ANC-man nou ook van poging tot moord aangekla

‘n Polisiebeampte neem die beskuldigdes na die aanhoudingselle. Foto: ANA

Die voormalige ANC-werknemer wat met ʼn transitorooftog verbind word, word nou ook van poging tot moord aangekla.

Errol Velile Present en sy drie medebeskuldigdes, Itumeleng Manama, Zakhele Zondo en Bheki Biyela, het Dinsdag hul tweede verskyning in die Roodepoort-landdroshof gemaak.

Die vier mans staan tereg op ʼn aanklag van roof met verswarende omstandighede in verband met ʼn transitorooftog in Dobsonville, Soweto. Meer as R250 000 is tydens die rooftog op 4 Julie gesteel.

Bheki Cele, minister van polisie, het vroeër gesê Present, wat by Luthuli-huis gewerk het, word aan minstens drie transitorooftogte verbind.

Staatsaanklaer Paseka Tameli het Dinsdag aan die hof gesê die mans sal nou ook tereg staan op aanklagte van poging tot moord en dit besit van vermoedelik gesteelde goedere.

Genl. Bheki Cele, minister van polisie (Foto: ANA)

Die aanklag van poging tot moord is bygevoeg aangesien ʼn G4S-veiligheidswag tydens die transitorooftog in die kop geskiet is.

Tameli het gesê die staat sal die beskuldigdes se aansoek om borgtog teenstaan asook die openbaarmaking van die inhoud van die dossier om sy getuies te beskerm.

Die verdediging het egter ʼn aansoek gebring om die klagstaat en die inhoud van die dossier te sien sodat hulle voldoende vir die borgtogaansoeke kan voorberei.

Landdros John Baloyi het die saak tot Vrydag uitgestel sodat hy die verdediging se aansoek kan oorweeg.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

leser ·

kyk nou net, nie net ‘n anc “rower” nie, maar ook ‘n “ANC MOORDENAAR”
skuus ek gebruik dit ook, “stir-all ramapadda braak sleg se broer”
nog nooit gepleit vir doodstraf nie, maar vir dit moet daar indringend / vinnig aan gedink / gedoen word
laat dit nou maar, “‘n oog vir ‘n oog en ‘n tand vir ‘n tand wees”
GOD sal ons daaroor vergewe

AJ. ·

As jy n` ANC lid is en vir hulle werk en aanbid, sal jy niks oorkom nie. Kyk net hoe was Winnie vereer vir haar deelname aan al die goeie dinge in SA. Beter mens as die Here in die Hemel en meer gedoen as onse Here vir die mensdom van die Wereld.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.