ʼn Lid van die ANC se provinsiale uitvoerende komitee (PUK) in Mpumalanga is Maandag in hegtenis geneem vir die beweerde verkragting van sy dogters.
Lindiwe Ntshalintshali, waarnemende provinsiale sekretaris van die ANC, sê die regerende party is geskok deur bewerings dat een van sy PUK-lede glo sy twee dogters verkrag het.
Die man, wat nog nie op die aanklag teen hom gepleit het nie, is vroeër vandag by sy huis in hegtenis geneem en sou na verwagting in die landdroshof in Mbombela (Nelspruit) verskyn.
Volgens Ntshalintshali neem die ANC die bewerings baie ernstig op en die man is intussen as lid van die ANC en die PUK geskors hangende die afhandeling van die saak.
“Die beroep op [die lid] om terug te staan sal saam met ander formele prosedures van die ANC plaasvind wanneer sy lede en leiers in stryd is met die wet,” het Ntshalintshali gesê.
Dié prosedures sluit in die verskyning voor die ANC se integriteitskomitee asook sy dissiplinêre komitee.
“Die ANC staan saam met die slagoffers en klaers in hierdie saak en verseker hulle dat hy alles in sy vermoë sal doen om reg te laat geskied.”
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
8 Kommentare
Bedoel dit nou dat daar is ‘n ANC kader is wat sit sonder ‘n werk, of kry hy maar geduldig nog elke maand sy salaris tot 2088? Sal die saak deur die ANC se interne integriteitskomitee ondersoek word?
Hy gaan n ambassadeur word in rusland met meer geld. Dit is hoe bevordering in ANC werk!
Kom Julius gaan maak jou stem dik en hoop die ANC betoog saam met jou voor die hof
Wonder net. So wat?? Jammer.
Hy is mos onskuldig tot anders bewys , nie so nie aah enn sjee ?