ANC-LP wil volkslied daagliks op SAUK hoor

nuwe SA-vlagLindiwe Michelle Maseko, ʼn ANC-LP, het voorgestel dat die SAUK twee keer per dag die volkslied moet uitsaai om patriotisme te bevorder.

The Times het Woensdag berig Maseko beweer Suid-Afrikaners is nie patrioties genoeg nie. Sy het glo voorgestel dat die volkslied elke dag om 06:00 en 18:00 deur die nasionale uitsaaier gespeel word.

Maseko het gesê toe sy in haar “tuisland” Bophuthatswana grootgeword het, het die radio- en televisiekanale hul nasionale volkslied twee keer per dag uitgesaai en sy glo die SAUK moet dieselfde doen.

Sy beweer dit sal maatskaplike samehorigheid en morele herlewing versterk. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Marinda ·

Get a life jy bly nie meer in Bophuthatswana nie. Jy kan sing tot jy blou in die gesig is dit verander niks in ons land nie.

se-net ·

Wat het die lied met die morele te doen??? Gaan NIKS verander nie!!!!

Rene ·

Die dame mis iets ons sit dan met gewetenlose misdadigers wat moor en steel vir R50.00 wat gaan Nkosi Sikelele doen? Absoluut niks Patriotisme is maar net ‘n woord wat in die woordeboek bestaan nie in ons land nie.

Geduld ·

Miskien moet julle asb ons Lands Lied in Afrikaans plaas sodat almal kan sien watter pragtige woorde dit eintlik is.

Machiel Nel ·

Speel hom sommer 100 keer per dag. Ek kyk anyway nie enige vorm van Suid Afrikaanse TV nie. Ons mense moet net die uitsaaier boikot, hou op betaal…………

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.