ANC-man verkrag glo dogters

Argieffoto

ʼn Lid van die ANC se provinsiale uitvoerende komitee (PUK) in Mpumalanga is Maandag in hegtenis geneem vir die beweerde verkragting van sy dogters.

Lindiwe Ntshalintshali, waarnemende provinsiale sekretaris van die ANC, sê die regerende party is geskok deur bewerings dat een van sy PUK-lede glo sy twee dogters verkrag het.

Die man, wat nog nie op die aanklag teen hom gepleit het nie, is vroeër vandag by sy huis in hegtenis geneem en sou na verwagting in die landdroshof in Mbombela (Nelspruit) verskyn.

Volgens Ntshalintshali neem die ANC die bewerings baie ernstig op en die man is intussen as lid van die ANC en die PUK geskors hangende die afhandeling van die saak.

“Die beroep op [die lid] om terug te staan sal saam met ander formele prosedures van die ANC plaasvind wanneer sy lede en leiers in stryd is met die wet,” het Ntshalintshali gesê.

Dié prosedures sluit in die verskyning voor die ANC se integriteitskomitee asook sy dissiplinêre komitee.

“Die ANC staan ​​saam met die slagoffers en klaers in hierdie saak en verseker hulle dat hy alles in sy vermoë sal doen om reg te laat geskied.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

JohanR ·

Bedoel dit nou dat daar is ‘n ANC kader is wat sit sonder ‘n werk, of kry hy maar geduldig nog elke maand sy salaris tot 2088? Sal die saak deur die ANC se interne integriteitskomitee ondersoek word?

Persheks Adri ·

Nee Johan hy is net geskors en is gou gou in die tronk en kry volle salaris jong jy weet mos hoe operate hulle eish

My siening ·

Hy gaan n ambassadeur word in rusland met meer geld. Dit is hoe bevordering in ANC werk!

Willem ·

Kom Julius gaan maak jou stem dik en hoop die ANC betoog saam met jou voor die hof

marius ·

Hy is mos onskuldig tot anders bewys , nie so nie aah enn sjee ?

Sarel ·

Bekeid was mos om te bevorder of te herplaas wznt die persoon word beskou as onskuldig tot skuldig bewys
Wat het nou verander. Daar is ander ding ” Integriteits komitee” weet hulle wat dit is.

Androclus ·

Ek wonder of hulle voor ie hof gaan toy-toy vir borg.
Seker

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.