ANC en DA hou wyke terwyl hul steun afneem

ANC-se-vlag-deur-ANA

Foto: ANA

Die DA en die ANC het albei met dieselfde hoeveelheid wyke as te vore geëindig na hierdie week se nege tussenverkiesings, maar albei partye het steun ingeboet.

In die geval van die ANC het hulle ’n wyk in Kimberley aan ’n onafhanklike kandidaat afgestaan, maar een in Knysna van ’n onafhanklike kandidaat gewen. In Kaapstad het die DA ’n wyk gemaklik behou.

Kaapstad wyk 54 is Robbeneiland, Seepunt, Bantrybaai, Clifton en Kampsbaai. Dit is vir die DA behou deur mev. Nicola Jowell met 3 634 stemme teen 374 vir die Kaapse Party, 72 vir die ANC en 20 vir die Demokratiese Onafhanklike Party.

Dit verteenwoordig ’n swaai van vyf persentasiepunte teen die DA sedert 2016. Die ANC het ook teruggesak. Die Kaapse Party het gegroei.

Knysna wyk 4 dek die township Khayalethu. Dit is in 2016 deur ’n onafhanklike kandidaat gewen, maar hierdie keer deur mnr. Sithembele Ngqezu afgeneem vir die ANC.

Ngqezu het 1 232 stemme gekry teenoor 526 vir die DA en 192 vir die EFF.

Die sewe wyke waarin tussenverkiesings vir die Sol Plaatje-munisipaliteit in Kimberley gehou is, is almal in die township Galeshewe geleë.

In 2016 is al sewe wyke deur die ANC gewen. Hierdie keer het die ANC ses gewen en een (wyk 16) aan ’n onafhanklike kandidaat, mnr. Boitumelo Stout, afgestaan.

Die ses nuwe ANC-raadslede is me. Dolly Swazi (wyk 9), mnr. Itumeleng Mojakwe (wyk 11), mnr. Gaolaolwe Maruping (wyk 12), me. Margaret Molatudi (wyk 13), mnr. Itumeleng Lekuma (wyk 19) en mnr. Frikkie Banda (wyk 32).

Altesame het die ANC in die sewe wyke 6 981 stemme getrek, onafhanklikes 2 480 stemme, die EFF 1 256 stemme, die DA 586 stemme, Azapo 31 stemme en die ATM 20 stemme.

Dit verteenwoordig ’n algehele swaai van 11 persentasiepunte teen die ANC. Daardie steun is meestal deur onafhanklikes opgeraap, wat teleurstellend sal wees vir die DA na ’n groot poging van die party in blou in dié township.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

willem Botha ·

Die hoof van die DA is dan so versekerde dat hulle die Noord kaap gaan verower met die nasionale verkiesing of het hy bedoel met die hulp van die VF plus?

Veronica ·

Willem, hoeveel plekke het die VF+ en DA onderskeidelik tans in die Noord Kaap Wetgewer?

Hendrik UAE ·

Sal aanhou ANC stem want hulle word toegelaat om te plunder en brand.Bang n n ander party tree DALK strenger op.

CW ·

en vergeet nie die kospakkies EN ALLPAY is die groot ding, hulle word gedreig dit sal afgevat word

Jaco ·

Hoe kry n party wat n land glad nie kan regeer nie dit reg om polities so briljant te wees???? Dit gaan my verstand te bowe…

Manie ·

hulle is nie briljant , die kiesers is sonder insig en begrip en stem vir allpay

Nico ·

Sometimes a majority simply means that all the fools are on the same side…

Melanie ·

Ek stem saam Nico. Die hoogste werkloos syfer is Noord Kaap. Daardie kiesers sal seker aanhou toi-toi vir werk, minwetend dat diegene vir wie hulle gestem het se bankrekeninge en yskaste propvol is.

CW ·

Korrek, salig is die wat arm van gees is want aan hulle behoort die getals meerderheid. Soos jy se, almal ewe slim

Ruiklont ·

Ongelooflik, duidelik dat daar geen denke is nie word meegesleë deur propagada. Dit blyk dat die ANC maar die land ten gronde kan bestuur en dit is aanvaarbaar vir hulle

wraggies ·

Geniet julle proteste want van dienslewering gaan daar dadels kom met die ANC in bewind.

D B ·

Die ANC was nog nooit Suid-Afrika se probleem nie. Die probleem was en is en sal altyd wees die miljoene sotte wat vir hulle stem!

Moesie ·

ja wat dit is wat ‘n RASSISTIESE LEIER VAN DIE DA Julle nou gekos het.

nico ·

Die DA het met 5% gesak – op 8 Mei sal dit 10 tot 12% daal. Is daar nog Afrikaners wat nog enigsens oorweeg om vir die DA te stem na hulle FLOP in Sweizer Reineke waar hulle ons in die tande geskop het! Swak DA. Stem liewers VF-Plus.

Chris Ws ·

Dis verstommend hoe onnosel die mensevis wat vir die anc stem!Hulle kan duidelik nie lees of skryf nie of is almal blind en doof.Enige mens wat koerant kan lees en nuus kan luister sal WEET jy stem nie vir jou eie ondergang nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.