ANC-LP se moordsaak na hooggeregshof

Sibusiso Kula (Foto: Verskaf)

Die saak van moord teen die voormalige ANC-parlementslid Sibusiso Kula is vandeesweek na die Noordwes-hooggeregshof oorgeplaas waar Kula verhoor sal word.

Kula het Woensdag in die streekhoof in Klerksdorp verskyn voordat die saak na die rondgaande hooggeregshof op die dorp oorgeplaas is vir voorverhoorverrigtinge.

Henry Mamothame, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sê alle ondersoeke is afgehandel en die staat is gereed om met die verhoor voort te gaan.

“Senior staatsadvokaat Benny Kalakgosi het Kula se prokureur van ’n akte van beskuldiging voorsien sodat hulle kan voorberei vir die voorverhoor waar ’n verhoordatum bepaal sal word.”

Sibusiso Kula saam met sy vrou, Jennifer (Foto: Facebook)

Kula is in Januarie in hegtenis geneem in verband met die moord op sy vrou, Jennifer Kula.

Maroela Media het vroeër berig Jennifer is op 27 November 2022 by die egpaar se huis dood aangetref ná ʼn vermoedelike rooftog. Sy het ʼn meswond in haar rug gehad, maar die moordwapen is nooit gevind nie.

Kula het haar die betrokke dag na die hospitaal geneem en hospitaalpersoneel het die polisie ontbied. Kula het aan die polisie gesê hy was nie by die huis tydens die voorval nie.

’n Ondersoek het Kula met die moord verbind en hy is op 20 Januarie vanjaar in hegtenis geneem op aanklag van moord.

Kula is ná ʼn appèlaansoek in die hooggeregshof in Noordwes op borgtog van R50 000 vrygelaat nadat hy aanvanklik borgtog in die Orkney-landdroshof geweier is.

Die voormalige ANC-parlementslid se aansoek om sy moordsaak van die rol te skrap, is ook in Mei in die landdroshof van die hand gewys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Anel ·

Hoe lank gasn die nou weer sloer? En is hy nou al afgedank? Seker nie.

Papsak ·

Ja gedink hy kan maak wat hy wil klad vir anc op hulle naam so gaan dokumente ook verdwyn en alles gaan stil dood loop

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.