ANC-LP vas vir beweerde veediefstal

plaas-polisie-veld

Argieffoto

ʼn ANC-LP is in hegtenis geneem vir beweerde veediefstal.

Susanna Dantjie, adjunk- provinsiale sekretaris, het gesê Mapule Mafolo is in Schweizer-Reneke vasgetrek. Sy is in hegtenis geneem omdat sy glo twee kalwers gesteel het in dié omgewing.

Dantjie het gesê sy en Bridgette Tlhomelang, die ANC se provinsiale sekretaris van die vroueliga, het Dinsdag met Mafolo vergader om haar kant van die saak te hoor.

“Mafolo is inderdaad saam met Thabo Phutiyagae in hegtenis geneem. Volgens haar is hy al vier jaar haar kêrel en koop en verkoop hy gereeld beeste,” het Dantjie gesê.

“Op die dag dat hulle vasgetrek is, het Mafolo vir Phutiyagae ʼn rygeleentheid na ʼn veiling gegee om twee beeste te verkoop. Hy het beweer hy het dit by ʼn kollega gekoop – toe vind sy eers uit dit is gesteel.”

Volgens Dantjie is Mafolo 12 Januarie in hegtenis geneem en 15 Januarie met ʼn waarskuwing vrygelaat.

“Sy het 15 Januarie in die hof verskyn en die saak is tot 19 Februarie uitgestel.”

Dantjie het bygevoeg dat die party ʼn beskuldigde se reg om as onskuldig beskou te word tot hul deur ʼn hof skuldig bevind is, respekteer, maar dat die ANC die betrokkenheid van enige van sy lede by strafregtelike aktiwiteite veroordeel.

“Ons glo die gereg moet sy gang gaan.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Hans ·

Nou is dit baie makilik om te sê gereg moet sy gang gaan. Wat gebeur wanneer die gereg sy gang gaan en hul kry dan nie die beslilling wat hul wou hê dan skreu hul rasime. So tipes van mense wat net eensydig en selfgekonsenteerd is.

Elvira ·

Wat nou nog? Hoe op aarde gaan die skelms in hierdie land gekeer word.

Jordaan ·

Dus is sy gekwalifiseerd om in die ANC regering te dien …

Gatvol ·

Wie is regtig gekwalifiseerd in die ANC? Hoeveel sertifikate is nie al gekoop nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.