ANC-LP reik hand na AfriForum oor onteiening

land-lugfoto-grond-landbou

Foto: Magda Ehlers/Pexels.com

Dr. Mathole Motshekga, voorsitter van die parlementêre ad hoc-komitee om art. 25 van die Grondwet te verander ten einde onteiening sonder vergoeding te vergemaklik, het ‘n hand van kontak uitgesteek na die burgerregtegroep AfriForum.

Motshekga het Maandag tydens ‘n vergadering van die ad hoc-komitee gesê hy is geneë om met AfriForum te praat. Hiervoor is hy erg uitgetrap deur die EFF se Floyd Shivambu, wat meen hy is te gevoelig vir minderhede se voorkeure.

In reaksie het Kallie Kriel, hoofamptenaar van AfriForum, aan Maroela Media gesê AfriForum is altyd oop vir gesprek oor die kwessie.

Voorts het die komitee besluit die openbare insette wat in Polokwane plaasgevind het en ontwrig is, toe te veel ondersteuners van die ANC en EFF opgedaag het om sosiale afstandelikheid in die Jack Botessaal te waarborg, moet weer plaasvind, verkieslik die komende naweek.

Die komitee gaan ook probeer om inwoners van die Waterberg-distriksraad in Limpopo kans te gee om hul insette te lewer.

Dr. Annelie Lotriet, DA-LP, het daarop gewys dat dit die wangedrag van ondersteuners van die ANC en EFF is wat tot die verdaging van die oorspronklike vergadering in Polokwane gelei het, en dat die DA nog deurgaans gewaarsku het wat sou gebeur as meer mense as wat kragtens die inperkingsregulasies toegelaat word, sou opdaag. “Nou word belastingbetalersgeld gemors as gevolg van wangedrag deur die ANC en EFF. Dit is onaanvaarbaar,” het Lotriet gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Persheks Adri ·

Al WEER die rooi petters wat hulle nie kan gedra nie! Mens sal sweer als behoort aan hulle pffft altyd die minderbevoorregtes se belange, maar hulle werk nie vir hulle goed nie! Demand en demand is al wat hulle kan doen dis om van naar te raak

Edward ·

Ek bly by my standpunt dat die EFF ‘n minderheidsgroep is, baie min. 5% politieke ondersteuning. die media gee hulle ‘n platform en blaas hulle op om te lyk soos ‘n groep om mee rekening te hou, maar hulle is eintlik net ‘n groep misdadigers. Sou hulle ooit aan bewind kom, (sic) sal die ANC se korrupsie soos “petty theft” lyk teen wat ons dan gaan tref.

Louis ·

Edward, ek stem 100% saam. Kom asb Maroela, kom ons begin hier by julle. Staak onmiddellik alle berigte wat handel oor Malema.

Miskruier ·

Ek dink jy is reg, het al gesien as hul hier by informele gebied sit, daar is definitief nie n groot aanhang nie.

christo ·

Die EFF is baie gewild onder die werklose en skoolgaande township jeug. Die ANC maak dit soveel makliker vir die EFF met hulle leë beloftes en korrupsie.

Heinrich ·

Die rooi petters se taktiek is eintlik heel eenvoudig: vernietig enige geleentheid tot gesprek sodat die apmtelike landgryp deurgestoomroller kan word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.