ANC-LP’s staan agter Zuma

Die lokaal in die parlement word voorberei vir die geheime stemmery (8 Augustus 2017). Foto: Twitter via @ParliamentofRSA

Ten spyte van intensiewe pogings deur opposisiepartye om ondersteuning vir die DA se mosie van wantroue teen pres. Jacob Zuma te werf, het die ANC Dinsdag weer eens met ʼn meerderheid die mosie laat misluk.

Die mosie is volgens speaker Baleka Mbete se besluit met ʼn geheime stemming beslis. Altesaam 198 LP’s het teen die mosie gestem, 177 het daarvoor gestem en nege LP’s het buite stemming gebly.

Dit is die sewende mosie van wantroue wat teen Zuma ingestel is, waarvan almal misluk het. Opposisiepartye was Dinsdag in aanloop tot die mosie verenig in hul teenkanting teen Zuma en hul vasbeslotenheid dat hy uit sy pos verwyder moet word. Optogte teen Zuma is landswyd gehou met duisende Suid-Afrikaners wat daarop aangedring het dat hy uit sy pos verwyder moet word.

Mmusi Maimane, leier van die DA, het ʼn beroep op ANC-LP’s gedoen om met hul gewete te stem en nie hul stem deur vrees of intimidasie te laat beïnvloed nie.

Die ANC was egter deurentyd vol vertroue dat die mosie van wantroue sal misluk. ANC-LP’s was vroeër Dinsdag in ʼn jolige bui en het na afloop van die ANC-koukusvergadering vrolik gedans en gesing.

Die ANC het Maandagaand in ʼn verklaring weereens die mosie as ʼn “politieke truuk” bestempel wat ten doel het om die ANC te verdeel en te verswak. “Ons het volle vertroue in ons ANC-lede in die parlement. Die ANC sal teen hierdie mosie stem. Ons sal nie saam met die opposisie stem om ons demokraties verkose regering te laat ineenstort nie,” het die verklaring gelui.

Hou Maroela Media dop vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

61 Kommentare

Vryheid ·

Ja wat die LP’S was meer bekommerd oor hulle paycheck as die land se toekoms. Wag maar vir die verkiesing dan sal die land praat.

Westing ·

Dis moeilik om van ń nes kriminele ontslae te raak. Hulle ondersteun mekaar

Jan Smit ·

Die fout wat almal maak is om te dink die ANC mense met integriteit is en die verskil tussen reg en verkeerd ken. Die feit dat die stem gesultaat is soos hy is, dui aan dat hierdie regering nog meer korrup, oneerlik, onnosel, oneties en krimineel is as wat selfs opposisiepartye gedink het.

Johannes ·

Jan, PRESIES! Die fout wat te veel mense steeds maak is om twak te glo dat daar OOIT iets soos ‘n eerbare, opregte ANC was wat vir geregtigheid “geveg” het. Die ANC van toe en nou is een en dieselfde – ‘n kommunistiese, anti-Christelike terroriste beweging.

Cherokee ·

Die fout wat jy maak is om te dink dat almal die anc aansien as met integriteit.

Joe Olivier ·

Dit is Afrika “demokrasie” waarvoor n klomp idiote in ’92 ja gestem het.

jaco ·

Die 900 000 nee-stemmers van 1992 is ook te blameer. Bitter min van hulle het gedink aan afstig in n volkstaat. Daardie 900 000 is ook af na net meer as 400 000 vir die Vryheidsfront in 1994. Laasjaar in die munisipale verkiesing het die VF-plus maar 130 000 stemme gekry. So waar is die ander 800 000? Almal dood, almal by die DA, almal in Australië? Ons Afrikaners help lekker aan om ons eie graf te grawe.

Hendrik 2 ·

het geweet dit gaan misluk. ANC het vooraf geweet ongeveer 60 stemme van hulle kort om Zuma uit te kry. Dis dan mos maklik om die saak te laat misluk.
S.A kan heel vernietig word maar Zuma sal daar sit

Drikus ·

In die lig van Maimane se versoek dat die ANC LP’s volgens hul gewete moet stem, moet mens aflei dat hulle toe geen gewete gehad het nie?

Adri ·

Gewete gaan met integriteit en geloof gepaard. Dit ontbreek.

jaco ·

Het enigeen v.d. 400 parlementslede ‘n gewete? Petrol, elektriciteit, kos, water word duurder en duurder, maar ELKEEN van hulle kry R1.1 miljoen PER JAAR, plus ‘n luukse motor, plus ‘n luukse huis, plus verniet vlieg, plus ‘n reusagtige onthaaltoelae. Duur lewenskoste raak hulle dus nie en met al daardie voordele word meeste v.d. R1.1miljoen per jaar gespaar. ELKEEN van hulle bou met daardie geld ‘n mini-Nkandla.

