Opposisiepartye het versoek dat Dirks uit die Nasionale Vergadering verwyder word nadat ʼn onderonsie in die ANC se agterbanke sigbaar was. Jackson Mthembu, hoofsweep van die ANC, het bevestig dat ANC-LP’s gesê het hulle is gedreig tydens die onderonsie.
Mthembu het LP’s versoek om skriftelik kennis te gee van die dreigemente wat teen hulle gemaak is sodat daar dissiplinêre stappe gedoen kan word.
Cedric Frolick, voorsitter van die Nasionale Vergadering, het gesê hy kan nie optree nie aangesien hy nie die onderonsie gesien het nie. Dirks het ontken daar was ʼn onderonsie. “Die bewering wat deur die rassistiese DA en sy trawante gemaak is, is nie korrek nie. Ek was nog nooit in enige onderonsie met enige lid betrokke nie.”
Opposisiepartye het later gesê Dirks het vir hulle middelvinger gewys. Frolicks het Dirks daaroor uitgevra, waarop hy geantwoord het: “Daardie nieu-liberale word mal in die kop … hoekom moet ek die middelvinger wys?”
Terwyl Dirks die aantyging ontken het, was sy middelvinger weer in die lug en is hy uit die Nasionale Vergadering verwyder.
Hy moet aangekla word Daar is te veel van hulle wat dink hulle onaantasbaar en kan sê en doen wat hulle wil terwyl hulle groot salarisse trek Kyk hoe het hulle gesit en slaap met die begrotings debat Miskien moet hulle opgelei word in debatvoering en nie skreeu politiek nie
Dis die stoffasie van die aaenseeee.
Wonderlike verklaring waarom politieke sluipmoorde, verkiesingsbedrog, staatskaping en vroueslanery tiperend van die politici is wat behoort tot die party.
Parlementwoede.
Ongeskik as jy my vra
Hi Maroela. Moet “nieu-liberale” nie dalk “neo-liberale” wees nie?
Dink die parlement is n surkus! Skande…
Ek glo hom nie. Hehe dink seker ons is dom….