‘ANC-lyfwag met AK47 moet in hegtenis geneem word’

Skermgreep uit die video

Die VF Plus het gesê die ANC-lyfwag in KwaZulu-Natal wat in ʼn omstrede video op sosiale media met geweld dreig, moet in hegtenis geneem word vir die onwettige besit van ʼn vuurwapen

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, het gesê die feit dat die lyfwag ’n AK47-aanvalsgeweer vertoon het, is genoeg rede vir sy inhegtenisneming aangesien private persone nie gelisensieer kan word om ʼn AK47 te besit nie.

Groenewald het gesê indien dit die ANC as organisasie se wapen is, moet die ANC verduidelik hoe hy in besit kan wees van ʼn aanvalsgeweer soos ʼn AK47.

“Ek sal die saak in die parlement opvolg en sal die polisie versoek om ʼn ondersoek te doen oor aan wie hierdie wapen behoort aangesien onwettige vuurwapens ʼn groot krisis in Suid-Afrika is wat misdaad bevorder,” het Groenewald gesê.

“Gewapende aanvalle het tans ʼn verlammende invloed op die politieke situasie in KwaZulu-Natal en die ANC moet verduidelik hoe sy lyfwagte in besit van ʼn wapen soos hierdie kon kom.”

Maroela Media het vroeër berig die ANC in die Ethekwini-streek het gesê hy neem met kommer kennis van berigte dat daar ʼn video die ronde doen van sy streeksekretaris Bheki Ntuli se lyfwagte wat gewere rondswaai en gewelddadige uitlatings maak.

“Die ANC is geskok en getraumatiseerd oor hierdie video. In ʼn provinsie waar ons sukkel met ʼn toename in politieke moorde, kan sulke gedrag en openlike geweld nie toegelaat word nie,” lui ʼn verklaring. “Die ANC in Ethekwini sal die inhoud van die video bestudeer en indien dit waar is, sal stappe gedoen word.”

Luidens die verklaring wil die ANC in die streek dit ook duidelik stel dat sekuriteitspersoneel privaat bekom word en dat hulle werknemers is van die private maatskappy. “Dit is ook onmoontlik vir die streeksekretaris of enige ander leier om te weet wat veiligheidswagte of enige ander personeellede in hul afwesigheid doen. Daar sal in hierdie verband met die maatskappy ʼn gesprek gevoer word.”

Jacaranda FM het die video op YouTube gelaai:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

neels ·

Nou word ons gedwing om van onswettige vuurwapens ontslae te raak deur dit al moeiliker te maak om lisensie te hernu, maar die regering van die dag se lyfwagte loop openlik met onwettige vuurwapens, wat gaan die minister ban polisie daaraan doen, net mooi niks. Daar word dan nie eers opgetree teen die betrokke polisie wie se vuurwapens gesteel is .

HPV ·

Neels jy bedoel seker ons word gedwing om van wettige wapens ontslae te raak terwyl hulle met onwettige wapens mag rondloop.

anc is `n tragical joke ·

“Die ANC is geskok en getraumatiseerd oor hierdie video – Die manne kan darem snert praat

RR ·

Nou wonder ek, hulle kan n ander mens as n “hond” uitkryt, daar word niks oor gesê nie. Ek sal BAIE graag die reaksie wou hoor as n wit ou dit nou sou waag om vir n swart ou as n hond te beskryf…wat is die verskil tussen “a lot of monkeys” en “this dog” ? Wat maak die een meer aanvaarbaar as die ander? Belaglik!! Wonder (nie régtig) waar lê die rasisme issue eintlik.

Lollie ·

Indien enige persoon regtig kon krap sou hulle sien hoeveel van daardie tipe wapens in die verkeerde hande is. Die ANC kyk net anderpad want vandat daar so baie vuurwapens ingehandig moet word is daar baie meer (verkeerdes) wat wapens besit. Dit is ongelisensieerd en word vir al die verkeerde dinge gebruik. Indien hulle vuurwapens wou vat moes hulle strenger gewees het met die vernietiging daarvan.

Johan ·

Na wie verwys hulle as n hond….n ander bestuurder? Is hy dalk wit?

Carel ·

Lyfwagte werk vir privaat maatskappye? So die ANC hoë wat beskerm word, word beskerm deur iemand wie hy nie ken nie. Dit kan enige iemand wees, selfs ‘n sluipmoordenaar. Wonder wie gaan die ouens na en wie besluit watter en op ‘n bepaalde dag die BBP gaan baba sit. Is dit só maklik is om ‘n BBP te na te kom, mors hulle baie geld met al die “veiligheid” wat hulle toegepas.