Heleen ·

Glo my…hulle is seker groot bonusse belowe indien hulle vir hom stem…..

tom ·

Die Wys my net dat die meerderheid so stupid is soos Zuma. Dis nou die anc en hulle voters…die klomp wat ook altyd Kan toi toi…middel van n werks week. En Dan moan hulle oor werk bla bla bla. Word wakker.

Anton ·

…is ons verras met die uislag…? Nou gaan hy eers He.He.He. die dief hy en sy kronies steel die land onder ons almal uit…

Basjan ·

Ek het so gehoop dat die uitslag anders sou wees, maar helaas, dìe hoop het beskaam. Dit was egter naelskraap. 198 Stemme teen die mosie, minus 177 stemme daarvoor, minus 9 buite stemming, gee ‘n meerderheid van slegs 12 stemme. Maar soos hulle sê: Gedane sake het geen keer nie.

Gerda ·

Mense kan stem en sê net soveel hul wil, maar dit bly die Here se besluit wie en hoekom Hy n persoon (leier) daar hou. Ek het gehoor daar is gevra dat alle ‘gelowe’ bymekaar moet kom ensv so dit sê al klaar baie. Daar is net een ware geloof dit is God Drie Enig.

LawMan ·

Wat in gedagte gehou moet word is die volgende. 395 stemme was teen woordig. Net 384 het gestem… dit is 11 stemme. 198 het wel nee gestem en 9 wat op die draad bly sit. Dus tegnies 177 + 11 = 188 + 5 vakante stemmed = 193 + 9 draad sitters = 202 stemme. Dit is hoe naby dit eintlik was.

Katryn ·

Soort soek soort! En dis die waarheid! Hulle moet nou net nie weer kla nie!! Daar sal ‘ n dag kom wat ons weer sal kan sing: Ons vir jou Suid Afrika!! Hou goeie moed! Kyk OP ! En glo!

Kiekie ·

Nou gaan sy sweep vir klap!! Next move….’n Kabinetskommeling?????

Kiekie ·

Nou gaan sy sweep weer klap!! Next move….’n Kabinetskommeling?????

Kobus ·

Kiekie…dis wat ek gister in my kommentaar voorspel het…nou gaan hy skommel

Anoniem ·

Die man gee vir jou werk sal jy wragtig teen hom stem en jou werk verloor. Kom aan mense Niemand sal dit doen nie. Dai perde verdien duisende nie sente nie. Onthou net politiek is a game, voor ons baklei hulle agter af sit almal en lag.

gawie ·

Sowat 30 van die ANC kon vir die mosie gestem het, net nie genoeg nie. Die opposisiepartye sal moet saamstaan om die ANC by die verkiesing te verslaan. Gee maar ‘n koalisieregering ‘n kans, ek twyfel of dit kan slegter gaan. Ons sal nie weet voordat dit nie probeer is nie. Werk dit nie, dan neuk ons maar weer voort soos nou (en dan is daar nie eintlik verder hoop vi die land nie).

$ ·

Hehehehehehehe … I survived namba seven or is it eight? (I cannot keep count) with eleventy plus ten…

De Villiers ·

En daar kry Malema van sy eie medisyne nadat soveel ANC-kabinetslede hom verseker het hulle gaan teen Zuma stem. Jy kan nie die ANC vertrou nie.

14/88 ·

Die eenvoudigste manier om ‘n demokrasie te beskryf, is dit: Drie mense vorm ‘n regering, elk met een stem. Dan stem twee van hulle saam om die welvaart van die derde te besteel.

alwyn burger ·

Suid-Afrika is doodgewoon nog nie gereed vir n regte demokrasie nie. Dit het die mensdom honderde jare geneem on te erken : die wěreld is rond en nie plat nie

Cherokee ·

Verstaan julle nou? Suid Afrika se probleem is nie Zuma nie maar die ANC.

Flintstone ·

Solank as wat ons dink leiers word met stemme verkies sal ons altyd in lalaland bly.Zuma,net soos Mugabe,sal bly sit totdat die magte agter die skerms besluit het dat ‘n volgende fase ingelui moet word.Die wereld se toekoms lê lank nie meer in demokrasie se hande nie.

14/88 ·

Jy is helemal reg en dit is hoekom die beskerming van die republiek met sy konstitusie so van uiterse belang is dat juis sulke magte nie die demokrasie kan misbruik nie en dit is wat huidiglik in Suid Afrika plaasvind.

Johann ·

Maroela? Skuis maar hoevelste mosie is dit nou? 7? 8? 99? Nie dat dit saak maak nie. ZUPTOPIA RULE!

