ANC maak nuwe premierskandidate bekend

Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, by ‘n spesiale NUK-vergadering in Irene, Gauteng. (Foto ANA)

Die ANC het Maandagaand by ʼn spesiale vergadering van sy nasionale uitvoerende komitee (NUK) in Irene in Centurion sy nuwe premierskandidate bekend gemaak.

Die party sê hy benoem kandidate op grond van geslagsgelykheid, eenheid en bestendigheid in die party, asook jeugverteenwoordiging en ervaring.

Die premierskandidate is:

Oos-Kaap: Oscar Mabuyane

Vrystaat: Sisi Ntombela

Gauteng: David Makhura

KwaZulu-Natal: Sihle Zikalala

Limpopo: Stan Mathabathe

Mpumalanga: Refilwe Mtsweni

Noord-Kaap: Zamani Saul

Die premierskandidaat vir Noordwes gaan eers na verdere interne besprekings bekend gemaak word, het Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, in ʼn verklaring gesê.

“Die NUK het verder ooreengekom dat minstens 60% van die provinsiale uitvoerende raad uit vroue moet bestaan in provinsies waar die premiers mans is. Daar was eenstemmigheid dat in die gevalle waar die premier ʼn vrou is, daar minstens 50-50-verteenwoordiging in die provinsiale uitvoerende rade moet wees.

“In alle provinsiale wetgewers sal die speaker ʼn vrou wees, ongeag of die premier ʼn man of ʼn vrou is. Die NUK het verder besluit dat jong mense geakkommodeer moet word in die samestelling van alle uitvoerende rade, wetgewende- en beheerstrukture,” het Magashule gesê.

Die ANC se NUK het ook sy partystrukture, vrywilligers, verkiesingspan, alliansievennote en ondersteuners bedank wat hom tydens die verkiesing gehelp het.

Magashule het gesê die ANC sal nou ook deur ʼn proses van selfondersoek gaan en sy verkiesingsveldtog beoordeel.

Miljoene Suid-Afrikaners het verlede week in die nasionale verkiesing gestem en die ANC neem beheer van agt van die land se nege provinsies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Hansie Slim ·

En as oom Ace hulle aangestel, kom hulle vanselfsprekend uit die Zuma kaders uit!! Een van die dae is Zumpie weer in die parlement met daai laggie van hom…
He…he..he.. 38 bil … iesh..

Sarel ·

Sou net graag wou sien of weet wat die kreteria is wat hulle geskik maak vir so n aanstelling. Kom ons vertrou egter dat daar n kombinasie van wil en verantwoordelik te vinde is.

JohanL ·

Kandidate word benoem om onder andere die geslagsgelykheid kwessie aan te spreek en jeug.

Nou is my vraag – Wat van ras? En ja, ek gaan ras aanspreek want die rassistiese ANC maak ‘n kwessie daarvan as dit hulle pas (BEE, raskwotas in sport, ens). So nou dat dit my pas, hoekom is daar nie bruin-, Indier- en blanke premierskandidate nie? Is die ANC regtig so nie-rassisties soos wat hulle wil voorgee hulle is? Ek twyfel baie baie sterk.

Of die ANC dit wil erken of nie, die DA is myns insiens baie meer nie-rassisties en verteenwoordigend as die SOGENAAMDE nie-rassistiese ANC. Kyk maar net na die DA se kandidate en leiers.

Cathy's clown ·

Nog n bewys van populisme bo verstand. 60% van die provinsiale uitvoerende raad moet uit vroue bestaan. Of hulle bevoeg is of nie

Anoniem ·

Die grootste probleem is dan nog daar…Zuma die 2de…Eish

John ·

Eintlik sou CR beter af gewees het sou die druk op die regering verhoog het met ‘n laer stempersentasie wat op ‘n ommeswaai en verhoogde etiese waardes sou dui. Om bloot net vergifnis te vra en dit sommer te kry en daar-gaan-ons-maar-weer dui op ‘n verhoogde afdwing van eise vir nog meer deur die #EkSèXWilHé… Met 500 gode wat hul plek naas die Vader probeer inneem maar Hy mòèt ons Seèn… Oy!

SjN ·

Die kandidate weerspieel nie die kwota stelsel soos geforseer word op alle vlakke nie, ons verwag regstellings aangesien voorwaardes en wet vir almal geld.

Stiks ·

Maak nie saak wie hulle aanstel as premierskandidate nie. Die proses bly ondemokraties en ons bly op die afdraende pad. Ramaposa het nou die geleentheid om die beste bestuurders aan testel as premiers kandidate. Dit moet verteenwoordigend wees van alle bevolkingsgroepe. Let wel ons is nie n eenparty staat nie.!

Gollie ·

Jakkels verander van hare,maar nie van snare.
Hulle sal skelm bly.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.