Shaun ·

Geagte Dr Groenewald . Sekuriteits maatskappye sowel as privaat persone mag n AK 47 lisensieër . Privaat persone moet net DSS ( Dedicated Sport Shooter ) status hê. Aanvals gewere is volop by sekuriteits maatskappye. Sien maar net wanneer hulle OTM’s van geld gaan voorsien .

Vraagteken? ·

Shaun, so vêr my kennis strek, mag vol-automatiese vuurwapens nie deur ‘n private entiteit (M.A.W. ek en jy) geregistreer/lisensieër word nie.

CW ·

Vraagteken, dit lyk na ‘n Norinco-namaaksel van ‘n AK en is heeltemal wettig aangesien dit semi-outomaties is.

Vol-outomatiesie wapens in privaatbesit is ook toelaatbaar maar slegs onder kategorie A vuurwapenversamelaars en mag nie gebruik word vir ander doeleindes nie…

Willemsp ·

Een van die eerste ‘reels’ wat jy geleer word of veronderstel is om teleer by enige instansie waar dit nodig is om met vuurwapens tewerk ‘dont pull your weapon if you dont intent to use it’ wat het van al die standaarde geword ???

Rudi ·

Netso Willemsp…. hierdie lyk meer soos kinders wat probeer “gangster” speel. En verder moet ons maar met die nonsens saamleef

Linda R ·

Ekskuuuuuuuuuuus!!!! ” indien dit waar is, sal stappe gedoen word.” kan my lag nie hou nie!!!!

Eish ·

Dis maar net die simptomaties van die siek helhool waar ons moet bly.

Se net ·

Hahahaha!!!! Kry vir julle!! Mooi so. Karma op die beste. Hahaha

Riaan ·

Ons wet maak voorsiening vir die dra van ‘tradisionele wapens’… Nou waars my 303? :)

Willie ·

Bo alle wetgewing… so die sekuriteit maatskappye en die SAPD, O ja en die Metro Polisie pas die ANC groot koppe op… Interesant…. Die minister van polisie se spreuke gisteraand oor die insident was net so grap…..

Johnnie ·

as jou velkleur reg is kan jy enige iets doen en daarmee wegkom

Frederik ·

Johnnie, volgens my spieël is my velkleur reg, en ek is heel gemaklik daarmee. Ek glo egter nie ek kan enige iets doen en daarmee wegkom nie. Ek is nie so grootgemaak nie.

Justice ·

Geen bevoegtheid van die twee om `n vuurwapen te besit nie. Indien die SAP nie hul bevoegtheids sertifikate onmiddelik gekanseleer het nie is die hele wapenwet `n absolute klug.

Niekie ·

Ag wat verwag mens van ANC hulle sal daarmee wegkom soos met alles anders waarmee hulle weg kom. Hulle rule mos so als is aanvaarbaar hoe onwettig dit ook mag wees

Grysburger ·

Die artikel bevat foutiewe inligting rondom lisensies vir AK 47 gewere. Daar is baie gewere wat soos die AK lyk maar net semi-outomaties kan vuur wat gelisensieer kan word. Daar is bv baie sportskuts wat sulke wapens gereeld in kompetisies gebruik. Sekuriteitsmaatskappye gebruik ook sulke wapens wettiglik. Sulke lisensies word in buitengewone gevalle ook gegee vir selfbeskerming, maar moet meer gereeld hernu word.

Petrus Jansen van Vuuren ·

Al drie die wapens was oorgehaal terwyl dit in die rigting van die persoon (nie in die video) gerig was. As ek nie verkeerd is nie, kan hierdie “Poging tot Moord” wees en dan kom die vraag op. Waarom is hulle nog op vrye voete?

KomOnsProbeerWeer ·

Hulle is gister reeds afgedank, maar ja, kriminele klagte en arrestasie is wat verlang word.

Carel 2 ·

Rig van n vuurwapen…… Maar as die persoon toestemming gegee het sodat hy video Kan neem sal hul daarmee weg kom alowel dit teen baan veiligheid reels is

Frans ·

As dit nou n boer was wat n onwettige wapen gehad het was hy nou gearresteer en huis deursoek vir nog wapens Maar die is seker net geskors sonder enige kagtes teen hulle en hulle huise is ook nie deur gesoek vir nog wspens nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.