Andre' Vorster ·

Die stemming sal nooit teen die Zuptas gaan nie want daar is meer lafaards in die Parlement

as eerlike LP’s

Andre ·

Dis nie tyd vir galbraak nie!!! Dis tyd dat ons met almal ongeag ras, kleur of geloof begin praat oor die volgende verkiesing. Ons moet met almal saamwerk, en daadwerklik so om almal in te lig en te oortuig dat die ANC en waarvoor hulle staan nie die oplossing vir ons land is nie.

Elna Steenkamp ·

Aanvaar die uitslag
Dit beteken nie dis die einde
God is in beheer
Laat ons ons liewer verootmoedig voor God en Hom vra om ons te help om na bo te kyk
Verby die tydelike
Na ons Ewige Permanente Woning….
God se gedagtes is nie ons gedagtes
Daarvoor is Hy te ver bo ons verhewe…..

Anoniem ·

Stem saam met jou, Elna. My enigste troos is dat ek met liggaam en siel, in lewe en in sterwe aan God behoort.

1+1 ·

Hierdie uitslag dwing SA na ‘n twee party demokrasie, wat multi-etnies(kultureel) saamgestel is kom 2018. Die enigste regeringsvorm wat die oormag van die ANC kan breek en mense wat iets tussen die ore het in politieke posisies aanstelstel . n Wen-wen-situasie vir almal. Hoop die besluitnemers sien hierdie as ‘n moontlikheid..

gawie ·

Disg die enigste oplossing in hierdie stadium. Die status wat die ANC deur die struggle opgebou het, sal afgebreek moet word en die enigste manier gaan wees ‘n verenigde koalisie in die verkiesing. Die ding is dat die ANC ‘n soort van onaantasbare status by die massas het. As hulle egter die verkiesing verloor, is hierdie “onaantasbaarheid” by die agterdeur uit en sal hul ondersteuners meer geneig wees om na ander partye oor te loop.

Riaan ·

Daar het ons die bewys: Die probleem is die anc self, nie zuma nie.

pbotha ·

eintlik n goeie dag vir SA. hoe langer hy oorleef hoe meer skade berokken hy die anc. Volgende verkiesing regeer n koalisie…geen omdraaikans meer vir die anc nie. jul doppie is vanaand geklink.

jaco ·

As die mosie geslaag het, moes die HELE kabinet bedank en sou die speaker waarnemende president word. Die gevolg: net BAIE meer politieke en ekonomiese onstabiliteit, R20 in 1 dollar, R18 vir 1 liter petrol en en en. Ek hou ook nie van Zuma nie, maar my salaris maak tans net-net al die gaatjies toe. Dalk tree die man uit as die ANC in November n nuwe leier kies. Dalk word die ANC in 2019 uitgestem. Oppas om ‘n roosknop te druk en te dink jy gaan ‘n roos key. By kry eerder papgedrukte blare. Selfs Jesus, Seun v.d. alwetende God, het gesê “bekommer jou nie oor die dag van môre nie, want jy weet nie wat die dag inhou nie”

Swartkat ·

Die probleem is nie Zuma nie, die probleem is die ANC en Guptas wat hom gebruik vir hulle doel.

HPV ·

Gerda, ek twyfel of dit die Here se besluit is of was. Die Here het mense bemagtig om hul eie keuses te maak en tot uitvoering te bring. Ek glo nie as mense verkeerde keuses maak om dan te maak asof dit die Here se wil was nie. Dit was die mens se eie keuse. Ek glo ook nie dat die Here slegte dinge oor jou pad bring nie, mens doen dit self. Hierdie is my mening maar elkeen is geregtig op sy eie mening.

dovaz ·

Miskien was die hele show om die oe van iets of iemand anders af te kry. Toe besluit zupta om die punch te vat en iemand anders loop met die hele trommel goud weg. Who knows!

Asb ·

Regering? leiers? beheer NET ‘n land. NIE die heelal.
Gif sak AF! stadig maar seker… behou Vertroue.
(Mag U asb elkeen van U kinders veilig hou NET SOOS U KAN asb. VERGEWE en wees geduldig asb met ons kleingelowigheid, in U ALMAG O GOD.)

Kazzinator ·

Dit gaan nie oor Zuma nie, dit gaan oor poletiek, wie in die stoel id maak die geld. Ou beginsel. nuwe Pres, dieslfde gaan gebeur.

Sipho ·

I believe anti-Zuma ANC MPs were afraid of being unable to conceal their votes from president Zuma. On top of this I think there were attempts to keep anti-Zuma MPs from attending and intimidation and other forms of pressure (the tokolosh maybe?).

Johannes van Staden ·

N goeie voorbeeld van n tipiese anc lid en waarmee n mens kan vergelyk is iemand soos Carl Niehaus …hoef mens meer te se ….

Paul ·

Soos ek dit dan verstaan is die anc heeltemal tevrede met korrupsie en beskerm hulle korrupsie en steun dit ten volle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.