Lindiwe Michelle Maseko, ʼn ANC-LP, het voorgestel dat die SAUK twee keer per dag die volkslied moet uitsaai om patriotisme te bevorder.
The Times het Woensdag berig Maseko beweer Suid-Afrikaners is nie patrioties genoeg nie. Sy het glo voorgestel dat die volkslied elke dag om 06:00 en 18:00 deur die nasionale uitsaaier gespeel word.
Maseko het gesê toe sy in haar “tuisland” Bophuthatswana grootgeword het, het die radio- en televisiekanale hul nasionale volkslied twee keer per dag uitgesaai en sy glo die SAUK moet dieselfde doen.
Sy beweer dit sal maatskaplike samehorigheid en morele herlewing versterk. – SAPA
Get a life jy bly nie meer in Bophuthatswana nie. Jy kan sing tot jy blou in die gesig is dit verander niks in ons land nie.
Ag asseblief tog. Go and get a life!!!! In watter era lewe jy?
Dankie tog ek kyk nie SABC nie.
Sal maar televisie na 18:00 aanskakel! Hie-hie!!
Wat het die lied met die morele te doen??? Gaan NIKS verander nie!!!!
hahahaha
Die dame mis iets ons sit dan met gewetenlose misdadigers wat moor en steel vir R50.00 wat gaan Nkosi Sikelele doen? Absoluut niks Patriotisme is maar net ‘n woord wat in die woordeboek bestaan nie in ons land nie.
Ek lag my klaar!!!!!!!!!! Dream on.
What a joke!! get real!!
Miskien moet julle asb ons Lands Lied in Afrikaans plaas sodat almal kan sien watter pragtige woorde dit eintlik is.
Speel hom sommer 100 keer per dag. Ek kyk anyway nie enige vorm van Suid Afrikaanse TV nie. Ons mense moet net die uitsaaier boikot, hou op betaal…………