ANC-LP word geïmpliseer in Bosasa-skandaal

Cedric Frolick van die ANC is weer as huisvoorsitter van die nasionale vergadering verkies (Foto: Tracey Adams/ANA)

Cedric Frolick, Grace Boroto en Madala Mtombela is Donderdag amptelik as voorsitters in die nasionale vergadering verkies, maar nie voor die DA sy eie kandidaat genomineer het nie. Dié party moedig ʼn “multiparty-kultuur” aan in die parlement.

DA-hoofsweep John Steenhuisen het aangevoer dis ʼn goeie praktyk in ander lande om LP’s van opposisiepartye aan te stel as toesighoudende beamptes om multiparty-politiek aan te moedig.

Steenhuisen se voorstel, dat Annelie Lotriet Frolick moet vervang as voorsitter verantwoordelik vir parlementêre komitees, was onsuksesvol tydens ʼn stemmery. Altesaam 205 LP’s het teen die besluit gestem, met 15 persone wat buite stemming gebly het. Altesaam 83 stemme (dieselfde getal LP’s wat die DA in die parlement verteenwoordig), het die mosie ondersteun.

Boroto is die voorsitter verantwoordelik vir ledebelange en Mtombela sal internasionale betrekkinge hanteer.

Die ANC het onder skoot gekom dat hy Frolick by sy lys vir voorsitters ingesluit het, aangesien hy deur getuienis voor die staatskapingskommissie geïmpliseer word.

Angelo Agrizzi, voormalige uitvoerende bedryfsbeamptes van Bosasa, het in Maart aan die staatskapingskommissie gesê hy was minstens twee keer teenwoordig toe Frolick “sekuriteitsakke” ontvang het. Volgens hom was daar waarskynlik kontant in dié sakke. Frolick sou op sy beurt Bosasa help om, onder andere, vergaderings te belê met politici wat politieke gunste vir die maatskappy kon bewillig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

7 Kommentare

jongste oudste gewildste
Skepties

Ooooo ek brand om Frolick nie meer so vrolik te sien nie. Hy was een van Zuma se voorsangers tydens sy pos as waarnemende Speaker in die parlement. Sy pogings was duidelik partydig en openlik vyandig teenoor oposisielede.

KP

PIESANGREPUBLIEK!!!!!

lewies

Nee ek glo dit nie, hy was dan ‘n onderwyser?

Johanna Botha

En wat gebeur ……NIKS !

Kobus

Maar not steeds dieselfde storie, hoe meer korrup hoe groter jou bevordering