon nie die mooi woorde vind nie

Sarah ·

Dalk nou dat dit nader aan “die huis” is, sal CR bietjie wakker skrik. Baie bly sy en haar vriendin is ongedeerd, maar nou moet sy so bietjie gaan skree in die ANC se ore sodat sy die stem kan wees van ons ander wat ook geraak word deur die aaklige misdaad wat die land het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.