ANC-LP gekap oor verset teen Zuma

Argieffoto

Die ANC se hoofsweep het ʼn striemende aanval op die ANC-LP Mondli Gungubele gedoen nadat hy sy steun uitgespreek het vir die opposisie se mosie van wantroue in pres. Jacob Zuma.

Jackson Mthembu het gesê hy met “spyt kennis geneem van die ineenstorting van dissipline onder sekere ANC-LP’s”. Hy het gesê Gungubele is die jongste ANC-LP om by ʼn versetveldtog aan te sluit en in die openbaar bekend te maak dat hy tydens die mosie van wantroue nie ten gunste van Zuma sal stem nie.

“Sy uitlatings is heeltemal buite orde en is die mees ekstreme vorm van swak dissipline.” Volgens Mthembu het Gwede Mantashe, die ANC se sekretaris-generaal, al vroeër vir Gungubele aangespreek en gewaarsku teen sy openbare uitlatings.

Gungubele het die naweek gesê hy beplan om hom by die opposisie te skaar wanneer die mosie van wantroue op 8 Augustus aangehoor word. Dit kom nadat Makhosi Khoza, ANC-LP, vroeër ʼn beroep op Zuma gedoen het om te bedank. Die ANC het hierna met stappe teen Khoza begin.

Mthembu het ook ʼn waarskuwing aan ander ANC-LP’s gerig. “Hulle is afgevaardigdes van die ANC in die parlement en kry riglyne van die party, soos die geval is met alle politieke partye in Suid-Afrika.”

Mthembu het ʼn beroep op die ANC gedoen om op te tree teen Gungubele.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Raymond ·

The most interesting thing in South Africa is how Democracy as a word can be taken so lightly. In a Democratic Country the thing I find most repelling is the fact that people can be claiming democracy and in the news we see how Political Parties discipline their members for wanting to be democratic. The best example of this that I can think of at this point is Cosatu constantly threatening the ANC that they will get their members not to vote for the ANC in elections. This is just way to Autocratic to be Democratic. If a Union tells its members who to vote for, then that is most certainly not a Democratic Society. And so be it for the rest of the country.

Boetman ·

Hulle verstaan nie demokrasie. Is nog altyd stamhoofde en diktators

Oupa ·

Dit beteken die ANC ondersteun die geplunder van die land se bates. Dit maak sin…

Neels ·

So eg afrika styl as jy nie saam stem nie maak ons jou saam stem deur dreigemente. So hy is klaar geintimideer en sal maar doodstil in die hoekie sit met sy vinnger op sy mond en sy oogklappe aan, “hear no evil , see no evil & speek no evil”
.

Eish ·

Jackson Mthembu het laat 2016 self gal gebraak oor die ANC in so n mate dat die jeigliga op sy bedanking aangedring het. Vanwaar sy skielike bekering tot “Loyalty above all, obedience without question.”

cor ·

Sien Jackson Mthembu het toe gaan sit en dink en besef hy moet nou keer want sou die mosie slaag is hulle sonder werk en pensioen , waar gaan hulle weer so lekker werk kry met baie byvoordele

Jan ·

Ek dink datMondile nie meer langer n moordkuil van sy hart kan maak nie. Hy het die lig gesien

popeye ·

Wat die aaaa en seee doen en praat is twee merske verskillende dinge…soos die groot Noord Amerikaanse Indiaanse stamhoof gesê het: hum speak with forked tongue, hum more poisenous than rattle snake. Hai ai jai jai hai ai jai hai jai….

Johann Marx ·

So nou word die moed van jou oortuiging gesien as die “mees ekstreme vorm van swak dissipline”?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.