ANC maak geskiedenis, sê Dlamini-Zuma

Nkosazana Dlamini-Zuma. Foto: ANA/David Ritchie

Die ANC-LP Nkosazana Dlamini-Zuma het Saterdag gesê ANC-takke landwyd maak geskiedenis deurdat ʼn vrou se naam op die stembrief vir dié partye se presidentskandidaat gaan verskyn gedurende die party se verkiesingskonferensie wat op 16 Desember begin.

Dlamini-Zuma het tydens ʼn byeenkoms by die Sugar Ray Xulu Stadion in Clermont in KwaZulu-Natal, wat die lewe en leierskap van Oliver Tambo gevier het, gesê dit is die eerste keer sedert die ontstaan van die ANC dat ʼn vrou as presidentskandidaat benoem word.

Sy het “al die takke oor die lengte en breedte van Suid-Afrika wat wél gestem het” bedank vir hul deelname om die party se verkiesingkonferensie ʼn “sukses te maak”.

Die meeste ANC-takke in KwaZulu-Natal het vroeër vandeesweek aangedui dat Dlamini-Zuma hul voorkeurkandidaat is om die presidentskap van die ANC in Desember oor te neem. Altesaam 454 takke het Dlamini-Zuma as hul voorkeurkandidaat genomineer en 191 takke het hul gewig agter Cyril Ramaphosa gegooi.

Verskeie takke het egter buite stemming gebly: 56 vir die posisie van president, 67 vir die posisie van adjunkpresident, 71 vir nasionale voorsitter, 72 vir sekretaris-generaal, 81 vir die posisie van adjunk-sekretaris-generaal en 76 vir die posisie van tesourier.

Die verkiesingskonferensie word by die Nasrec-sentrum in Johannesburg gehou. Dlamini-Zuma het gesê die party moet aanhou geskiedenis maak ondanks die uitslag van die konferensie later vandeesmaand.

Sy het aangedui dat sy veral gaan fokus op die instelling van radikale ekonomiese transformasie omdat dit “nie normaal is” dat die “meerderheid van die land nie aan die ekonomie deelneem nie”. Sy het gesê dis belangrik om na transformasie te kyk omdat die land se ekonomie “in besit van wit mense was” en dat wittes “oral oorheers het”.

Dlamini-Zuma het ook ʼn beroep aan ondersteuners gedoen om die uitslag van die konferensie te aanvaar en debatte met respek aan te pak. “Ons sal nie onbeskof wees nie en ons verwag ook dat niemand onbeskof sal wees nie,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Hanna ·

Nou hoekom is ek nie verbaas nie: daar slaan n Zuma alweer die rasse-kitaar! Het hulle dan niks anders om te propageer nie? Mag die liewe Vader ons behoed. Hierdie vrou is groot moeilikheid!

Penellope Jones ·

Hulle is absoluut behep met ‘n vroulike president.
Is dit al wat tel?

Gaan nie oor ·

Dit gaan nie oor n Vroue president nie.
Dit is voor die handliggend om iemand daar te plaas wat Jacob Zuma en kie uit die tronk moet hou.

Bokkie ·

Stem saam met ‘gaan nie oor’…. dit is absoluut die waarheid en jy slaan die spyker op die kop!

Vermeende ·

Tik-tok-tik-tok, en so kom die uur nader maar die blanke is te aan die slaap om te sien dat hy die teiken is.

snoefie ·

nee vermeend, ons is nie te aan die slaap om iets te dien nie! fwat stek jy voor! n staatsgreep? revolusie? grootskaakse immigrasie? die buiteland wil ons nie hê nie en die buurstate se mense skuil in die NSA aangesien omstandighede in hulle lande erger is. ons luister vur jou voorstel.

Valie ·

Daar is geweldig baie wat ons kan doen sonder om geweld te gebruik. Die heel eerste beginsel is om op te hou om mekaar aan te val, nê Snoefie….. Oïkofobiese selfhaat het geen plek in ons toekoms nie.

Andre ·

Kom sy dit nou eers agter dat daar n vrou op die lys is.
Andre

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.