ANC: ‘Madonsela se bewerings verregaande’

Die ANC en Madonsela het mekaar ook op Twitter die stryd aangesê.

Die ANC en Madonsela het mekaar ook op Twitter die stryd aangesê.

Die ANC sê Thuli Madonsela, openbare beskermer, se bewering dat haar brief aan president Jacob Zuma deur ‘n senior ANC-leier uitgelek is, is verregaande.

“Ons doen ‘n beroep op die openbare beskermer om bekend te maak wie die senior ANC-leier is wat haar brief aan die media uitgelek het,” het Zizi Kodwa, woordvoerder van die ANC, gesê.

“Ons is hoopvol dat die openbare beskermer diegene wat die brief uitgelek het sal ontbloot ten einde respek en vertroue in die kantoor van die openbare beskermer te herstel.”

Kodwa sê Madonsela se versuim om dit te doen sal hul vrese bevestig dat haar kantoor verantwoordelik is vir die uitlek van die brief.

Madonsela het Maandag gesê ‘n senior ANC-leier het haar brief aan president Zuma aan die media uitgelek.

Kodwa sê in byna al Madonsela se ondersoeke is daar voortydig inligting aan die media uitgelek en dat sy nie een keer verantwoordelikheid daarvoor geneem het nie.

Hy sê dit dui daarop dat Madonsela die openbare mening wil toets voor sy haar verslae uitreik.

Madonsela het verlede week ‘n brief aan president Zuma gestuur waarin sy haar kommer uitgespreek het oor sy antwoord rakende die opgraderings aan sy Nkandla-woning.

Lees ook:
OB bekommerd oor Zuma se Nkandla-antwoord

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

snip ·

die zuma bende wil baie graag van thuli ontslae raak. sy is te eerlik na hul sin. kyk mooi ha termyn as OB verval binne kort, die zuma bende gaan haar met n korrupte persoon vervang…dit my mening

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.